Foto’s: Boer waak heelnag by honger, verkluimde skape

Steyn Labuschagne, ‘n boer van Kamanjab in Namibië, waak by sy skape.

Heelnag lank het hy by sy skape gewaak. Dié boer van Kamanjab in Namibië.

Want op die welkome reëntjie het ʼn ysige nag gevolg en die diere is reeds so swak, vertel Stephanie Labuschagne. Stephanie (23) het aangrypende foto’s van haar pa, Steyn (53), op sosiale media gedeel waar hy heelnag lank langs ʼn vuur tussen sy maer, verkluimde skape waghou.

Te midde van ʼn moordende en voortslepende droogte wat groot dele van suidelike Afrika in ʼn wurggreep het, het dit Woensdag 7 mm op die Labuschagnes se plaas gereën. Die plaas is sowat 500 km noordwes van Windhoek.

“Almal weet teen dié tyd ons sit met ʼn krisisdroogte en as jou diere swak is, weet jy met die eerste reën, wanneer die diere nog nat is [wanneer dit donker word], is daar ʼn kans dat jy van hulle gaan verloor,” het Steyn gesê.

Die diere wat te swak was, is tot langs die vuur gedra.

Hulle het dus die diere in kraal gejaag, ʼn paar vure aangesteek en die skape begin warm hou.

Deur die nag het Steyn en sy jongste dogter, Heike (21), die skape wat self te swak en te koud was, nader aan die vuur gebring. Dié diere wat dit te naby aan die vlamme gewaag het, is op hul beurt weer verder weggeskuif. Elke skaap het ʼn beurt langs die vuur gekry, honderde van hulle. Steyn se vrou, Gaby, het koffie aangedra en die foto’s geneem.

“Hulle het hul bes probeer om elke, liewe siel te red,” skryf Stephanie by die foto’s. “Dit is die werklikheid en dit breek my hart. Daardie magteloosheid breek ʼn mens se hart.”

Heike Labuschagne (21) waak saam met haar pa, Steyn, by die skape.

“As die droogte hulle nie laat vrek nie, verkluim hulle wanneer die reën uiteindelik kom.

“Jy het al hóéveel voer gekoop en jy weet die reën kom. Jy bid daarvoor en dan klap die reën jou. Hulle sou ʼn hele week lank elke aand dwarsdeur die nag só by die skape gewaak het as hulle moes,” sê Stephanie oor dié vasbytboere.

Steyn het Dinsdag aan Maroela Media gesê ten spyte van hul beste pogings het talle skape steeds gevrek. “Maar dis maar wat ʼn ou doen om jou diere te probeer red.

“Dis die harde werklikheid van ʼn droogte. Dit het begin 2013 begin sleg word. Tussen-in het ons beter jare gehad, aan en af, maar vanjaar is dit ʼn ongekende droogte. Ek het so naastenby 60 mm op die plaas gehad, waar ons gemiddeld tussen 250 mm en 300 mm reën per jaar kry,” sê hy.

Hulle weidingreserwes is uitgeput en Steyn het reeds een keer droogtehulp van weldoeners ontvang. “Ek weet nie of die mense in die stede werklik weet waardeur ʼn boer gaan nie. Die boere weet dit, want ons almal gaan deur dieselfde krisis. Dis miskien goed soos dié [foto’s] wat bewusmaking kan skep oor dit waardeur boere gaan, sodat mense se oë kan oopgaan. Dit is ʼn harde tyd vir ons boere.”

Die droogte het, net soos in Suid-Afrika, ook groot dele van Namibië in ‘n wurggreep.

Steyn sê dit was vir hom byna ondenkbaar om in dié posisie te beland. “Dit is erg, maar soos my meisiekind nou die dag vir my sê, daar is ouens wat níks meer oor het om te verloor nie.”

Steyn sê hulle het in dié stadium geen reserweweiding meer oor nie. “Die plaas se spens het opgedroog.”

Die reënbui het egter reeds gelei tot botsels op die bossieveld en Steyn glo nog reën gaan kom. “Ek glo dit vas. Gebed. Dis net gebed wat ons hierdeur gaan kry.”

Soms wankel sy geloof effens, maar Steyn sê daar is ook niks wat ʼn boer so motiveer soos ʼn bui reën nie.

Stephanie Labuschagne se aangrypende inskrywing op Facebook.

“Die droogte het ʼn geweldige impak en as ʼn ou begin gesels en jy praat daaroor, lyk dit dalk na so ʼn donker bedryf. Die boerdery moet aangaan. As dit reën, moet jy wéér boer.”

Stephanie skryf op haar Facebook-blad boere is die mooiste mense wat sy nog ooit teëgekom het.

“Hulle liefde vir hul diere is astronomies.

“Moet nooit ophou bid nie en moet nooit ophou hoop nie. Dis amper verby.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ronalda Botha ·

Dis so hartseer baie sterkte vir al ons boere. Julle bly in ons gebede

Steenkamp ·

Tot nou nie juis genade nie. Reen net soos wind en droogtes is natuurverskynsels. Verspoelings in die Fillipyne ens. Wie sit daaragter?

Dorothy ·

Is daar nie Groot Store op die Plaas nie? Ek onthou as kind het my oom elke winter in die Vrystaat sy diere ingejaag in die store met ‘n verwarmer wat gewerk het met opwekkrag.

Rina ·

Aangrypend! Ons boere is ongelooflik. Mag God julle genadig wees en seen.

Nettie ·

Dorothy, miskien was jou oom ‘n kleinboer met ‘n paar honderd skaap. Maar groot boere, wie se skaaptroppe in die1000’e beloop, kan kwalik groot genoeg skure hê om al daai skape in te jaag daar. Buitendien, a.g.v. die droogte is baie van die skape fisies verswak en a.g.v. die finansiële druk om diere te voer, het die boere sekerlik kwalik die finansies om die skape op ‘n voertuig te laai, in te ry uit die veld met hulle en hulle in (duur) skure te laat oornag. Kyk, ek is ‘n leek, maar selfs ék kan hierdie een uitwerk.

Bokkie B ·

Dankie aan al ons boere. Dankie vir jul opofferings.Julle het ook vrese, word uitgemoor, verloor julle diere, maar moet net nooit jul geloof in God verloor nie. Ons BID vir julle. Bid julle ook gedurig. en dank God dan vir die uitkoms.

Spoor ·

Trots op ond boere, Ons vader sal julle genadig wees.????????

HOBBO ·

Mooi vergelyking van die skaapwagter. Hy versorg elkeen na die beste van sy vermoee. Hoeveel meer ons Liewe Vader.

Mag julle werklik n wonderwerk beleef. Hoe oulik is dit nie? In tye van swaarkry is hulle bereid om mekaar n beurt te gee.

Iets wat ons Suid Afrikaners gerus kan aanleer.

Bolletjie Blom ·

Here Jesus ons smag na reën. Die land gaan gebuk onder die knellende droogte en die aarde verskroei onder son. Wees ons asseblief genadig ons Hemelse Vader. Breek asseblief die droogte en stuur asseblief vir ons verligting. Vader ons kan net op U vertrou want U is ‘n God van wonders. Dankie Jesus vir die reën wat ons alreeds gehad het en stuur asseblief vir ons nog reën. Amen

Francois le Cochon ·

Ek verstaan nie. Hoekom verkoop boere nie eerder hul vee of wild nie, hoekom hou hul hul diere om eerder te sterf van honger en droogte?

Johan Erasmus ·

Hy het hoop tot die einde dat dit sal reen en hy sy diere en inkomste sal kan behou. Dis sy werk meneer

Nettie ·

Francois le Cochon – as al ons boere tou opgooi en hul diere verkoop, ophou boer en in ‘n kantoor êrens gaan sit en werk, het jy al daaraan gedink waar jou volgende bietjie melk vir jou koffie, jou volgende stukkie brood, vleis, groente, vrugte ….. watookal gaan kom? Ons boere is die KOSMANDJIE van die land. Sonder boere is daar nie KOS nie. Selfs nie eens klere, as mens kunsmatig-verwerfde materiale buite rekening laat nie. Ja, dit klink “wreed” om jou troppe diere ‘te hou’, selfs al moet jy hulle voer (op skuld of danksy mense se skenkings), maar die boere blý hoop dat dit gaan reën, dat volgende jaar beter gaan wees as vanjaar.

Engelsman. ·

Finansies waar kan elke een van ons n klein bydrae maak

Liezl ·

sjoe, dit raak ‘n mens!!!! My oë vol trane!!!! Ek stem, waar kan ons inbetaal?

Natan ·

Sterkte maat. Ek weet waardeur jy gaan. Dit al self op die Hoëveld meegemaak en tientalle beeste/kalwers verloor met reën en koue na ‘n lang winter.

Gebed en verootmoediging is al wat help. Jammer dat so baie wat nou nog niks het om te verloor nie aanhou met hul sondes.

Irene ·

Kan elkeen wat dit lees nie onderhandel met iemand en ons kan R10 die minste inbetaal

Michael P ·

Stem saam met Irene.Kan iemand so iets reel.dit is n baie klein bydrae maar n klomp wat saam staan maak dit n baie groot bydra

Santie ·

Kan die boer Steyn Labuschagne of sy dogter nie vir ons voorsien van bank besonderhede deur Maroela Media nie asb. As ons boere kan bystaan in Suid Afrika wat sal ons verloor om n boer in Namibia help wat dy skape so oppas. My hsrt is baie seer om die diere so te dien. Uindelik mense kan julle dien dit is die diere wst vir kos vra. Hulle kan nie praat nie. Kom ons staan saam vir hierdie boer.

Marie ·

hi dit is baie erg….bid vir Julle en glo en vertrou saam julle vir spoedige uitkoms!

Feite ·

Wanneer die lewe jou onderkry en platslaan en jy kry dit reg om op te staan, dan is dit omrede jy weet waar jou genade en krag vandaan kom!

My Stem ·

My hart skeur vir ons boere! Ek bid kliphard saam met julle!! Verhale soos hierdie breek my hart! Sulke dapper mense! God sal ons smeek gebede hoor!! Net aanhou! Moenie dat satan sy sin kry nie!!!!

Santie ·

Kan die boer Steyn Labuschagne of sy dogter nie vir ons voorsien van bank besonderhede deur Maroela Media nie asb. As ons boere kan bystaan in Suid Afrika wat sal ons verloor om n boer in Namibia te help wat sy skape so oppas deur die nag in die koue. My hart is baie seer om die diere so te sien. Eindelik mense kan julle sien dit is die diere wat vra vir kos. Kyk net die skape se gesigies hulle smeek vir kos. Hulle kan nie praat nie. Kom ons staan saam vir hierdie boer.

Pieter ·

Ek het ook al vir MM gevra maar hulle steur hulle nie aan ons nie maar se iets lelik dan hoor jy gou van hulle

Santie ·

Ja jy is reg Pieter. Hulle kan regtig vir die Maroela Media lesers luister. Ons lees tenminste elke dag hulle koerant

Elaine Krige ·

Hallo Santie. Ek het die joernalis gevra om by die familie uit te vind. Groete

Santie ·

Ja jy is reg Pieter. Hulle kan regtig vir die Maroela Media lesers luister. Ons lees tenminste elke dag hulle koerant

Tracey ·

Here my God ek kom nederig vir elke boer vandag voor u voete sit, my trane stroom want daar is niks wat ons as mens kan doen, behalwe om nederig na u te kom. Ek bid dat God julle sal genadig wees en dat daar wonderbare getuies sal uitspruit uit hierdie hartseer. Ek kan nie dink my diere moet so swaar kry, daarom bid ek ook vir hulle. Liefde vir julle, ek bid vir julle, ons dien n genadige God

Bess ·

Kuif die diere na oostelike dele vd land.die klimaat her permanent verander kan julle dit nie sien nie is julle blind..

Patch ·

@Bess….. regtig?? Skuif die diere?? Besef jy die finansiële impak??? Hierdie boere kan skaars oorleef met wat hulle oor het. En hoeveel diere dink jy gaan ‘n reis oorleef in die verswakte toestand waarin hulle is. Boer Steyn, dit is tans die heel beste wat jy jou diere kan bied en ek respekteer jou daarvoor. Bid, Glo en Vertrou!!! Die uitkoms sal kom…nie op ONS tyd nie, maar Sy tyd.

Con Dumpi ·

God belowe in Genesis 12:3 om dié te seën wat Sy volk, Israel, seën en dié te vervloek wat Sy volk, Israel, vervloek. Ons het met regerings te kampe wat vyandig staan teenoor Israel. Kom ons doen wat God van ons wat glo verwag en seën Sy volk. Bid vir die vrede van Jerusalem, sodat elkeen wat haar liefhet, veilig mag wees, Ps 122:6.
Shalom, mag God julle ryklik seën.

Nettie ·

@Con Dumpi ….. maar ons is nie Israel nie, dus is ons nie God se uitverkore volk nie.

Con Dumpi ·

Hier is die hele vers Nettie:
Gen 12:3 “Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek.
IN JOU SAL AL DIE VOLKE VAN DIE AARDE GESEËN WEES.”

Hierdie is ‘n OPDRAG vir ons, nadat God ‘n verbond met Abram gesluit het. God eis egter GEHOORSAAMHEID van ons, dan dié BELOFTE:

Deuteronómium 28:12 “Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën;”

Shalom

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.