Foto’s: Boere staan saam en trek nege ‘rowers’ vas

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Nagenoeg 100 boere het met behulp van ʼn stroper en twee hoogloop-spuite nege gewapende verdagtes vasgetrek.

Jannie Kasselman, eienaar van Kasselman-veiligheidsdienste, het aan Maroela Media gesê ʼn werknemer van ʼn vulstasie in Morgenzon, ongeveer 50km vanaf Ermelo in Mpumalanga, was Dinsdagmiddag op pad om R50 000 kontant te bank toe hy buite die bank oorval is. Die verdagtes het die geld gebuit en in ʼn Toyota Quantum-bussie gevlug.

Die plaaslike veiligheidsnetwerk, die polisie en ander privaat veiligheidsmaatskappye is in kennis gestel en die voertuig is in Standerton opgemerk. Hulle het die voertuig agternagesit en verskeie pogings aangewend om die verdagtes te stop, maar hulle het telkens om die padblokkades, padwerke en lokvalle gejaag.

Volgens Kasselman kon ongeveer 100 boere daarin slaag om op ʼn grondpad naby Villiers die pad af te sper en die verdagtes voor te keer. Die nege verdagtes het uit die bussie gespring, in ʼn mielieland ingehardloop en weggekruip.

Die boere het met behulp van polisiebeamptes die mielieland afgesper. Die eienaar van die plaas het ʼn stroper en twee hoogloop-spuite beskikbaar gestel om die mielies te stroop en deur die land te ry. Gewapende polisie- en veiligheidsbeamptes het bo-op die implemente gestaan.

Drie vliegtuie van plaaslike boere is ook ingespan om te help met die soektog. Ná ure se soek het die span daarin geslaag om teen 23:00 Dinsdagaand al nege rowers vas te trek.

Sers. Jurgens Nel, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en Maroela Media wag op verdere kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Janine du Plessis ·

Kyk, nou is ek darem beindruk en tegelykertyd geamuseerd. Dis nou ‘n “goeie” storie om te vertel!!! Knap gedaan, Broers!

Moeggepraat ·

Ek is 100% saam julle. Kom ons hoop hulle is nie op borg môre weer uit nie!

CHRISTA ·

Dit lyk my ons boere moet ons polisie oplei in misdaadbekamping!!!

Paul ·

So jammer die 9 skurke is nog in staat om in die hof te verskyn en heel moontlik op R100 borg vrygelaat te word. Dit sou nou baie gaaf wees as hulle agterop ‘n bakkie gegooi kon word en nooit weer die boere verpes nie.

ladybug ·

Dit sou ek graag wou mee maak!!! Welgedaan aan almal!!!!!!!!!!

Christiaan ·

Goed so saamstaan werk Geluk aan almal betrokke,En dankie Julle het so menigte lewens gered .
DANKIE

Elmarie ·

Yes manne yes!!!!! So trots op julle!!! Julle is manne van staal!!!

mike schussler ·

Kom ons stroop die land van al hierdie misdadigers!! Puik gedaan!

Neville Boardman ·

Wel gedaan, ona het meer van hierdie nodig. Die boer/op persoon wie se geld gesteel is moet nou vinnig beslag le op die bussie en dit verkoop om koste te delg.

Asjas ·

Ek kry sommer hoendervleis. Dit klink soos ‘n “high speed chase” uit ‘n Hollywood fliek!! Ek hoop net die gereg doen nou hul deel …

christa ras ·

Dis awesum om bietjie positiewe terugvoer te kry, soveel misdadigers kom weg met moord ens, en hier het hulle hul teen tawwe manne vasgeloop en is hul byna letterlik en figuurlik gestroop. Trots op almal wie onselfsugtig was en hul tyd wat hul met hul geliefdes kon spandeer, opgegee het om hulp te verleen en sodoende die voortvlugtende verdagtes vas te keer.

Griki ·

Baie geluk en baie dankie aan almal wat gehelp het om hierdie uitvaagsels vas te trek. My hart klop sommer tjoklits vir onse mense. Ja-nee, die boere is keelvol en jy sukkel nie met sulke manne nie.

Peet Schabort ·

Oom Dana Niehaus se liedjie: ” ‘n Boer maak ‘n plan …”.
Welgedaan en mag dit ‘n boodskap uitstuur wat soos ‘n riemtelegram versprei.

malinda ·

Knap gedaan. hulle dink hulle het n plan, maar n boer maak n plan. sit hulle in die mielie stroper

Harry ·

Dis hoe die gemeenskap kan saamstaan! Baie goed gedoen.
Kom ons hoop die hof gaan saam speel op die een, en borg weier, of is van hulle reeds op borg uit vir ander misdrywe?
Ek wil net by Maroela hoor hoekom die “rowers” in aanhalingstekens staan?

Sune van Heerden ·

Dagsê Harry

Dankie vir jou kommentaar. Voordat die verdagtes nog nie in die hof verskyn en daar skuldig bevind is nie, kan ons hulle nie as sodanig beskryf nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gerald Young ·

Dagsê Suné.
Daar kan ook na hulle verwys word as vermeende rowers. Ons doen dit by die koerant waar ek werk.

Pierre Celliers ·

So goed om weer iets positiefs te lees. Pragtig boere! Sonder julle het die polisie nou nog geploeter! Hoekom “Rowers” in aanhalings tekens, was dit dan nie ‘n roof nie???!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Pierre

Dankie vir jou kommentaar. Voordat die verdagtes nog nie in die hof verskyn en daar skuldig bevind is nie, kan ons hulle nie as sodanig beskryf nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rachel ·

Wel gedaan! Dankie aan julle brawe manne! Mag ander skelms notisie neem! En mag ons Here almal wat hierdie goeie voorbeeld volg ook beskerm!

Truus van Anraad ·

My man Henk se julle moet ‘n fliek maak van
die hele gebeurtenis dit sal ‘n top verkopen
wees In U.S.A maak Hulle ook so.
Ek dink dit was fantastiese saam werk van
al die mense. Groetjes van Henk en Truus

Johan Smith ·

Brijant ouens.
Sal dit nie lekker wees om sulke stories op die eerste 5 bladsye van elke koerant en nuusberig te sien nie. Dit sal mens sommer moed gee en selfdetyd ‘n boodskap oordra aan potensiele misdadigers.
Weereens baie goeie werk en dank aan almal betrikke. Julle is ysters.

Ed ·

Baie baie baie mooi, julle gee ons hoop . Laat die volk weer saamstaan.

Thea Gerber ·

Net een stroper? Ek glo nie. Volgens dit wat ons gehoor het, was daar baie meer as een stroper. Dit is jammer dat niemand ‘n video geneem het en die hele storie geskryf het nie. Dit was die mees fantastiese voorbeeld van boere van oral wat soos een man saamgestaan het. In perfekte harmonie met die polisie gewerk het. So verskriklik trots op julle boere van Morgenzon tot verby Gladdedrif. Julle is fantasties. (O ja, en julle vrouens ook) Julle maak ons trots om boere te wees.

Thea Gerber ·

Net een stroper? Ek glo nie. Volgens dit wat ons gehoor het, was daar baie meer as een stroper. Dit is jammer dat niemand ‘n video geneem het en die hele storie geskryf het nie. Dit was die mees fantastiese voorbeeld van boere van oral wat soos een man saamgestaan het. In perfekte harmonie met die polisie gewerk het. So verskriklik trots op julle boere van Morgenzon tot verby Gladdedrif. Julle is fantasties. (O ja, en julle vrouens ook) Julle maak ons trots om boere te wees.

Kobus ·

Dis wel gedaan, ons Boere moet meer saamstaan en met God se hulp en beskereming kan ons baie stroop!

Danie S ·

Die stroper moes sommer die kriminele saam gestroop het. Sou beslis goedkoper en meer doel treffend gewees het

Wendy ·

Goed gedien, ek is baie bly ins mense begin saamstaan teen misdaad. Baie geluk aan almal wat betrokke was, wdl gedoen. Ons is trots op julle….

CornevD ·

Ek is die persoon wie se geld in die roof gesteel is. Ek wil net graag almal hartelik bedank vir die poging. Daar was oor die 100 boere wat hul hele dag opgeoffer het om die diewe vas te trek – ‘n nege ure lange operasie. Dankie vir die vlieeniers wat op hul eie onkoste rondgevlieg het totdat hul brandstof klaar geraak het. Dankie vir die eienaar van die lande wat onselfsugtig toegelaat het dat daar met die hoogloop-spuite in sy lande gery word. Dit het sy oes erg verniel. Hy het ook, ten spyte van die feit dat sy mielies nog nie heeltemal gereed was om gestroop te word nie, sonder om twee keer te dink sy stropers ingesit om die land te stroop. In sy eie woorde: “hierdie ongewenste elemente moet verwyder word”, ongeag die koste. Al het ons nog nie die geld terug gekry nie, is ek baie bly hulle is agter tralies. Hoop net hul kan daar bly. Weereens dankie vir almal se bydrae – jul maak my trots!!

Brenda ·

Dit is mos waarvoor ons Vader ons will gebruik, om mekaar the help! Wel gedaan, dit laat mens sommer weer moed skep vir die toekoms.

Quincy ·

Ag toe nou, hulle het almal saam gewerk en dis al wat tel! Die mense is gevang en ek hoop die regsstelsel stuur n sterk boodskap uit aan al die… Hul almal sal hul lot kry. Fantasties mense. Trots!!!!

Robbie ·

Mooi so !!! Ons is baie trots op Julle !!! Ons moet maar net hoop en glo die gereg sal sy kant bring om hierdie uitvaagsels uit die samelewing te verwyder !!! Ek verstaan nie hoe hul koppe werk nie. Hy sit op die hoek van die straat op soek na werk. Jy bied hom werk aan, dan steel hy nog jou gereedskap……… (en dit nadat Jy voor hom ‘n foto van sy ID boek en hom gevat het……….

Yvonne ·

Ja moeggepraat ek stem 100% saam jou ek hoop hulle hou nou die goed in die tronk!!!!!
Dit help nie jy jaag die beeste voor by die kraal in, maar agter is altwee hekke oop vir hulle om weer uit te gaan nie…..Ek is trots op die boere dat hulle nou begin opstaan vir wat reg is,ons is mos nog nooit nie n bang nasie gewees nie

surina ·

Dit is voorwaar n toonbeeld van saamstaan en vasbyt. Iemand moet iets doen, daar waar die “verantwoordelikes” faal. Dis n klomp boere om op trots te wees. Die storie hoort op die voorblad van al die koerante, maak ‘n fliek!

Ben ·

Net n groot en waarde volle bewys,dat as ons saam staan is alles moontlike niks te klein of te groot nie.Hierdie boere is vir ons n voorbeeld van wat verig kan word as ons saam staan en saam werk.Laat ons almal hulle voorbeeld volg om misdaad te bekamp.Hulle maak my trots om te kan se ek is n Suid Afrikaaner en ondersteun die boere van Suid Afrika.

Elsa ·

Corne, Praat met jou bank oor ‘n ander plan as om so ‘n groot bedrag kontant te trek. Jy kan nie die tellers by die bank vertrou om stil te bly oor so ‘n groot bedrag nie. Ek is besorg oor jou lewe. Vir ‘n selfoon word jy vermoor. Jammer oor die verlies. Die boere stel vir ons mense in die stad ‘n baie goeie voorbeeld. Dit is tyd dat ons soos die boere saamstaan en mekaar beskerm. Die boer wat geoes het, is in my boek ‘n held. Al die boere het miskien geld, of ‘n dag verloor en soveel gewen. Wens ek kon julle hande skud. Baie geluk! Julle vrouens en kinders is net so trots op julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.