Foto’s: Bok uit riool gered

Reddingswerkers en lede van die gemeenskap het Dinsdag gespook om ’n duiker uit ’n mangat te red (Foto: IPSS Medical Rescue)

Reddingswerkers en lede van die gemeenskap het Dinsdag gespook om ’n duiker uit ’n mangat op ʼn oop perseel in Sandfields, KwaZulu-Natal, te red. Die bok het glo in die gat geval en kon nie weer sy pad uit vind nie.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), het Rusa die oggend ʼn oproep van ʼn lid van die gemeenskap ontvang oor die bok wat in ʼn mangat in Krishnapuri-weg in Sandfields geval het. Die persoon het die bok in die gat gewaar terwyl hy op die perseel gestap het.

ʼn Reddingswerker van die polisie se honde-eenheid is in die gat laat afsak om die duiker te bevry (Foto: Rusa)

“Reaksiebeamptes is na die perseel gestuur en het by hul aankoms die duiker in die gat gevind. Die gat was ongeveer 1,5 meter diep en gedeeltelik gevul met menslike ontlasting,” het Balram gesê.

Die polisie in Umhlali se honde-eenheid en IPSS Medical Rescue-nooddienste het kort daarna op die toneel aangekom om hand by te sit met die reddingspoging.

ʼn Reddingswerker van die polisie se honde-eenheid is in die gat laat afsak om die duiker te bevry.

Die duiker was ongedeerd en is in ʼn nabygeleë veld vrygelaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Misky ·

Shame, hoop hulle het hom darem eers bietjie afgespuit van al daai drein gagga waarin hy vasgekeer was

Philip ·

Blikemmer dit is n gatslag om in so n diep gat te val vol ontlasting en dan boonop in Natal met n oordadige sterk kerrie reuk. Dankie aan die hulp wat die arme diertjie kon red .

Casper ·

Jy kan sien dit is nog ‘n jong rammetjie.Hoe lus kry ek nou vir ‘n duikerboudjie maar sonder kerrie.L O L

Casper ·

By alle grootwild word van bulle en koeie gepraat behalwe ‘n vroulike Nyala is ‘n ooi.Kan kenners dalk verduidelik hoekom.

Ou Baardbek ·

Casper, daar word onderskeid getref tussen “grootwild” en “kleinwild”. Vanselfsprekend moet daar êrens ‘n “oorgang” tussen die twee wees. Dit is baie jare gelede reeds ooreengekom dat die “oorgang” by Nyalas sal wees, Dus word ‘n vroulike Nyala as “ooi” gekalssifiseer en ‘n manlike Nyala as ‘n “bul”. Hoop dit help?

Tiptol ·

Baie dankie! Nou weet ons almal wat altyd daaroor gewonder het!

Elinette ·

Seker maar omdat daar na die manlike dier van bokspesies as “ramme” verwys word en die wyfie diere is dus dan ooie.

SjN ·

Die arme bokkie was nou letterlik en figuurlik in die moeilikheid, baie bly dit is gered.

Elinette ·

Daai duiker het darem die ordentlikheid gehad om so half-weg te stop na hy/sy vrygelaat is, asof hy/sy wou sê: “Dankie, mense – julle het my gered!”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.