Foto’s: Betogings in Noordwes

Paaie naby Ledig in Noordwes is op 11 April 2015 met klippe en brandende bande versper Foto: @phemelozulu9, Twitter

Paaie naby Ledig in Noordwes is op 11 April 2015 met klippe en brandende bande versper Foto: @phemelozulu9, Twitter

Drie persone is Saterdag in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

“Dit volg nadat die gemeenskap die paaie tussen Rustenburg en Sun City en tussen Ledig en Mabiskraal met takke, brandende bande en klippe versper het,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die gemeenskap eis glo terugvoer oor wanbesteding van die geld van die Bakubung-stamraad.”

Volgens die voorlopige ondersoek is ʼn huis, ʼn vragmotor en ʼn winkel ook aan die brand gesteek. Vier winkels wat aan uitlanders behoort is ook geplunder. Die betoging het glo Saterdag begin.

“Die drie verdagtes, tussen 18 en 36 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn,” het Ngubane bygevoeg.

Die openbare-orde-polisie monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Dis nou mooi wat jul betoogers gedoen het. Ek hoop nie jul handjies het gebrand nie hoor.
TREVEDE MAROELA.
Ons is so lief vir hierdie mense wat alles plunder en die buitelanders aanval. Ons verstaan hooooooooor…..

Peet Schabort ·

‘n Klip en ‘n houer vullis is darem wonderlike goete . . . ALTYD beskikbaar.

KOWIE ·

TOG SO REG WAT JUL DOEN , HOOP NIE IEMAND HET SEER GEKRY NIE,
DIT SAL GROOT SKADE WEES .

HOOP MY WOORDE IS NOU REG

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.