[Foto’s] Boere en werkers ruk op na hof ná plaasmoord

Foto: Dullstroom-boerevereniging.

Foto: Dullstroom-boerevereniging.

Talle boere, plaaswerkers en lede van die gemeenskap het vandag na die Belfast-landdroshof opgeruk waar drie verdagtes in verband met die moord op Sue Howarth verskyn het.

Nico Uys, voorsitter van die Dullstroom-boerevereniging en GPF het aan Maroela Media gesê die gemeenskap is baie verbitterd. “ʼn Klein handjievol boere voorsien soveel kos aan die land, ons is die kosmandjie. Oor die afgelope 20 jaar het ons boere byna gehalveer en ons hou net aan om kos te produseer. Ons voel die regering kyk nie na ons nie.”

Volgens Uys was daar vandag tussen 120 en 150 mense van die boeregemeenskap, insluitend boere en plaaswerkers, teenwoordig buite die Belfast-landdroshof. “Daar was ook lede van die DA. Die veiligheid van ons werkers is ook ʼn bekommernis; dis hoekom ons ses jaar gelede reeds die plaaswerkersveiligheidsforum begin het en ons het groot sukses hiermee,” het hy verduidelik.

Foto: Dullstroom-boerevereniging.

Foto: Dullstroom-boerevereniging.

Uys het gesê die drie verdagtes se saak is tot 10 Maart uitgestel. “Die verdagtes het nie gepleit nie en het ook nie vir borgtog aansoek gedoen nie.”

Maroela Media het vroeër berig Sue Howarth, die vrou wat saam met haar man in ʼn plaasaanval gemartel en toe langs ʼn pad afgelaai en vir dood agtergelaat is, is Dinsdagoggend in die Life Midmed-hospitaal in Middelburg oorlede.

Die egpaar [Sue en Robert] is op 19 Februarie omstreeks 02:00 oorval op die plaas Marchlands, ongeveer 10 minute buite Dullstroom.

David Spohr, Belfast se AfriForum-takvoorsitter, het vroeër gesê Sue het vermoedelik wakker geword, want sy was nie in die kamer toe Robert wakker geword het nie. “Die aanvallers het geld geëis en toe Robert vir hulle sê daar is moontlik geld in ʼn ander vertrek, was Sue reeds erg aangerand in daardie vertrek.”

Foto: Dullstroom-boerevereniging.

Foto: Dullstroom-boerevereniging.

Spohr het gesê die aanvallers het met die egpaar weggery in hul Nissan Hi-Rider-bakkie. “Hulle het Robert geblinddoek in die bos afgelaai. Hy kon eers toe die son opkom homself loswikkel en na die pad stap, waar hy Sue langs die pad aangetref het.”

Volgens Spohr het motors verby die beseerde egpaar gery, maar nie stilgehou nie. ʼn Verbyganger het uiteindelik in Belfast hulp ontbied. “Personeel van ʼn veiligheidsmaatskappy het hulle na die toneel gehaas en die egpaar gevind. ʼn Plastieksak was om Sue se nek gebind en sy het begin versmoor.

Robert was getraumatiseer en het waarskynlik nie besef Sue sukkel om asem te haal nie. Die veiligheidsbeampte het dadelik die sak losgesny en Sue het weer begin asemhaal. Hulle is in ʼn ambulans na die Belfast-hospitaal geneem voordat hulle na die Life MidMed-hospitaal oorgeplaas is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

moira ·

Mooi so!! Gerrie Nel gaan hier hulp kom?Afri en Solidariteit is daar hoop vir hulp?Moet Steve vir Trump gaan sien?

André ·

Ons BID as Gemeenskap van SUID AFRIKA vir ons REGERING om werklik tot insig kom vir ons Gemeenskap vir werklike Versoening tot BEKERING en Vrede in ons Land Suid Afrika!
_EENDRAG MAAK MAG!_

Alida ·

Mooi so! Dit moet so lyk by elke hof waar die varke verskyn.

Dissipline ·

Dissipline het ook gemaak dat geen besighede gestroop is , vensters stukkend gegooi is, motoriste met klippe gegooi is ens.
Ons is en bly ‘n trotse nasie.

Johanna Botha ·

Presies wat nodig is….. die boere EN hulle werkers moet opdaag by die hof ….BAIE slim dit stuur n BAIE sterker boodskap !

Adriaan ·

Vandag se samekoms was vir die mense wat nie daar kon wees om standpunt in te neem nie. Dit was baie emosioneel om daar voor die hof te staan en te sien hoeveel mense so onnodig afgemaai was. As julle gewonder het wat kan julle doen om te gelp. Raak betrokke. Daag op en wees die spreukbuise vir die mede Suid Afrikaners wat dit self nie kan doen nie. Ons as Dullstroom sal aanhou om hierdie optogte te reel. En nie om hulp te vra nie maar om metodes te kry om proaktief hierdie aanvallers te stop voordat dit te laat is.

toy ·

Dit is hartseer wat in hierdie mooi land van ons gebeur. Trots op hierdie boere wat saamstaan.

Ekwilibrium ·

120 tot 150 mense wat omgee; steunpilare van die gemeenskap wat die land as ‘n geheel bevoordeel. Maar wanneer daar die kleinste dingetjie ‘teen’ een van die massas gebeur, ruk derduisende dreinrotte op en brand, plunder en breek af.

Johannes Meintjes ·

Mens kan begryp waarom voedselpryse aanhou styg. Die landbouboere moet so bontstaan om die regering, die polisie en die markte se werk te moet probeer doen, dat hulle nie by hulle vakgebied naamlik boerery kan uitkom nie! Intussen is “swart” landbou ‘n groot gemors ten spyte van die polities-gedrewe skyn van grondeise, restitusie en nuwe beoogde drog-wette oor grond-onteiening.

Mike Allen ·

It is about time the Farmers and the community stand together and make the government take notice of what is happening

tamboti ·

Ek hoop van harte dat daar by die volgende hofdatum 2 keer meer boere betogers sal wees. Kom ons reel ‘n paar busse!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.