[Foto’s] Boere ontvang droogtehulp

AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk. Foto: Verskaf

AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk. Foto: Verskaf

AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk.

Die skenking is moontlik gemaak deur bydraes van die publiek, sowel as skenkings van twee Nederlandse organisasies; Woord en Daad en Hulp Bij Bijzondere Noden.

AfriForum het vroeër vanjaar ʼn veldtog van stapel gestuur om droogtehulp aan boere te verskaf. Dié burgerregte-organisasie het die boere genader om hulle te help.

“Die publiek moet besef die droogte is nie verby nie en talle boere staan steeds op die punt om hul plase te verloor. Publieke ondersteuning is uiters belangrik,” het Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder, gesê.

Maree het Weideman Voere vir hul diens en pryse wat aangebied is, bedank.

Mense wat die inisiatief wil ondersteun, kan hul name SMS na 38312. Elke SMS sal R10 bydra tot die droogtefonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Soppie ·

Goeiewerk AfriForum!! Julle maak n verskil!! Dankie!! Hoop en bid vir lekker reen die seisoen!!

JC ·

Afriforum, julle is net absoluut die beste, die enigste organisasie wat iets doen.
julle SIT ALTYD WOORD BY DAAD!
Dankie ook vir die Nederlandse skenkers.
Dit wil voorkom asof ons Germaanse taalsprekers uiteindelik besig is om al hoe meer te verenig, te besef ons het mekaar in ons gemeenskaplikheid nodig en om saam te staan.
Viva Nederlands, viva Afrikaans!!

Martin ·

Afriforum geweet jule sal ons nooit teleur stel met jule werk nie. Dankie vir all julle hulp.

Lance ·

Afriforum moet dit doen want die anc regering is te besig met korrupsie en spore toevee …pateties !

Milan ·

Wonderlik Afriforum! SA regering: Ons noem dit Afrikaner initiatief.!

Malene ·

Ons stuur graag n hele paar sms’e. Dankie aan Afriforum en al ons boere.

lynette ·

Dankie Afriforum. Jullevoeg daar by die woord!!!! Ons is trots op julle.

Grap ·

Afriforum staan nou in vir ‘n patetiese regering wat bekommerd is oor kondome en om die belastingbetalers se geld te steel sonder om uitgevang te word

Diedie ·

Duisend dankies vir ‘n organisasie soos Afriforum wat die nood van die boere raaksien en iets daadswerklik doen om die boere te help.

Tokkie ·

Dankie Afriforum en ook ‘n groot dankie aan Boere in Nood – hou so aan.

Plutarch ·

Baie dankie aan al die partye betrokke. Waar is die SA regering – besig om gegeurde kondome te versprei in die Parlement? Ons het ‘n politieke sisteem met ‘n klankie.

Adam ·

Dit maak mens hartseer om te sien dat ander organisasies droogtehulp moet verleen terwyl ons regering hulle in die parlement oor die geur van kondome bekommer

Cobus ·

Baie dankie Afriforum. Dit doen die hart goed om julle inisiatief waar te neem. Ek is voorwaar ‘n trotse lidmaat. Ek glo dat meer mense sal aansluit as hulle eers bewus is van julle weldade

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.