[Foto’s] Boere ruk op na hof ná Balfour-plaasmoord

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

ʼn Groot groep boere en lede van die boeregemeenskap het buite die Balfour-landdroshof bymekaargekom waar ʼn verdagte verskyn het in verband met die gru-plaasmoord vroeër vandeesmaand wat vier lewens geëis het.

Hulle het geëis dat die verdagte nie borgtog toegestaan word nie. Talle lede van die DA het ook die hofverrigtinge bygewoon. Hul het in ʼn verklaring gesê hulle is daar omdat daar ʼn “desperate” behoefte aan veiligheid in plattelandse gebiede is. “Dit is noodsaaklik vir voedeselsekuriteit, werksekuriteit asook volhoubare groei van die landboubedryf.”

Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is vroeër vandeesmaand gevind nadat hulle vermoor is. Maroela Media het vroeër berig Cherize (18) en Marcel (21) het op een dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.

Amos Mthembu (29), die man wat in hegtenis geneem is in verband met die moorde op die Smuts-egpare, het vandag in die Balfour-landdroshof verskyn. Hy het aangedui dat hy nie om borgtog gaan aansoek doen nie.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 3 April uitgestel. “Die rede vir die uitstel is om te wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoeke van die oorledenes. Dit is ook uitgestel aangesien ʼn ander verdagte nog in die hospitaal is en daar gewag word dat hy ontslaan word om saam met dié verdagte (Mthembu) in die hof te verskyn,” het Sedibe gesê.

Die ander verdagte, ʼn 27-jarige man, is tydens ʼn skietgeveg met die polisie gewond. Die twee beweerde moordenaars is Mosambiekse burgers.

Volgens Sedibe het nog twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met goedere wat tydens die moord gesteel is en in hul besit gevind is, Woensdag in die Balfour-landdroshof verskyn. “Hulle saak is tot 1 Maart uitgestel. Hulle bly in aanhouding,” het Sedibe gesê. Die twee, onderskeidelik 20 en 30 jaar oud, is Nigeriese burgers.

Gouws Booyens, ʼn lid van die boeregemeenskap wat by die hof was, het aan Maroela Media gesê die gemeenskap het na die hof opgeruk omdat hulle ongelooflik kwaad is oor die gebeure. Volgens Booyens word die vier familielede Vrydag 10:00 vanuit die Herlewingsentrum in Mayville, Pretoria, begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

126 Kommentare

arie ·

Baie geluk aan die Boeregemeenskap van Balfour.
Dit wil gedoen word.
Mag hierdie optrede ander gemeenskappe oortuig dat dit gedoen moet word.

oumie ·

Wow ek stem ek kry hoendervleis met artikel stunning my boere dit is hoog tyd dat ons n punt stel sien ook ander geval van aanval op n Boer en sy vrou (sy is doodgemartel)op mail on line oorsese nuus ja kom ons stuur dit die wereld in RIV my nasie en die wat nog leef mag God jul beskerm met al sy mag Amen

Milan ·

Bravo boere. Ons kon egter die DA hempies by die huis gelos het.

Anoniem ·

Milan, dis verstommend dat die DA uiteindelik ‘n sprak sprook oor plaasmoorde. Moet hulle asb nie afjak nie. Ons het egter alle hulp nodig om plaasmoorde te stop – blou hempies, pienk hempies, hempies met kolletjies en strepies…. hoe meer, hoe beter.

Dis wonderlik dat daar soveel mense saamstaan oor hierdie vier wat vermoor is. Mag dit die begin van plaasmoorde se einde wees.

Christa Cloete ·

Mooi so hoogtyd dat ons ook by howe opdaag. Mooi blou. Hoop DA hang plaasmoorde aan groot klok en dat daar opgetree sal word.

Hannelie ·

Nou watter hempies sou jy
verkies het Milan?
Op hierdie stadium is die
DA al opsie wat ons het, leer
bietjie om die woord ‘dankie’
Vir n slag te gebruik, dan kom
ons dalk iewers.

Minx ·

Ek sou VF+ gedra het !!!!!!!!!!Dis net omdat dit nou 4 mense wat dood is wat van die ander DA sien net raak wat hulle wil

Lampies Lambrechts ·

Waarom word daar spesifiek na die DA verwys? Was daar geen VF+ lede nie?

Jannie ·

Nee, jy kan mos sien al die betogers is in blou geklee en swaai DA plakkate (behalwe vir die omie wat daar op sy eie rondloop). As die DA nie vooraf gese het hulle gaan betoog nie, het niemand weer opgedaag nie. Dis darem ‘n begin.

Adri ·

Ek is nie ‘n lid van die DA nie en het geen kennis gedra van die betoging nie. Ek sou ook daar opgedaag het sonder ‘n DA-hempie as ek dalk toevallig daarvan sou hoor.

Yolani ·

Die DA het laas week Sondag ‘n vergadering gehad in Balfour met die boere oor veiligheid. Hulle het ook die Smuts plaas besoek

Lee ·

Dis reg boere!!! Wys hulle ons gaan nie meer die moorde duld nie. Weet nie wat die DA daar soek nie?? Hulle ondersteun mos nie meer die wit moorde nie.

Wouter ·

Ek is n DA raadslid in my wyk en ons ondersteun beslis die boere gemeenskappe.

Vic ·

Ek hoop hulle het nog nooit die wit moorde ondersteun nie. Dit sal uiters teleurstellend wees.

Gerrit Joubert ·

Mooi gedoen! Vergeet van die politiek en verstaan hulle ondersteun mekaar. Almal staan as gemeenskap saam teen geweld teen boere!

Potts ·

Ek weet ook nie Lee…….hulle se noodsaaklik vir blah, blah, blah………maar noem nie hoe belangrik dit is om die boere veilig en aan die lewe te hou nie……….boere seker nie belangrik genoeg nie.

AL ·

Mooi so Wouter. Dankie dat jul opstaan teen wat so verkeerd en siek is in die samelewing. Daar is geen regverdiging vir plaasmoorde nie.

cor ·

Ek sou ook graag daar wou gewees het terondersteuning, maar ek bly te ver in my gedagtes en hart was ek daar. Ek ja daar moet geen bortog aan hulle toegestaan word nie en ek hoop die aanklaer en landros is on bevooroordeeld en doen die regte ding.

Marietjie Fourie ·

Ek is ‘n DA Raadslid in my wyk en ons is heftig gekant teen plaasmoorde. Ek dra my DA hemp met trots. Wat party mense soms laat dink die DA gee nie om oor plaasmoorde nie, is die feit dat ons nie NET teen plaasmoorde is nie maar teen alle moorde. Plaasmoorde is vir ons almal ‘n groot hartseer en bekommernis, daarom het ek vanaf Bethal gery om daar te gaan betoog.

Johann ·

Lampies hier gaan dit nie oor ‘n party nie, hel mens my binneste skree uit na die mense se manmoedigheid, mooi mense ek steun julle

Gerald ·

Johan ek stem saam met vergeet nou die blerrie politiek wees bly vir die mense wat daar is. Dis hoekom ons nie sukses kan behaal nie ons karring nou oor die DA wat daar is en vat fokus weg van die hofsaak en moord

Johann ·

Mooi manne ek steun julle, da of pa wat maak dit saak Lampies

Ada ·

Ai ek is sooooo trots op julle en besef daar is baie werk wat wag by julle plase maar nog steeds het julle die trippie aangepak vir waarin julle glo!

Willie ·

Wel gedaan Boere! Wys hulle… Waar is die lafhartige aanhitsers van plaasmoorde?

AL ·

Praat jy!!! Dis n blatante skande dat hul vir dooie mieliedief opstaan maar nie vir moorde op boere. Maar dit wys presies hul modus operandi!!

cor ·

Nee hier sal die kaders en eff nie teenwoordig wees nie al sit van hulle mense nou sonder werk en ‘n heenkome .

foxi ·

Halleluhja Boere…….wens ek kon ook daar by julle wees om saam te staan. Ongelukkig is Balfour baie vêr van my af!

Flibo ·

Buitelanders wat ons blankes so uitmoor. Wat soek hulle hier ? Daars geen grens kontrole nie. Dit kook binne in my, maar ons mag mos nie se wat ons dink op media nie. Die engelse spreekwoorde se ” tit for tat” . Ek dink dis wat hier moet gebeur.

Pietser ·

Lyk my dis ook net DA-lede wat opgedaag het want hulle het vooraf aangekondig hulle gaan betoog. Ek sien net DA hempies, die res van die gemeenskap stel seker nie belang nie. Dankie, DA

Wit boer en trots daarop! ·

Ag Pietser wil jy my vertel al daai bakkies in die parkeerterrein is deur die DA hempies aangery?
Jy weet seker nie wat ‘n boer se alledaagse vervoermiddel is nie of dalk is die plaaslewe iets wat jy nog moet ontdek!

Wit boer en trots daarop! ·

Daar is soveel bakkies in daai parkeerterrein en die fotograaf wou seker net weer een storie weergee!
Die lewe gaan oor perspektief en sover ek weet is ‘n bakkie ‘n boer se alledaagse vervoermiddel, wat nie ‘n blou hempie hoef te dra om ‘n punt te bewys nie!

AL ·

Pietser jy hou van krap waar dit nie jeuk nie. Ek het tot die slotsom gekom jy wil net reaksie uitlok en ek vind dit komies.

Pieter Nel ·

Pieter, dit is nie die tyd en plek om onmin aan te vuur nie. Dink ‘n bietjie aan die gemeenskap, families en die mense op die plase wat van die vermoordes afhanklik is. Dit is nie ‘n politieke platform waarop jy kommentaar soos hierdie kan lewer nie. Dra positief by of los die positiwe bydraes vir ingeligte persone.

VYTJIE ·

LEE vir U informasie. dank die HERE vir die DA. Dis die party wat vir ons swart DA stemme kom onderrig en leer hoe die voedsel op ons tafels kom en daardeur ook RESPEK aan ander om dit ook te verdien. ek hoop HIERDIE manier van dinge doen versprei soos `n virus ons al die TEENSTANDERS wat ander met minagting behandel.

Politiek-Naar ·

VYTJIE, vir u (let op dat n hoofletter sal aandui u spreuk God aan) informasie.
Aangesien u politiek hierdby wil betrek gaan ek ook my mening lig. Is dit nie u DA wat koalisies gevorm het met die EFF in die onlangse munisipale verkiesings nie? Dan gee jou en elke ander oningeligte DA-stem mag aan die EFF om maak soos wat hul wil.

danie ·

Naar, en jou punt is wat? Wil jy he mense moet betoog vir plaas moord of wil jy sit en twak praat. Pleks ondersteun jy die saak. Ten spyte wie dit gereel het. 10 uit 10 vir die ouens wat dit gereel het.

MANIE ·

Dit is wat die boere moet gaan doen . Offer jou tyd op en gaan maak jou stem dik. Help nie om op maroela te skryf ons moet iets doen en dan doen niemand niks. (EN DAN WEGKRUIP WANT JY HET N WERK)Vergeet van anc en eff. Dit is rassistiese partye en gaan nie opstaan vir n witpersoon. Verblydend om te sien die DA het uiteindelik te voorskyn gekom

At ·

Die DA se teenwoordigheid verbaas my ook…!!! Dankie tog dat daar mense is wat begin ruggraat toon. Sal nie verbaas wees as hul egter die hof verbied word nie, want ons weet ook waar laasgenoemde se sentimente eintlik lê!

Jan ·

Die DA verloor al hul wit stemme agv. eensydige rassisme. Hulle is slegs daar om poletieke punt te wen. Hul het reeds bewys hoe hul oor blankes voel.

JC ·

Dis reg rafel, ek bepleit ‘n nuwe houding van aktivisme onder Afrikaners, alhoewel dit nie in ons aard is nie. Mooi so!!! Dis ‘n begin!

Francois ·

Dis hoogtyd dat daar gekyk word na die hoeveelheid misdade wat in die land deur buitelanders gepleeg word.
As jy nie n Boorling van die land is nie, moet jy gaan !!

Leoni ·

Gee jou sommer knop in die keel. So verskriklik trots dat julle dit gedoen het. Julle het nou ‘n standard gestel vir ons Afrikaners.

Staan op ·

Baie trots op die boere en die publiek wat hulle ondersteuning gaan wys het aan die familie en hulle afkeur aan die afskuwelike daad. Die staatsaanklaers en regters maak altyd MELDING in die howe van PUBLIEK buite wat woedend hieroor of daaroor is, en baie keer word borg nie aan iemand toegeken wanneer die PUBLIEK ongelukkig is nie want hulle gaan glo reg in eie hande neem. WEL staan dan hierdie manne se borg ook tee, wys ook julle absolute AFKEUR op ‘n beskaafde manier soos net ons BOERE dit kan doen! WELGEDAAN!

Annetjie Smit ·

Boere trots op julle. Dit is tyd dat ons wit mense op staan en wys ons kan ook saam staan

Reet ·

Hierdie moet meer gedoen word, meer saamgestaan word .. as hulle dit kan doen kan ons dit ook doen … ek onthou die opruk van boere wat die hele Pretoria to stilstand gebring het in my swot dae … ONS KAN

Katjie ·

My ouma het altyd gesê jy kan ñ boer skop tot hy gaan lê ! Maar boeta jy het ñ leeu op jou hande as hy opstaan ! Geloof en hoop boere , julle sal oorleef want die res van ons glo en bid vir julle . ?

peanut ·

En dit is hoe dit gedoen moet word. Hoog tyd dat jul volk bymekaar staan en mekaar ondersteun.

Welgedaan, my hart swel in my bors van trots, . . . . . . en ek woon nie eers in jul land nie.

Leon ·

Gaan dit oor DA VF Of enige ander party nee dit gaan oor mense wat vermoor word op daaglikse basis en my siening is maak nie saak water ras jy is staan op teen moord hoe gouer alle rasse saam begin opstaan gaan dit meer krag drae maar elke ras wil sy eie beel blaas en ek se vandag vir julle alle rasse is moeg vir moorde Tros vir boere wat op getrek het maar waar is die arbeiders daar is va hulle ook moeg is vir moorde dit raal almal dink maar mooi

Chris ·

Katjie, Ek stem saam met jou. Die dag gaan aanbreek wat die mense gaan sê tot hier en nie verder nie. Keer ‘n bang hond in ‘n hoek vas en hy byt vir jou dood. Laat hulle aangaan, die dag van afrekening is elke dag een dag nader…..

Piet Pompies ·

Tot onlangs toe het ons mense saam die boere gebid vir reen en God het vir ons water gestuur, ons is baie dankbaar en ons weet ons gebede is verhoor.
Bid saam dat plaasmoorde ophou want God se antwoorde op ons gebede gaan party mense se verstand te bowe. As daar ‘n roeping is vir die oplossing vir plaasmoorde gaan ons dit nie by enige instansie kry nie, maar by God.

jaco ·

Die DA weet die verkiesing is ras gebaseerd dus hoekom hulle n swart leier het om swartes te mislei om vir hulle te stem. Die DA maak net of hulle omgee tot hulle in bewind is en dan boertjies gaan die poppe dans vir ons. hulle sal jul grond vat nie die ANC want hulle is die ware vyande van die mense in RSA. Wat soek die DA inelk geval da hulle moet eerder werk aan die moord syfer in die kaap wat nogsteeds die hoogste in die land is! Weg met DA nou!!!!!

Liza ·

Hierdie saak gee my ‘n knop in die keel…. Aan die seun en dogter wat agterbly – baie sterkte! Laat my dink aan jare terug toe boere saam gestaan het en toe Pretoria wakker word was elke straat toegetrek met trekkers! Ons was daar en dit was ongelooflik!

Eric ·

Ongelooflik trots op die boere wat so saamtrek!!! Maar dit lyk vir my of die DA die tragedie wil gebruik as bemarking strategie.

Christa ·

Eric dis hierdie onderlinge afknouery van ons Afrikaners wat ons ondergang gaan wees. Waar is die VF+ en die KP en AL die ander regse partye? Is jy nie boy dat IEMAND tog vir ons opgestaan het nie? Wat het die DA bemark? Ek kon niks sien nie!!!

Myra ·

Baie knap gedaan Boere, as ek kon sou ek ook daar gewees het. Hoop ons hou aan om saam te staan. Dis tyd dat ons as Boere weer opstaan.

Emile ·

As die land se president en ander politici aanmekaar se^ Boere is diewe wat die grond gesteel he;, en as die linkse media aanmekaar oor swart-op-wit (plaas)moorde se^ “”ag wat, dit was net moord, rassisme is erger” en as die land se wetgewing blankes as tweederangse burgers uitmaak, dan is dit te wagte dat blankes gedemoniseer en geteiken sal word.

Klein Koos ·

Hoekom is die ANC en die EFF se afwesigheid so sigbaar? Is dit omdat dit wit afrika kinders is wat gemoor was?

Ek wonder ook of daai Mosambiekers en Nigeriese burgers wettig in die land was, waar hulle die asiel/verblyf dokumentasie gekry het en wie hulle gehelp het tydens hulle aansoek.

Gee hulle borg en laat die gemeenskap met hulle gal werk.

Annette ·

Nou kom ons Boere nasie by. Ruk op in jul massas maak soos die ander en wys dat ons vir niemand terug staan nie.

pieter ·

PASOP VIR DIE DA BY MIDDELBURG MPUMA. DANS HULLE TEEN WIT,VRA DIE MANNE VAN DIE DOODSKIS SAAK

janneman ·

Amos Mthembu is nie n mosambiekse naam nie, die van is Zulu of selfs Swazi…..ek wonder oor sy herkoms, is dit nie ook n toesmeerdery nie??…..

AL ·

Wil ek ook weet. Indien hy n buitelander is, is hy dalk burgerskap beloof indien hy die moorde pleeg. In hierdie land is enige iets moontlik.

JP ·

Shame weet julle, ek sien die uitlanders word ALTYD skuld gegee vir die moorde op boere. Ja ek glo dat daar baie keer uitlanders betrokke is, maar as dit NET op uitlanders blameer word, hoef die ANC mos niks te doen nie, dan is dit mos nie die lokale mense wat die moorde pleeg nie, daarom pla dit die regering glad nie .. blame it on the foreigners. Ons wil graag glo dit is uitlanders, kyk na die vanne, kyk na hulle paspoorte, NIE almal is uitlanders nie .. Soms werk die uitlanders saam met die lokale werkers om die daad te verrig, kry inside info van die werkers en kom pleeg dan die moord. Ons lyk dom, ons is nie.

Jaco ·

Welgedaan. Hoog tyd DA dat julle uit die kas kom en erkenning gee aan die boere en elke Suid Afrikaner wat trots is en bereid is om op te staan vir ons Suid Afrika. Mag ons in die res van SA voort bou op wat julle vandag begin het. Sterkte aan die kinders en familie.

Leonard ·

Aan die boere: Kry vir julle jong wit mans met n passie vir die plaas! Lui hulle op in boerdery en kry beskerming daar by, nie ons almal kon landbou gaan leer nie. Maar ons hart is op die plaas! Kontak my as belangstel [email protected].

aloys ·

heeltemal reg leonard. Dit vermag die enige manier wees om die moorde te verminder of te stop. Dit kan so nie voortgaan nie en jou planne verdien beslis baie belangstelling.

Rita ·

Weet iemand dalk of die honde op die plaas al kos gekry het en versorg is?

Mara ·

Rita jy is wonderlik om aan die diere te dink – mense neem mos maar altyd net aan dat daar na hulle gekyk word.

hf van niekerk ·

Soos in die parlement probeer die DA weer die situasie uitbuit vir propaganda!

Willem Grobler ·

Dis tyd vir vir ‘n nuwe Gelofte. Die Voortrekkers het lank vóór die slag van Bloedivier reggemaak met hul Skepper. Dit is duidelik dat die tye waarin ons leef vra vir ‘n nuwe gelofte aan die enigste een wat ons uit hierdie gemors kan red…

Plaasvrou ·

Daarmee stem ek 100% saam. Maar ek wil ook vir elke plaasinwoner vra: Maak seker dat jou huis/eiendom beveilig is na die beste van jou vermoë. Dit is duur maar hoe duur is ‘n lewe.

Katjie ·

Dit is vir my mooi as julle manne so praat !! God is die antwoord en nie politiek nie . Ons moet net weer als vir hom gee en Hy sal vir ons ñ uitweg gee .?

KvK ·

Ok kom ons kyk. Wie gaan almal op 3 April in Balfour wees om die Bore te ondersteun. Of is dit maklikker om kommentaar te lewer van agter n rekenaar

Rina Pretorius ·

Eks so dankbaar vir hulle opkoms, dit laat ‘n boere hart warm klop. Mag ek vra of julle asb daai man wat ‘n swarte geskiet het in ‘n mielieland asb ook sal ondersteun, hy het dit so nodig. Dis die man wat die swarte as ‘n vlakvark aangesien het. Staan hom groot asb by in sy stryd teen so ‘n oormag wat aandring dat hy vir moord opgesluit moet word.

rudi ·

Al die betoog in die wereld gaan niks maak nie. Jaloerse mense soek ander se rykdom. Daar is miljoene geestelike, finansieele en verstandelike arm mense wat glo boere het gesteel. Ons moet onself beskerm. Net soos in Zimbabwe gaan die howe en regering niks doen om dit te stop

Lynni ·

Ek sien plaasmoorde in Suid-Afrika het groot dekking in Daily Mail UK. Sue en haar man was mos van Brittanje. Daar is foto waar sy in hospitaalbed lê. Skokkend. Die mense regoor die wêreld se kommentaar veroordeel die moorde hier. Ek kan nie sê wat alles kwytgeraak word nie. Dan word my kommentaar nie geplaas nie.

Andrea ·

Wonderlik! Eks so bly dit word raakgesien. Wens net leiers v invloedryke lande wou hul stemme dik maak daaroor…

Vic ·

Net omdat dit Britse mense is. As ons koerante soos Maroela nie hulle berigte in Engels vertaal en aan buitelandse media stuur nie, nie, is daar geen kans dat die buiteland dit sal gebruik nie.

Varkie ·

Dit gaan nie help nie en hulle lag vir ons maar goeie poging om te wys ons gee om

Nhk ·

Kom ons bid vir ieder en elk wat vandag opgestaan het. Kom ons ons gaan op ons kniee en ken ons Vader in die saak. So ook ons kerkbywoning. Daar is n boek deur Derrick Prince geskryf Prayer Warrior. Die russe het self bang geraak en die boek verban.

AL ·

GEBED en ABSOLUTE GELOOF in ons Skepper laat WONDERWERKE GEBEUR.

Ed ·

Mozambiekers en Nigeriers? Is dit dan nie terroriste wat oor die grens kom om ons mense so te roof nie? Die insident kan mos nie soos n normale moordsaak hanteer word nie of hoe nou? As hulle skuldig bevind word dan sit hy met sy bas in SA tronk? Dis mos n terroris aanval? Kan iemand my net reg help asb?

Ed ·

@MM is dit moontlik om notifications te kry as iemand op my kommentaar antwoord? Ek kan ook nie regs kliek of copy vanaf julle berigte nie? Is dit normaal?

Sune van Heerden ·

Dagsê Ed

Dankie vir jou navraag. Ongelukkig is daar nie in hierdie stadium ‘n opsie om te kies dat jy kan sien wanneer iemand op jou kommentaar reageer nie. Ons ondersoek moontlikhede om dit beskikbaar te maak, en sal moontlik later vanjaar hopelik goeie nuus hieroor bekend maak.

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en van daar kan jy die dokument in ‘n .pdf-formaat uitdruk om beter daarmee te kan werk.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Roelof ·

Kan ons nie al die boere kry om te gaan braai voor die parlement nie .Ons kan almal rugby en krieket luister terwyl ons braai (net om seker te maak niemand mis enige sport nie ons kan 30 000 opdaag by loftus) Gee die dagloners af en bespaar … Ek is seker daarvan indien al die boere in PTA kom draai gaan daar baie vinnig en spoedig iets gedoen word .

abel ·

Ai my hart sing!!!
Dankie alle Boere – ook die wat nie daar kon wees nie maar in die gees daar was!

Dirk01 ·

Die mense is die produk van jare se oorlog en diktators wat niks kan regeer, let wel die mense moor nie vir kos daar word nie brood lorries geroof nie die is geharde misdadigers wat met swaar gewapende boere aan gevat moet word en gedood word in gevalle van plaas aanvalle .

Mara ·

Wel gedaan mense!!!! Baie trots op julle – n voorbeeld vir die hele volk!!

Cecilia ·

Dankie Balfour!
En Pietersburg, waar dit so erg gaan? Die mamma wat so wreeds vermoor en wie se oe verwyder is. Wanneer verskyn daardie beskuldigdes in hof? Ruk asb op in Pietesburg OOK.
En die ander boere, tot 14 Feb. 2017 alleen al 14 dood, (syfer het seker al gestyg) hoekom ruk almal nie op elke keer na howe nie? As ons genoeg opkoms het genoeg lawaai maak sal dit uiteindelik n boodskap deurstuur dat ons nie apaties is en nieomgee nie.
Ongelukkig is ek in Kaapstad, anders was ek ook daar. Maar hier, doen ek my deel ek PRAAT.

Theresa ·

Wonderlik – trots op die gemeenskap wat op ordelike, maar besliste wyse wys hoe hul voel oor die banale moorde. Elke gemeenskap behoort dit so te doen. En enige iemand wat anti-moord is, kan bywoon.

Celia ·

JA, stem! Ordelik sonder om karre en geboue te brand en skade aan te rig aan ander se eiendom.
TROTS OM N AFRIKANER BOER TE WEES!

Celia Tjaden ·

Daar is 35,000 boere oor in ons lan!!!!
.Ek het n voorstel om te maak.
35,000 boere trek saam, kies n dag, kom met trekkers bakkies en al- op EEN en dieselfde dag- protes aksie teen plaasmoorde. Trek saam in elke provinsie. Doen dit vir jou medeboer wat reeds vermoor is. Eer hulle! Vroue en kinders kom ook! ALMAL.
En, jy of jou gesin kan volgende wees! So, kom ruk op. Ons het n stem om te praat. Hul hou dit van tv nuus en radiostasies en uit koerante uit- daar IS deesdae sosiale media en die internet en ons kan opstaan. Did ons demokratiese REG.
Help nie net om berigte te lees op maroela en in ons kommentaar ons woede te lug nie- kom ons staan n slag op. Dink daaraan hoe elkeen van ons gaan voel as ons dit sien, 35,000 boere staan saam teen plaasmoord! Ek is net n ma en ouma woon in Kaapstad, en ek kan nie GLO ons mense maak nie n lawaai nie.
En moet nie se wat sal dit help nie.

brens ·

Ek stel voor julle almal trek Orania toe….want daai handjie vol mense staan nie n kat se kans teen die oormag nie; en ja genade; hier word getreur en sterkte aan die familie! Hulle gaan nie ophou moor nie; ons sien dit elke dag.

Alida ·

Ek kan nie glo wat ek hierbo lees nie. Skaam julle!!!! Daar is vier geliefde mense wreed vermoor en julle kloof hare oor wie daar is, moes wees en nie daar is nie. Skaam julle julle nie?

Naomi ·

Weereens is dit ‘n groot geraas oor die DA daar was. Maggies, wanneer gaan julle net dankbaar wees dat daar so baie boere en publiek was om teen Amos se borgtog te staan. Ek was daar. Hou op bespiegel oor motiewe. Dankie vir die DA om geluide te maak. Dankie vir ons gemeenskap wat besluit het genoeg is genoeg. Ons het jong boere in ons omgewing en hulle kinders is in ons skool. Hou op praat en kom help ons liewer.

Asjas ·

Daily Mail het die Dulstroom voorval as Hoofnuus, gaan lewer kommentaar sodat die wereld dit kan sien voordat dit ou nuus is en die berig verwyder word. Ek weet kommentaar lewer help nie maar wat het ons om te verloor? Ons moet die buiteland bewus maak van hoe dit hier gaan.

Celia ·

Ek het gisteraand in my selgroep GEPRAAT oor plaasmoorde en geen grusame detail weerhou nie. Nog nooit was ek so geskok aangestaar nie, later het ek besef dis nie oor wat ek se nie maar DAT ek dit vertel. Reaksie?”maar dit is nie hulle nie, moet nie so aan hulle dink nie, hulle arme siele, hulle is verlore, ons het werk! (dis nou die ARME MOORDENAARS se siele) ens” Dit was my beurt van stille skok. Iemand se dis nie hulle wat jou familie vermoor het nie dis die bose.Die jeugleier se, dis nie demone nie. “Dis baie sleg, Tannie, om oor dit te praat en daaroor navorsing te doen dit gaan Tannie verkeerd beinvloed!””Hierdie is christen liberale. Ek was so passievol, hulle dink dis familie van my, toe se ek, dis ONS MENSE wat vermoor word met vanne netsoos julle sin. Hulle kliek nie. Hulle wil nie hoor nie. Leef te lekker in hul comfort zones in nuwe SA en “ons kom so n mooi lang pad van 1994 af!!” Daar is vir my gepreek ook! “Önthou die barmhartige samaritaan!”en “Vergeef Tannie”
Ek het my ingehou maar hul ingelig daar is net 35,000 voedselprodusente OOR in SA. Hul oe sal eers oopgaan as hul aangeval word of wanneer daar nie meer kos op die rakke is nie..
Maar nou soek ek n ander kerk en vriende wie se harte reg klop! Is daar Maroela lesers hier in Kaapstad? (Durbanville!)

Alida ·

Aan Pietser en Vic. Die Balfour mense staan bymekaar. Vra my toe my seun n paar jaar terug daar gekaap is was daar binne 30 minute 100+ bakkies om die kapers aan te keer en hulle is almal gevang. Hou op karring daar is 4 mense dood. Stop die ydelheid en kinderagtigheid. ASB

Alida ·

Dit slaan my dronk dat my kommentaar nie geplaas word nie. Ek prys Balfour se boere al vir jare en wil geen negatiewe opmerkings hoor nie. Dankie Balfour ek weet waartoe julle in staat is.

ada ·

Pietser as dit nie vir die boere was nie kon jy niks eet nie. So sodra jy n hap kos vat sal jy van nou af aan die boere dink. En aan ons ander wat aan die boere se kant is ignoreer Pietser heeltemal want dit gaan vir hom n swaar straf wees. Hy is die tipe wat nie kommentaar werd is nie.

Jnine ·

Trots op die boere! Een mag een drag! Mag die wat skuld dra die swaarste straf moontlik kry. ? Aan die DA about time we see you! You’ve got my vote if you put some effort into preventing CRIME! MURDER! Please get rid of all the unwanted illegal immigrants!
Want to put my Trump Stamp on you!

Pietser ·

DA lei, ander baklei (ondermekaar). Gaan moeilik wees om hierdie verregses so ver te kry om saam te betoog (moan net en doen niks).

Reinhardt ·

Nes jy daar sê Pietser. Verregses moun net. Ek lees niks van die VF+, Front Nasionaal en al die res wat nie daar was nie. Was die DA nou wel NIE daar dan het ons vir seker klomp kommentare daaroor gelees.

Dankie DA, julle gee om vir ALMAL in SA.

Dawid ·

Al ek stem so saam met jou. Pietser is iemand wat baie van aandag soek hou. Ek is vanaand baie bly om te sien dat die Boers so saam staan!

Anoniem ·

Hoe kan ons weet as daar weer so massa-aksie is by ‘n hof sodat ons ook kan gaan help?

Pietser ·

Skakel jou naaste DA kantoor sodat hulle iets kan reel, anders gaan daar niks gebeur nie.

Johan Heyns ·

Ek is ‘n radio omroeper by Kalahari stream radio ek het verkeie groepe op fb wat berigte geplaas kontak my dan gee ek julle ‘n radio onderhoud waar julle kan vertel wat die media weg steel. Net Agri-forum het terug gekom na my toe en gaan dat ek met hulle ‘n onderhoud voer. So as daat enige organisasie wat wil kontak my by 0767450908

Jak ·

Die DA and die EFF is mos eintlik dieselfde party. Moet ons nou regtig glo hulle gee om vir boere? Eweskielik? Ja-Ja.

barend ·

DIT IS DIE DA , NIE BOERE ,ek laat nie D A mense nie eers in my huis toe nie ,hulle is net stem verwers ,ek is gatvol vir die D A ,AFRIFORUM ,EN PRETORIA FM kan net praat
ons soek aksie NOU!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Alida ·

Ai mense daardie vier geliefde mense word vandag begrawe. Kom ons wens hulle kinders en kleinkinders sterkte toe vir die finale afskeid. Dit is tragies. Ek doen ‘n beroep op almal om nie van hierdie ‘n politieke bakleiery te maak nie. Dit val in swak smaak om mekaar so aan te val. Kyk eerder na die doel van die gemeenskap se omgee poging om te betoog dat daardie barbare nie borg kry nie. Maak nie saak wie daar was nie, dit was wonderlik om ‘n gemeenskap so saam te sien.

Afrikaanse Knaap ·

Ek is baie beindruk met die polisie se vermoë om hierdie makkers vas te trek. Dit gee my so bietjie hoop.

Die ANC, DA, EFF, VF+ en elke burger in hierdie land moet omgee vir boere. Ek is dankbaar vir enige persoon wat hulle by hierdie kwessie skaar, al stem ek nie vir die DA nie, is ek dankbaar.

Willem ·

Mooi so Boere!..
Dit is die enigste manier vorentoe.
EENDRAG MAAK MAG!..
Ek voel somme r weer TROTS om SA Burger te wees..
Wees Paraat as manne, ons will nie nog mense verloor nie-gee hulle op hulle herrie!..

rika ·

Wow so trots op ons boere, mag ons Hemelse Vader elkeen beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.