[Foto’s] Betogings in Lichtenburg en Coligny: Polisie staan gereed

Betogings in Coligny en Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Twitter via @Abramjee

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde moes gister rubberkoeëls afvuur om betogers in Lichtenburg en Coligny in Noordwes uiteen te jaag, maar sê die situasie was Dinsdagoggend weer kalm.

Ondanks die protesaksie in die gebied, het verskeie bronne aan Maroela Media bevestig dat inligting wat die ronde op WhatsApp en sosiale media doen, dat mense in die dorpe aangeval word of dat die polisie uit die gebied moes onttrek weens ʼn tekort aan ammunisie, nie waar is nie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het bevestig betogers het Maandag ʼn drankwinkel en verskeie ander winkels in Coligny geplunder. Betogers het ook bande gebrand en voertuie met klippe bestook.

Volgens Mokgwabone moes rubberkoeëls afgevuur word om die skare uiteen te jaag. Hy het egter gesê hy dra geen kennis van enige winkels wat in Lichtenburg geplunder is nie.

Eugene Nel, AfriForum se takvoorsitter in Lichtenburg, het aan Maroela Media gesê daar is Maandag ʼn drankwinkel en kafee in Lichtenburg geplunder. Volgens Nel was daar veral gewelddadige betogings in Coligny en is verskeie besighede in dié dorp se sakesentrum deur betogers beskadig.

Winkels wat geplunder is tydens betogings in Coligny en Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Verskaf

“Die protesaksie in Lichtenburg is meestal aan die buitewyke van die dorp. Die betogers het by ʼn kruising oorkant ʼn motorhandelaar in Lichtenburg glo spykers oor die pad gepak wat in twee polisie-njalas se bande gesteek het. Terwyl hulle besig was om een van die njalas weg te sleep om dit te laat regmaak, het hulle [die betogers] die ander een aan die brand gesteek,” het Nel gesê. Mokgwabone het die voorval bevestig.

Volgens Nel moes verskeie sakeondernemings gister in Coligny ontruim word weens die betogings, maar Mokgwabone kon dit nie bevestig nie. “Vir nou is dit stil en is daar niks aktief aan die gang nie. Daar is gister polisieversterking ingebring en sover ek weet is dit nou rustig,” het Nel gesê.

Mokgwabone het gesê polisiebeamptes en verkeersbeamptes is strategies in en tussen die twee dorpe ontplooi om die situasie te monitor. “Geen winkels is deur die nag in die twee dorpe geplunder nie. Die paaie in Coligny en Lichtenburg is oop, maar motoriste kan ook van alternatiewe roetes gebruik maak indien hulle so verkies,” het hy gesê

Betogings in Coligny en Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Renè Louw, ʼn inwoner van Lichtenburg en onderwyser by Hoërskool Lichtenburg, het ook aan Maroela Media gesê alles in die dorp is rustig. “Ons het gehoor daar was ʼn tekort aan rubberkoeëls, maar dat dit intussen reggestel is. Die skool gaan soos normaal voort, maar ons het wel verneem dat die skole in Coligny gesluit is,” het Louw gesê.

Louw het gesê haar man kon nie Dinsdagoggend hul werkers in Coligny gaan oplaai nie. “Hulle het van die Indiërs en Chinese se winkels in Coligny geplunder en die hotel se kontant en drank gesteel. Ons hier in Lichtenburg gaan aan soos normaal, dis glad nie dat ons vrees vir ons lewens nie,” het Louw laat hoor. “Ek kry glad nie die idee dat dit ʼn rassekwessie is nie.”

Pieter Slabbert, nog ʼn inwoner van Lichtenburg, het ook beaam dat die situasie in Lichtenburg rustig is. “Sosiale media ruk die hele ding uit verband uit. My bestuurder wat van Blydeville af inry dorp toe kon wel nie die afgelope twee dae werk toe kom nie omdat die paaie versper word,” het Slabbert gesê.

Betogings in Coligny en Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Twitter via @Abramjee

Daar is aanvanklik beweer dat die betoging in Lichtenburg oor ontevredenheid oor dienslewering gaan, maar dit is nie duidelik of dit wel die geval is nie. Nel het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy glo dit is ʼn politieke twis wat nou onder die dekmantel van ʼn diensleweringbetoging gevoer word.

eNCA berig die betogers eis dat die burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit waaronder Lichtenburg en Coligny val, moet bedank.

Mokgwabone het Maandag aan Maroela Media gesê die protesaksie in Coligny hou na bewering verband met ʼn voorval Donderdag toe ʼn 12-jarige kind uit ʼn bewegende voertuig gespring en ernstige beserings opgedoen het. Die kind het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Pius Batsile, woordvoerder van die Ditsobotla-munisipaliteit, kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 14 verdagtes is Vrydag in verband met openbare geweld in hegtenis geneem. Die verdagtes het Maandag in die hof verskyn en die saak is tot 2 Mei uitgestel vir nadere ondersoek. ʼn Vyftiende verdagte, ʼn minderjarige, is vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Reality check ·

Sjoe, die mense leef darem erg in ontkenning terwyl die land om hulle brand. Geweld en misdadigheid sal eers tot ‘n einde kom as mense die realiteit in die oë begin kyk en ophou om hul instinkte en intuïsie te ignoreer en stil te maak met polities korrekte snert!

Ant7009 ·

Ek verstaan nie hoekom die kind in die eerste plek uit die voertuig gespring het nie en dat daar nou betoogings daaroor sal wees nie? Is hy vorseer?

Kosmos ·

My skoonma is in Coligny by een van die kerke byeen saam met ander inwoners die betogers oral doenig ons hoop hulle is veilig

Elke Janse van Rensburg ·

Kosmos, waarom kom hulle by kerke bymekaar indien alles wel rustig en onder beheer is soos berig word?

vermeende ·

Hoeveel dorpe het gebrand, ek hoor Prieska was ook gister aan die beurt, kan iemand dit bevestig of nie?

Jean ·

Lyk my asof MOKGWHABONE besig is om te slaap? Hy kan niks bevestig nie, maar alles is op fotos, daar is ooggetuies, winkels word geplunder maar HY kan niks BEVESTIG NIE? Hoekom is die weermag nie ingeroep om die polisie te kom bystaan nie? Die njalas word aan die brand gesteek, wat beteken die polisie het nie meer beheer nie? Privaat voertuie word aan die brand gesteek, mense word beseer, diere word doodgebrand en eiendom vernietig en julle skiet met rubberkoeels, mooi man . goeie boodskap om uit te stuur na KRIMINELE< mens hoor selde van een van hierdie betogers wat iets oorkom, soms word hulle in die hitte van die oomblik gearresteer, more gooi hulle weer saam klip en steek ONSKULDIGE mense se voertuie aan die brand. VERTEL asb vir my wat het privaat persone se voertuie en diere wat julle DOODBRAND en OOR HULLE RY en winkels met DIEN$NLEWERING te doen? Hoekom gaan staak julle nie by die mense se huise en KANTORE VIR WIE JULLE GESTEM HET NIE????

Andreas Meyer ·

Jean, hulle plunder slegs by diegene wat g’n mag het nie. Dis die eenvoudige rede vir daardie gedrag. Laar maar net die ANC se kaders aangevat word, dan sal jy sien hoe vinnig spring die polisie. Dis nou gelykheid voor die reg vir jou: Een groot klug.

Marianne ·

Ek het in 2006/2007 in Coligny gewoon. Ons het toe reeds in die bo dorp, dae aan een, geen water gehad nie.
Die mense was baie ongelukkig en het toe reeds briewe aan die Munisipaliteit gerig.
Die begogers gaan te ver, hulle vernietig infrastruktuur wat totaal en al onnodig is.
Dis ‘n baie lekker bly dorp, dis ‘n veilige dorp. Dis verskriklik hartseer dat die dorp vernietig word.

Pieta ·

Baie veilig ja, mens kan sien. Ek verhuis sommer onmiddelik soontoe, dink hoe veilig gaan ek voel en hoe vredevol my bestaan he he he.

Geskok ·

Ja ek kan ook nie verstaan wat het die kind wat uit die voertuig gespring het met die prys van eiers te doen nie. Kan ook nie verstaan as die polisie nie meer die situasie onder beheer gehad het nie waarom die weermag nie ingestuur is nie…of wag die mense dat daar nou wraggies niks meer van ons mooi land oorbly nie???

andrea van vuren ·

Ons is terug by die Middeleeue. Nero speel viool en Rome brand af! Hoekom word ons nie oor die ware toestand in Coligny ingelig nie?

Informasie ·

Dit was blykbaar n boer/besigheidsman wat hierdie tieners in sy land gevang mielies steel het en omdat die polisie niks daaran doen nie het hy besluit om hul op sy bakkie te laai en self poliesie toe te vat. Toe spring die twee af terwyl hy met hulle ry en een is dood. Dink vir jouself verder waarom dit n probleem kan wees.

Pieter ·

Kobus, ons moet geduldig wees. God beantwoord gebede op Sy tyd en nie wanneer ons wil hê dat dinge onmiddellik moet gebeur nie.

Jem ·

Oom Angus se Biddag sal werk. Ons Grote Almagtige Vader sal dinge laat gebeur op Sy tyd. Nie op ons tyd nie.

Lichtenburg Inwoner ·

Ek is so bly daar is nog mense met gesonde verstand, jy neem die woorde so uit my mond.

Kosie ·

Oom Angus het vir ons gese dinge sal begin gebeur. Ons het nie die soort gebeure verwag nie. Ons het gedink dat mense beskaafd sal optree soos wat in n demokrasie verwag word. Maar……. nee. Ek dink die nuwe demokrate is nou gatvol vir hulle self en hulle eie onbeholpe manier van dinge probeer regstel. Soos jy weet werk dit nie so nie. Maar asb. moenie ophou bid vir God se volk nie. God het ons gehoor, laat sy wil geskied. Moedhou hierdie is ons Vader se oorlog.

GODDO ·

Dit sal nie help om te bid as jy niks aan jou situasie doen nie Dit is tyd dat die feite in die oë gekyk word! Daar is te veel volstruismentaliteit in ons land.

Fanie ·

Jy het nog baie om te leer. Wie nie teen God is nie is vir Hom. Wees versigtig dat jy nie teen God werk nie.

Pieter ·

Kobus, ons moet maar geduldig wees. God reageer op ons gebede op Sy tyd en nie wanneer ons wil hê Hy moet onmiddellik, of soos dit ons pas, reageer nie.

anoniem ·

Ek ht bet vinjig hier gelees en my mening van wat ek vanoggend gesien het, omtrent al die winkels is leeg geplubder
Voertuie is gegooi…..as betogers geen respek vir ander mense se eiendom het nie….hoe KAN hulle verwag dat ek hulle moet respekteer vir wat hulle doen EN glo vir my elkeen is weg met deel!!!!

Zumie ·

Net gewone boewery – geen politieke beginsels nie maar net die geleentheid om die drankwinkel te plunder en alles te verwoes…….en geen polisie wat weet hoe om dit te keer nie…

Maar dis mos hoe die mense in die “struggle” geleer is – as jy genoeg moor roof en verbrand kry jy somaar alles…

Plaasjapie ·

Sien is glo ne…sal sien of julle biddag saam oom Angus dinge in hierdie gaan last verbeter. My persoonlike opinie…dinge in ons land gaan niks verbeter vir ons wit volk agv. oom Angus nie, eerder versleg.
Wens ons Volkie se oee wil oopgaan. Meeste is kleurblind….

Lichtenburg Inwoner ·

Ek stem dit sal nie verbeter agv van Oom Angus nie maar ou seun dit is die God waarvoor Oom Angus en 1.7miljoen ander gebid het wat hierdie heidene op hulle plek sal sit. Hy sê as daar 10 regverdiges in die stad is sal ek dit nie vernietig nie, Sy tyd en ons tyd verskil my maat, dalk moet ons nog deur diep waters gaan voordat ons gebede verhoor word. Jesus self het gebid dat die lydings beker hom moet verby gaan en die Vader het vir hom nee gesê en Hy het nooit daaroor gekla maar Hy het as oorwinnaar uit die stryd getree, ek glo ons Christendom in SA staan voor dieselfde deur maar ons moet nie moed verloor want die Here wat ons dien verwerp nie Sy kinders nie Hy is en bly in beheer en Sy wil SAL geskied. Moet nooit die krag onderskat wat die Here van Hemel en aarde in gebed plaas nie.

Twee vrae ·

En as daar nie meer winkels is om te plunder nie, wat is volgende? Woonhuise van wetsgehoorsame belastingbetalers? Hoekom kom mense by kerke bymekaar? Het hulle nie uit die geskiedenis geleer wat met ‘n groep mense gebeur wat in ‘n kerk bymekaar kom nie?

Twee vrae ·

Moenie in ‘n gebou, enige gebou, vasgekeer kan word nie. Hulle sal daar invaar of dit aan die brand steek.

Liesel Wessels ·

Ek is jammer, maar dit is nie die kerk alleen se verantwoordelikheid om iets te doen nie en dit sal help as mense ordenklik hulle tiendes en offergawes betaal. Ek weet van baie Kerke wat verseker nie slapgat is nie en meer vir hulle gemeenskap doen as verskeie ander NGOs en individuele skenkers.

Lichtenburg Inwoner ·

Die liberale politieke leiers is blind. As dit geen rasse kwessie was nie waarom sien ek net mense van een ras wat betoog. Ja ek vrees nie vir my lewe nie want ek is ‘n Christen en ek lewe in Christus en as ek sterwe dan is ek by Christus maar ek is duidelik bewus van die gevaar waarin ons lewe tans is hier in Lichtenburg.

Rynhardt ·

Hierdie is nie betogings oor dienslewering nie.Word wakket! Hierdie is jou proeflopies vir rewolusie.Bose magte agter die skerms dryf hierdie geweld wat gaan uitkring na woongebiede.Wittes moet begin wakker word.SA gaan al hoe gewelddadig raak vanjaar!

Johann ·

Maroela,

Ek sien nou op die internet dit is daar chaos, dit is nou Coligny, ‘n paar huise is vanmiddag totaal afgebrand, winkels is gelunder. Dit lyk glad nie goed daar nie.

Johann ek vrae hulp ·

My Broer Herman 43Jr (is einde 2010 met MNS (Multiple Sklerosis) gediagnoseer.Hy bly by my Oom Hulle in Coligny en is Sondag die 16de April na n val na Thusong Hospitaal vir steke geneem.My Oom hulle kan nie by hom kom agv. die onluste daar.Ek vrae enigge hulp met n kontak om hom na die J9 foundation of n kliniek met beter staats hulp te kan oorplaas,ek woon in Pretoria en het my jongste broer die 6de April ook aan n skielikke dood afgestaan(26Jr)Herman is op sy laaste…Ek weet dit het niks met die berig te doen nie,maar Coligny is so n klein dorpie waar ons groot geword het en is nie altyd in die nuus nie.Asseblief MM kan julle my help net met n kontak nommer of n website adress..

Janie Monsieur ·

Dagsê Jphann ek vrae hulp,

Dankie vir jou kommentaar. Ek is jammer om te hoor dit gaan so sleg. Stuur gerus die inligting aan [email protected]

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

rafel ·

Vra hulp..kontak Boere Krisis Aksie op facebook. Seker hulle sal kan help. Sterkte

Johann ek vrae hulp ·

Dankie rafel sal dit probeer.Mooi aand verder.

Pieter Dreyer ·

Teenstrydige berigte verlede nag een uur is my kinders se winkel aan buite wyke geplunder, alles behalwe die rustigheid wat sommige hulle verbeel

Ben Prinsloo ·

Dankie Plaasjapie, ek stem saam. Die Apostel sê vir die gemeente “julle is die liggaam van Christus” Waar is Hy nou? Beantwoord maar self. Ons kan bid tot ons blou is, as ons nie iets doen nie gaan bid alleen ons nie veel help nie. Sovêr my kennis strek moes daar by elke geleentheid waar die volk gebid het n handeling gewees het, nie net bid en nou is alles reg nie.

Arrie ·

Vroeër jare was dit reg om God te bid en daarna oor te gaan in aksie. Passief wees gaan ons nêrens bring nie. Wil God nie juis hê dat ons moet wakker word en dit vernietig wat boos is? Om ons blind te staar teen die bose, is ‘n klap in die gesig van God.

Johan Fourie ·

En die poliesie karre brand ook die fotoes wat ons sien op face book en die boodskappe van die mense daar se iets anners,Julle lieg vir julle self man.

Leendert ·

Na al die chaos en verwoesting sê die polisie, soos per vanaand se nuus, als is onder beheer. Goeie genade, dan wil ek nie weet hoe dit lyk as als nie onder beheer is nie. Plaas dat hulle die “beheer” voor die tyd toegepas het, dan was daar nie nou bykans niks oor nie. Nou wil die polisie, nadat mense als beskadiig het wat hulle wou, dit wat oorbly kom beveilg.

Hannelie ·

Die polisie het nie veel beheer in Coligny nie. Na wat verneem word is 4 huise daar aan die brand gesteek. Dit is kinders. Betogers het laat gistermiddag tussen die huise inbeweeg, almal het hulself sover moontlik bewapen sou hulle inkom en plunder. Situasie steeds druk. Mans van die dorp woonbuurt gepatrolleer om sodoende te voorkom dat hulle inwoners direk in gevaar stel.

CPeens ·

My man het gisteraand ‘n stuk gelees van Siener Van Rensburg, die volgende is daar geskryf, “Die land se ‘gouws” sal van korte duur wees, voor Kersfees sal ons land ‘n Christelike land wees, almal sal hier wil kom woon” Se di maar net, vir wat dit ookal mag werd wees. Ek glo dat Ons Hemelse Vader sal optree op Sy tyd. Sterkte vir al die mense van Lightenburg en Coligny, julle almal is in my gebede.

Werner ·

Volgens Siener sal jy eers n bloed offer moet bring omdat almal vir die reenboognasie bid voordat dinge sal regkom

vermeende ·

Die 22ste bid 1,7 mil mense en die 24ste slaan die vlame uit, se dit niks?
Hoekom moet God ons gebede verhoor vra ek myself af.
Ons kan vannig bid sodat dit met ons moet beter gaan en vir welvaard kan ons 1,7mil mense by wmekaar kry maar ons kan nie 20 kry om op te staan teen aborsie nie of net 10 teen gay huwelike in die kerk nie. Watter van die gebooie onderhou ons, ons het een van die hoogste egskeiding syfer te wereld.

Ons het in 92 ja gestem hiervoor, dit is almal wat gestem het vir n party wat sondes goed praat en regverdig wat die skuld hiervoor moet kry.

Ons verdien dat God ons nie moet verhoor nie, maak nie saak hoe mooi ons gebedjies is nie, ons kan ons knie deur bid, as ons nie regmaak nie dan bly daai biddag net n rekord vir die hoeveelheid mens wat daar was…….niks meer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.