[Foto’s] Betoging ruk Meyerton tot stilstand

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Besighede in Meyerton, Gauteng, moes noodgedwonge Donderdagoggend hul deure sluit, nadat ʼn gewelddadige betoging uitgebreek het en minstens tien mense in hegtenis geneem is.

Konst. Mapaseka Maketekete, woordvoerder van die polisie, het gesê werknemers van die Midvaal-munisipaliteit het gestaak oor salarisverhogings. Die meeste van die stakers is glo lede van die munisipale werkersvakbond Samwu.

Volgens Maketekete het sake-eienaars hul winkels gesluit uit vrees vir geweld en plundering. Die betoging het gewelddadig geraak en die polisie het met rubberkoeëls op die betogers losgebrand. Maketekete het gesê minstens tien mense is in hegtenis geneem.

Betogers het munisipale eiendom beskadig en die dorp se strate met vullis bestrooi. Volgens Maketekete is die situasie tans kalm en sal die polisie dit monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Is hierdie dan nou nie ‘n DA beheerde stadraad nie? Wonder maar nety oor die ewe skiekilke munisipale werkers betoging

Rina Pretorius ·

kan hulle nie maar hulle eie woongebiede gaan bevark nie, hoekom altyd die middedorpe, hulle soek aandag dis al maar die publisiteit wat hulle kry is baie negatief, dit wys wie hulle regtig is en hoe kinderagtig hulle optree om hulle sin te kry

Theuns ·

Rina, die mense gee nie om op wie se voorstoep hulle…..nie! Jy moet sien hoe lyk dit op hulle voorstoepe!

Jaco ·

As ek so rondom my in SA kyk wanneer ek in middedorpe is dan lyk dit of daar nie veel middedorpe in die land oor is wat nie lankal reeds “hulle” sin is nie.

Buitestander ·

Dit het glad niks met Zuma en die Rand se val te doen nie.
Dit is net een van menige probleme wat dirrek van die vryheids vegters af kom. Hoop buiteland sien dit raak!!

Rapes ·

Die stadsraad moet dit van die stakers se salarisse verhaal vir die skade aan die munisipale eiendom.

Lance ·

Brand …breek …verkrag .. moor ….omdat daar geen nagevolge is …polisie kyk net …pateties man !

Moegviraldiebeloftes ·

ons buurtwag het gisteraand so 18.00 gese dat midvaal bestuur besig is met die opruiming van die staking gemors en dit was nie lank nie of midvaal inwoners het gaan hand by sit hulle het baie laat gisteraand als skoongemaak – ons is ook aangese om nie die vuilgoedsakke terug te neem nie maar op die sypaadjies te los want dit sal verwyder word. die plan was om dit gisteraand te doen maar daar is toe besluit om die gemors in die strate eers skoon te maak en die verwydering gaan vandag deur die loop van die dag gedoen word. daar is gisteraand gevra waar hulle nog hulp nodig het maar toe was dit klkaar opgeruim. ‘n koor van dankbaarheid het ook opgegaan vir al diehulp. die skietery soos ek verstaan het was by die polisie stasie. ons stasie se mense is baie knap.

Leon ·

Die laaste woorde van die berig som alles op in enige soortgelyke berig!!!
Die polisie monitor die situasie……………

Willie ·

Miskien hulle naam verander na MONITORNET? Dis belaglik hoe dit toegelaat word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.