AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk. Foto: Verskaf
AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk.
Die skenking is moontlik gemaak deur bydraes van die publiek, sowel as skenkings van twee Nederlandse organisasies; Woord en Daad en Hulp Bij Bijzondere Noden.
AfriForum het vroeër vanjaar ʼn veldtog van stapel gestuur om droogtehulp aan boere te verskaf. Dié burgerregte-organisasie het die boere genader om hulle te help.
“Die publiek moet besef die droogte is nie verby nie en talle boere staan steeds op die punt om hul plase te verloor. Publieke ondersteuning is uiters belangrik,” het Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder, gesê.
Maree het Weideman Voere vir hul diens en pryse wat aangebied is, bedank.
Mense wat die inisiatief wil ondersteun, kan hul name SMS na 38312. Elke SMS sal R10 bydra tot die droogtefonds.
- AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk. Foto: Verskaf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Goeiewerk AfriForum!! Julle maak n verskil!! Dankie!! Hoop en bid vir lekker reen die seisoen!!
Afriforum geweet jule sal ons nooit teleur stel met jule werk nie. Dankie vir all julle hulp.
Afriforum moet dit doen want die anc regering is te besig met korrupsie en spore toevee …pateties !
Wonderlik Afriforum! SA regering: Ons noem dit Afrikaner initiatief.!
Ons stuur graag n hele paar sms’e. Dankie aan Afriforum en al ons boere.