[Foto’s] Bloem-ongelukke eis twee

Sondag se ongeluk. Foto: Netcare 911

Twee mense is oor die naweek in twee afsonderlike ongelukke in Bloemfontein dood.

In die jongste voorval is iemand Sondagoggend dood in ʼn botsing in Paul Krugerstraat in Universitas.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 06:00 plaasgevind. “Dit is nie duidelik wat voor die ongeluk gebeur het nie, maar wrakstukke op die toneel dui aan dit was ʼn hoë impak-botsing,” het Botha gesê. Die persoon was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag. Nog iemand is kritiek beseer en twee mense het geringe beserings opgedoen.

In die ander voorval is ʼn vrou, in haar 20’s, Vrydagaand dood toe haar motor op die N1, naby Walter Sisulu-weg, omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, waarna die verskeie kere gerol het. Sy is tydens die ongeluk uit die motor geslinger. Die voertuig is aan die kant van die pad aangetref met die vrou se liggaam langs die wrak. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek albei ongelukkie.

Vrydagaand se toneel. Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Ek het al opgemerk dat in Bloemfontein se strate ry mense soos hul wil, as jy by die spoedgrens hou van 60km/h lyk dit asof jy stilstaan soos die karre tussen 80km/h en 120km/h verby jou vlieg IN DIE BUURTES!!!!, vernaamd op die ene Paul Kruger straat. Loop daar n kind of n hond oor die pad en iemand kom teen so n absurde spoed aangejaag??? Mens kan nie eens jou lewe waag deur te gaan fiets ry of draf nie!! Nee man Bloemfonteiners!!!

Sperstreep ·

Daardie Merc staan mos REGS in die pad aan die verkeerde kant van die pad en daar is ‘n duidelike SPERSTREEP. Reg voor die Merc is ook die slag(ting) van botsing. Die aankomende voertuig is deur SPOED van die Merc met alle mag teruggestamp en ek neem aan dis ook die persoon wat dood is in die ‘ongeluk’. Dit alles te midde van ‘n beboude omgewing!!

Pedri ·

Hi Sperstreep, die 2 karre het “gedice ” en die ander voertuig het ‘n boom getref en is voor die Merc in. Dit is ongelukkig een van die passasiers in die ander voertuig wat oorlede is. Ek het cctv van ongeluk en sal dit vandag by die polisie gaan inhandig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.