Foto’s: Betogings versprei na Gauteng

Die Johannesburgse metropolisie het dié foto’s van betogings op twitter gedeel. (Foto: Twitter/ JMPD)

ʼn Polisieman is geskiet, verskeie winkels geplunder en die M2-hoofweg gesluit nadat betogings Saterdag in dele van Johannesburg opgevlam het.

Nooddienste in Johannesburg sê hulle het die afgelope 24 uur op verskeie gevalle van brandstigting en geweld gereageer.

Dít terwyl betogings deur ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma steeds in KwaZulu-Natal woed.

Xolani Sisa, woordvoerder van die Stad Johannesburg se nooddienste, het aan Maroela Media gesê daar het die afgelope 24 uur sporadiese betogings in die Johannesburgse middestad, spesifiek in Jeppestown, Denver, Wynberg en Alexandra, plaasgevind.

Die Johannesburgse metropolisie het dié foto’s van betogings op twitter gedeel. (Foto: Twitter/ JMPD)

“Die M2 is ook sedert gisteraand gesluit nadat ons berigte gekry het dat skote afgevuur is en motoriste se voertuie met klippe gegooi is,” het Sisa gesê.

Verskeie foto’s en video’s van betogings in Johannesburg is onder die hutsmerk #ShutdownGauteng op Twitter gedeel, met oproepe dat betogers dié provinsie tot stilstand moet bring ten einde Zuma te bevry. Die egtheid van dié video’s kon egter nog nie bevestig word nie.

Sisa kon ook nie bevestig dat betogings wel deur Zuma-ondersteuners gedryf word nie.

Die Gautengse polisie het intussen 62 mense in hegtenis geneem wat verbind word met gewelddadige betogings in dele van Johannesburg. Ongeveer 300 mense wat die M2 in Jeppe afgesper het, is Saterdagaand uitmekaar gejaag.

“Daar word beweer dat een groep toe na Jeppestown is waar hulle ʼn aantal winkels geplunder het. Sewe van dié verdagtes is in hegtenis geneem,” het genl.maj. Mathapelo Peters Sondag in ʼn verklaring gesê.

In Alexandra is 18 verdagtes in hegtenis geneem nadat ʼn polisieman hier geskiet is. “Die polisie het gereageer op klagtes van ʼn groep van ongeveer 800 mense van Alexandra wat by sakeondernemings inbreek en dit besteel. Toe die polisie dié groep nader, het hulle op die polisie begin skiet.

“Een polisielid is met ernstige beserings na die hospitaal gejaag, waar hy nou in ʼn stabiele toestand is. Nog twee polisielede het geringe beserings opgedoen,” het Peters gesê.

Nóg tien mense is intussen in KwaZulu-Natal in verband met gewelddadige betogings in hegtenis geneem. Dít nadat die polisie Saterdag reeds 27 verdagtes hier in hegtenis geneem het. Ondanks pres. Cyril Ramaphosa se beroep op die gemeenskap om vrede in dié provinsie, het betogings Saterdagnag hier voortgeduur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Willempie ·

Ek wil graag weet waar al hierdie inhegtenisgeneemdes gestoor word ?

Danie ·

Ek wonder deur wie anders sou die betogings dan nou aangehits word? Darem al 62 gearresteer – dis beter as in KZN!

Persheks Adri ·

Hierdie “kinders” hou waaragtig nie op nie! Brand, breek, skiet hel. As hierdie nou blankes was, is ons lankal geskiet of in die tronk! Dubbele standaarde mos in die land pffft

koos10 ·

Daar is ‘n groot verskil tussen protes en krimineel. As proteste, krimineel word dan vra hulle mos vir moelikheid.

MakersMark ·

More wag hulle weer vir die bus wat hulle vandag gebrand het.

Dries ·

Ja dan brand hulle weer iets anders af omdat daar nie busse is nie

Snowball ·

Stemboodskappe wat die rondte doen hits mense aan om nie swart besighede of townships te teiken nie, maar dat wit besighede en waar wittes bly geteiken word. Die sg Revolusie teen White Supremacy het begin…
Hoe georganiseerd dit is, sal seker net die tyd leer.
SA is so misdaadgedrewe dat wetstoepassing gesien word as onwettig.

Werner ·

Burgeroorlog in wording.Sien hulle wil Mpumalanga ook nou toemaak

Pappa Beer ·

Betogings? Regtig, is dit die nuwe woord vir brandstigting, plunder en diefstal? Waar is John Wayne Cele nou? Hoekom word daar nie opgetree deur die regering nie? Dis als deel van die groot plan om SA in anargie in te dompel.

Sarel ·

Neem aan die Polisie mag, soos geeoonlil, nie terug skiet nie. Waar is Cele en Rhamaphosa…hoe lank gaan die ding
Toegelaat word

MakersMark ·

Klem is op die dom, daai “70” wat nooit sal verander nie.

Kobus ·

Hou op gat lek en druk n paar rubber patrone tussen hulle in

Cherokee ·

Ja, want hulle gooi nie rubber klippe na karre op die N3.

Smirre ·

Ek glo dit is opertuniste, goeie verskoning om te plunder en vernietig, niks met steun aan Jacob te doen. Opgestook of te wel ge orkestreer deur Zuma ondersteuners wat wild moet keer om nie ook agter tralies te land nie . Mense wat niks met dit te doen het se besigheid moet vernietig word in die taai ekenomie en nou is daar nog werk verliese en minder belasting betalers. Bravo julle slim kinders.

Margaret ·

Vreemd hoe hard kriminele sal veg om n krimineel te laat bevry.

Martie Smartie ·

EFF het nou ideale geleentheid om die regering by te kom. Die polisie sal moet wakker skrik en almal aankla vir openbare geweld en borg opponeer

JM ·

Hoog tyd dat die Weermag ingestuur word. Laat ons hoop dat hulle suksesvoller sal wees as die polisie.

Cherokee ·

Ag seblief! Hendrik Verwoerd is nie meer met ons. Hy het verhuis.

Cherokee ·

Ek begin dink dit ìs yòur people, met jou ‘our people’ herhalings en herhalings.

Willem ·

“cr doen ñ beroep om vrede” wat rook hy, ? Tyd vir mooi praatjies is lankal verby

Cherokee ·

Hy’s vrek geworried. Ek komkommer ook, want die anc is besig om in te vou, en ten spyte van my àbsolute renons in die da en hul aanhangers (wat voorgee konserwatief te wees), deel ek ramasomething se worries, want ek wil die da in beheer sien, eerder as die eff.

JohanR ·

Brand ALLES af! Die belastingbetaler sal vir julle nuwes opsit.

Sambok ·

Die polisie word mos dankie gese deur hoed Cele omdat hulle nie optree nie want hulle wil n tweede Marikana vermy,hulle is nie opgelei om dit te hanteer nie-ANC,KRY VIR JULLE,hier kom n revolusie en burgeroorlog

Saartjievandiebosveld ·

Ek wonder maar net of die vuurwapens wettig is of nie……

Ovelia ·

Ag oom Cyril wil jy nie asb di wet verander dat alle betogings gestop mut word nie??? Vra mooi asb. Kyk hoe gemors maak hulle en rig net skade aan.ek sien nogal n ouerige vrou dans maandag is sy te moeg om te werk en di lyf is seer. Dan kla hulle ooor geld. Nee asb oom

Cherokee ·

Antie, van wanner af word wette gerespect in Sout Africa? Djy moet djou boeke weer gaan check.. of jou map! Hierrie is Africa!

Richardt ·

Wanneer ‘protes’ nie vreedsaam is nie en wanneer ‘protes’ ander mense se lewens, geliefdes, inkomste, eiendom, en eer bedreig en wanneer ‘protes’ ander mense intimideer of vreesaanjaging doen, dan is ‘protes’ nie ‘protes’ nie, maar wel ANARGIE!
Wanneer die mensdom ANARGIE beskryf met (eufemisme) versagtende naampies soos ‘protes’, dan berei hul die gronde voor vir vele meer ‘protes’.
Wanneer hierdie ANARGIE lei tot kort termyn voordele van die anargiste soos dat hul kan plunder na hartelus en hul wreedhede ongestraf kan uitleef, dan word die kanse van ‘n veilige, voorspoedige toekoms en dus herstel van orde en goeie norme al hoe minder.
Wanneer daar van staatskant voortdurend gepoog word om diegene wat hulself, geliefdes, eiendom en bronne van inkomste wil beskerm teen wilde hordes anargiste, te ontwapen, terwyl hul die anargiste met eufemismes verskoon, weet dan verseker waar staan die staat en wat is hul sentimente!
Dit is tyd om die skille van die oë af te krap.

Persheks Adri ·

IEMAND IS WÉÉR ASPRIS DUIM AF HIER TUSSEN ONS MAGTAG MAN! IEMAND IS AAN HULLE KANT EISH

MakersMark ·

Mens kry maar die tipe, jy weet persheks, afrikaners kon ongelukkig nog nooit saamstem oor kerk, politiek of rugby nie. As ons net die dwarstrekkers kan verwyder, of doen soos die boererepublieke met die joiners en verraaiers gemaak het…….

Persheks Adri ·

Ja Mark en Karen, dit maak my net vies oor iemand hier tussen ons ‘n Carl is julle weet…

Friedrich ·

Die weermag moet ontplooi word, en hulle moet bietjie op betoger skiet met lewendige ammunisie.

Kokerboom ·

Terwyl Polisie ageer as hulpelose sekuriteitswagte(wat hul ook nie eers doen) lag die boewe vir hulle en wetsgehoorsame burgers betaal gelag!!Dis tyd dat wetsgehoorsame burers hul staal wys

Jr ·

Op whatsapp boodskappe is daar vir opstanding gevra om Maandag Gauteng tot n stilstand te bring deur twee opstokers. Maar hulle sê net wit mense se besighede moet geteiken word. Weereens as iets fout in hierdie land verkeerd gaan is dit die wit mense se skuld. Ons betaal Ramaphosa om dit te doen en ons is verantwoordlikheid omdat Zuma tronk toe is. Waar is whatsapp en facebook wat wit mense sensuur maar nie hierdie twee breinlose kokkalola.

Kokerboom ·

Dis ‘n afgryslike skande!! En President uiter die ou geykte uitspraak van politice in sagte kussings met belastingbetalersgeld: Communities please behave and dont get involved in criminal activities!!! Rerig!!!! Dis soos om vir n skoolseun te se hy mag nie rook. Meer as R100 milj se skade deur ANC geskepte boewe!!!Die keisr is kaal en hy besef dit nie eers!! O)ns is nou(verskoon MM) GATVOL!!!

Kokerboom ·

Die land is in ‘n absolute staat van verval. Lesers lees asb die nuutste TLA SA International Bulleti deur sy Voorsitter Henry Geldenhuyss…Uitstekend.

Andre ·

ń Polisieman geskiet volgens berig. So die kriminele mag Skiet, maar polisie mag nie??

Persheks Adri ·

Dit wil vir my so voorkom so ons mag ok dit doen? Die voorbeeld is mos nou hier dat ons ook mag… Ai hoe lekker droom ek nou

Flip ·

Polisie mag maar hulle kan nie want hulle het nie wapens nie, het dit “verloor” Ek sal graag wil weet hoe baie van die kriminele huur of koop hulle wapens by die polisie…..

gatgogga ·

En daar steek “our people” alweer vir Ramaphosa in die skande.

Bart-Man ·

Dit is net die begin. Die slot is nou gebreek. Die indigenous gaan nou hulle feces rond gooi. Dit sal weer stil raak wanneer SASA uitbetaal. Ons ken die patroon. Niks nuuts nie. Hoe hoe haaa haaa.

Louis ·

Will nou eers askies sê; het per ongeluk af duimpie gedruk pleks van op. As ons terugdink was dit die manier wat die anc gedurende die “struggle” jare betoog het teen die nasionale regering. So dit is maar net dit wat jy saai gaan jy maai, al verskil is dat hier nie apartheid voor die deur gelê kan word nie. Enigste manier om hierdie tipe manier van doen kan stopsit is dat saps tesame met metropolisie hard en genedaloos optree. Kry eers die belhamels uit die pad en laat looi teen die betogers . Ons hoef nie vêr te soek vir mense agter die skerms wat die betogers aanhits nie. Daar is mos darem nog ñ paar wat oranje pakkies moet aantrek.

Alex ·

Waar is ons weermag en Polisie? Is hulle te slapgat om op te tree teen die mense? Dit is hulle werk om dit in beheer tw hou. Ons betaal belasting om hulle te betaal.

Marshall ·

Ek wens Maroela Media sal ophou om die terme “betogings” en “betogers” te misbruik. Die terme “anargisme” en “anargiste” sal meer korrek wees.

David ·

Die lafhartige polisie kan nie die ewe lafhartige plunderaars in toom hou nie.

PJ ·

Almal weet dit gaan eintlik oor rede soek om te plunder…. It’s in there nature.. Kyk maar na die VSA…. All the same!!!

Winnie ·

As die polisie gaan skiet gaan die BLM gepeupel op hulle toesak. Polisie lives matter

Gert ·

My Ingelisse Vriend -“That is what you get when Corruptors, Crime Syndicates and Terrorists are allowed to rule S.A. Get the Cubans to fix the country not ANC-NEC(No Emergency Commitment). Cubans only get paid R 350,000-00 per person per month! The Cubans ‘FIXED’ every thing in S.A.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.