Nog foto’s volg onderaan die berig. Boere in die omgewing van Vivo en Makhado (Louis Trichardt), suid van die Soutpansberge, is ontstoke oor die toestand van die P98/2 oftewel R522-roete, veral na sowat 300 millimeter reën in Januarie in die gebied geval het.
Die slaggate wat ontstaan het, het reeds volgens ‘n polisieverslag tot ‘n ongeluk gelei, terwyl die pad ongeveer 54 kilometer oos van Vivo deels weggesak het. Slegs 50 persent van die ryvlak kan veilig gebruik word.
TLU SA Noord sê in ‘n verklaring klagtes by die owerhede oor die swak en gevaarlike toestand van die pad val op dowe ore. Voorts word geen waarskuwings aangebring om te toon dat die pad gevaarlik is nie.
Boere in die Vivo-omgewing meen die toestand van die pad, en gebrek aan optrede voldoen nie aan wetlike bepalings in die provinsie nie.
Die Bobrakrivier Boerevereniging het reeds in Oktober 2013 by die by die Openbare Beskermer ingedien waarin haar hulp gevra is om die situasie met betrekking tot die spesifieke roete aan te spreek. Die Openbare Beskermer het die Boerevereniging gekontak en ingelig dat die aangeleentheid met die Paaie Administrasie opgeneem is en ook verder met die departement van paaie en vervoer hanteer sal word. Die reaksie van die Paaie-administrasie, volgens die Openbare Beskermer op die Boerevereniging se klagte, was dat hulle hooffunksie die opgradering van grondpaaie na teerpaaie en die rehabilitasie van bestaande teerpaaie is, wanneer nodig. “Dit is met kommer dat die boerderygemeenskap van Vivo sal wil verneem hoe ver ‘n pad moet agteruitgaan en verval voordat die rehabilitasie nodig is, aangesien daar reeds sedert 2011 verskeie klagtes oor die toestand van die pad, slaggate wat voorkom en strepe wat nie aangebring deur die Boerevereniging ingedien is. “Dit is hierdie kantoor se mening dat die pad as gevolg van swak onderhoud in so ‘n mate verval het dat daar weer eens duisende rande van die belastingbetaler gevorder gaan word om die rehabilitasie van hierdie spesifieke roete te doen.”
Kry n vrou om in n gat te swem, dan sien julle hoe gou word die pad reg gemaak!!!!