Foto’s: Bokke kry helde-ontvangs met terugkeer

Siya Kolisi en Rassie Erasmus. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Hou aan om te droom, te glo en jouself te druk.

Dit was die raad wat Springbok-kaptein Siya Kolisi Dinsdag vir jong mense gehad het wat hul drome najaag.

Kolisi en van die ander Springbokspelers het laat Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom.

Duisende Suid-Afrikaners het by die lughawe byeengekom om hul Bokhelde terug te verwelkom.

Kolisi het gesê sy grootwordjare was alles behalwe maklik en dat die omstandighede van Suid-Afrikaners wat hul doelwitte najaag, die span ʼn hupstoot gegee het om te wen.

Foto: (AP Photo/Jerome Delay)

Kolisi het gesê dis nie net hy en die span wat gewen het nie, maar die hele land.

“Ons het geweet dit is meer as net persoonlike gewin; dit is vir die land. Enigiets kan oorkom word wanneer daar geleentheid is.”

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter en direkteur van rugby, het gesê die span kan nie wag om die Webb Ellis-trofee vir mense reg oor die land te wys nie. Die Bokke sal van Donderdag af na verskeie plekke landwyd toer.

“Ons het die Webb Ellis-trofee vir alle Suid-Afrikaners huis toe gebring en ons wens regtig ons kon orals gaan om vir al ons ondersteuners dankie te sê.

“Ek wil graag met Siya saamstem. Die ondersteuning vandag hier by die lughawe het al die harde werk en opofferings oor die laaste twee maande die moeite werd gemaak. Dankie aan almal wat uitgekom het om ons te ondersteun.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Peper ·

Ek weet nie van julle nie, maar die raak nou bietjie lastig… OK, we get it. Julle almal het ‘n struggle verhaal wat holrug gery word…. My genigtig man, ek loop nie heeldag rond en vertel almal hoe my pa my ma geslaan het, en ons geld gehad her vir bier maar nie krag of skoenne of kos nie… of hoe my hele gisin op plaas aangeval is en ons amper dood gebrand was, en dit alles toe ek maar net 9was…
Kom tog net oor julle self asseblief… alles moet altyd kleur en struggle wees… beweeg nou bietjie flippen vorentoe…

johanna ·

@peper …. ek stem saam jou … die rede hoekom hy kaptein was is maar net nog ‘n politieke speelbal .. dink ons is onossel .. en ja daar is blankes wat net so swaar kry soos hy swaar gekry het maar ons loop nie met dit op ons mou nie

Jannie ·

Peper, dit sal baie help as jy eers leer spel… gesin, skoene…

Gerhard ·

Arme jy Peper. En julle het ook nie geld gehad vir spel lesse nie! Die bokke verdien die adulasie. Dis nie net hulle wat gewen het nie, dis ons ALMAL, jy inkluis.

KO ·

so lank jy die boodskap kry, dit is al wat saak maak slim Jannie.
Het jy wiskunde op skool gehad.

Judge Dredd ·

Jy is reg Peper – beide my ouers het ook baie arm grootgeword. Ek was beter af maar ook nie ryk grootgeword. Net soos baie ander.
Die Afrikaner was ook baie arm, maar het homself opgebou. Maar ons laat toe dat die ANC hul valse naratief aan ander versprei en selfs van ons eie mense glo dit.

Pieter ·

Ek stem Peper – ek het ook skool toe geloop terwyl dit gereën het en die sneeu wit op die berge rondom Worcester gelê het. My pa sou my ook graag oorsee wou vat, maar ons het nie die geld daarvoor gehad nie. Ek wou ook baie graag universiteit toe gaan, maar daar was nie geld nie.
Ek het egter altyd hard gewerk en my eie potjie gekrap. Vandag is ek in ‘n bestuurspos – nie omdat iemand my daar geplaas het nie – ek het hard daarvoor gewerk. Ek het ook vandag my eie huis, motors en al daardie aardse goed wat nie regtig iets beteken nie, maar tog lekker is om te hê – ek het vir dit alles gewerk.
As mens na sommige DSTV aanbieders luister klink dit asof Kolisi en Mapimpi eiehandig en alleen die wêreldbeker gewen het.
So, BAIE geluk aan die BOKKE – JULLE almal het vir ons die beker huistoe gebring, nie net ‘n paar uitgesoektes nie.

Peper ·

@Gerhard!
Jy mis die punt… En nee, slegs hulle het gewen (en ek’s ongelooflik bly). Ons sit steeds met al ons probleme. Ek is duidelik nie deel van jou ALMAL nie.

Ounooi ·

Trots op die hele springbok span….maar rèrig aparthed..is al meer as 2 dekades WEG!!!PEPER ALMAL IS SATANISTI3S MET JOU. JY IS 100 % REG!!!!❣

VanAfrika ·

@Gerhard ek stem saam met Peper. As Kolisi net sy mond gehou het oor sy swaarkry sou dit die oorwinning vir ons ook mooi gehou het. Maar nee, hy moes nou toe die wêreld laat weet dat hy n “previously disadvantage” is en dat dit hom die Kaptein van die springbokke laat word het. Shame, die Afrikaner was ook “previously disadvantage” maar ons het nie op ons gatte gesit en niks doen nie. Nog nie een keer het enige een vir ons Afrikaners dankie gesê omdat ons Suid Afrika n eerste wêreld land gemaak het nie voordat dit in rommel verander het nie. Maar eendag gaan ons weer opstaan en gaan ons weer ons eie Bokspan en ons eie wêreld beker hê. Ek het dit vir ons Liewe Heer gevra en ek glo dit en ek weet dit sal gebeur want niks in Sy oë en mag is onmoontlik nie. Ons sal weer “shine” sonder dat die alewige “struggle” in ons gesigte gegooi word nie.

@Jannie, ek hoop ek het mooi gespel vir jou, tot aanhalings tekens gesit waar ek moes. As ek iets gemis het laat weet my asseblief tog net.

Henk ·

Net jammer die Bokke se bestuur het dit goed gedink om hulself nie so laag te laat daal om Mpumalanga en Limpopo in hulle landswye toer in te sluit nie. Ooooo, nou besef ek ons is mos nie Bok ondersteuners nie!!!!!

Oujongvrou ·

@Gerhard, eks bly jy speel ook met n bal. Ek kan rugby nie eers verstaan nie. En om te se ons almal het gewen, is verregaande. Dalk het jy nie gelees wat die EFF se menere te se gehad het nie. En eks ook nou moeg van al die ” hype” hieroor.

Chris Hattingh ·

Hoekom word Bloemfontein uit die Bokke se toer gelaat? Ons is immers een van die groot stede.

Magda ·

Wat n Trotse oomblik – Geluk Bokke (SA) net n bewys dat ONS kan SA maak werk – Ons is n uitsonderlike land en ek dink die enigeste ter wereld wat 11 Amptelike tale het, en dit gee ons voorkeur om SA n land te maak wat altyd onthou sal word -as die “blame” net wil stop en almal wil saam werk kan en sal SA n land word om op trots te wees.

KO ·

Magda, jy is heeltemal reg ek kan sommer voel en sien dinge het verander hier is geen plaas aanvalle, geen betogings, BEE is afgestel, geen betogings, trokke word nie aan die brand gesteek nie.
Magda asb. skrik wakker uit jou winter slaap.

Judge Dredd ·

Die alewige saamstaan/saamwerk/versoenend optree is maar net ‘n manier vir regerende ANC/kommuniste om mense meelopers van hul plannetjies te maak.

Hoeveel keer het die ANC al afgewyk van hul planne/koers verander en saamgestaan/samewerkend/versoenend opgetree met opposisie partye ?

So Magda….
Met wat moet saamgestaan word?
Met wat moet saamgewerk word?
Met wat moet versoen word?

Hoeveel meer moet opgeoffer word?………

John ·

Die Rassiekaart… maar daar is 15 spelers in die span wat almal opofferings moes maak om daar te kom… die beker gewen het. Miskien kan SA volgende keer met een man ‘n vyftienman-span aanvat… en die beker weer probeer wen.

johanna ·

@John ek stem … kom ons kyk of Rassie en Siya die beker ALLEEN kan WEN

Vraagteken ·

Jamme John, maar ek stem nie saam met jou nie. Rassie het daardie span gelei. Hy verdien die meeste krediet. Hy het reggekry wat Nick, Rudolph, Pieter, Allister en Heyneke nie kon doen nie.

jonathan ·

Baie geluk, Hulle se die wen bring die land nader aan mekaar, Snaaks vanaf suid afrika die world cup gewen het Saterdag, 19 moorde, 7 verkrag sake , 19 huisrowe
Weldone almal dit bring deff alal nader aan mekaar

AndrewL ·

Die mense lewe lankal lekker saam, die politici steek elke keer vrot wurms oral in.

Barend ·

Die kaptein weet nie eers hoe om n pet op sy kop te dra nie .agterste voor verkeerde kant na voor .trek nou net jou mond n tuit .

KO ·

Andrew en Izak, lekker slaap as julle more wakker word dan staan die 7 dwergies langs julle bed.

Thea Bothma ·

Ek stem saam met peper, die storie is al hol rug gery oor die kaptein
daar is van ons wat swaar gekry het, en nog steeds. n ware leier het dit oor kom en vertel sy storie oor en oor nie. so as ons verloor was dit seker die rede.

George in Bloem. ·

Baie geluk weereens kerels. Julle het die wereldbeker gewen en verdien dit. Klop nou net die All Blacks 3 keer in ‘n ry dan sal ek glo julle verdien die nommer een posisie op die ranglys. Tot dan…..wel kom ons se maar net”not so much”.

AiAiAi ·

Wel, van my kant af, BAIE GELUK. SA is die wereldbeker wenners. Ek het julle kliphard ondersteun al het dit by tye nie so lekker kelyk nie en daarom is ek deel van n trotse kampioen span wat die Springbokke is. Aan die wat so kla en bitter is; nee man, kan ons nie maar net bly wees vir wat hierdie manne vermag het nie. GO BOKKE

WESKUS NOOI ·

HIEP HIEP HOERA VIR DIE BOKKE!

Dit het vir ‘n ruk ons aandag bietjie afgetrek van al die negatiweteit en slegte nuus in SA.
Daar is genoeg slegte nuus elke dag, vir ‘n klein rukkie kon ons net BLY wees.

Dis nie te sê dat ons nie raaksien wat gebeur in die land nie, dis net nodig om nou en dan HOOP te kry en asem te haal en te besef, daar is nog goeie dinge om na uit te sien!

ek hoop net die politici verstaan dat die Bokke beter nasie bou as hulle.
Almal werk saam op grondvlak, dis die politici met simpel uitsprake wat die nasie verdeel!

Plaas ‘n wag voor jul monde, veral Malema en kie!!

Dan sal ons land ‘n baie beter plek wees!

Geniet jul glorie Bokke asook jul ruskans!

Julle verdien dit!

Linda ·

Ek is in ekstase dat die Bokke die beker huistoe gebring het ! Dis nou tyd dat elkeen in Suid-Afrika WENNERS word, maak nie saak wie en wat jy is nie en wat jou omstandighede is nie, Wenners sal ons wees !!! Baie Geluk Rassie, Kolisi en die hele span !!!

KO ·

Wat het dan fout gegaan vanaf 1995, en dit was nogal in Suid-Afrika.
Net een vraag Linda, hoekom misluk sokker in hierdie land?

Frans C ·

Die grootste probleem is die verdraaiing van die geskiedenis.Die ANC het die leuen
verkondig dat blankes alles wat hul nou het altyd besit het.Hulle veswyg gerieflik die geskiedenis dat daar ‘n arm blanke en werkloosheid probleem was en dat dit die eintlike grondslag vir afsonderlike ontwikkelling was.

Die Springbokkaptein se storie is dus nie ‘n unieke storie ,dit is ‘n verhaal van mense onder alle bevolkingsgroepe dus ook die Afrikaner wat dieselfde paaidjie as hy geloop het en bo uit gekom het.

En dit is die waarheid wat die huidige regering gerieflik onder die mat vee want anders
is hul ‘struggle’ nie uniek nie.

Mel Johannessen ·

As ek nog een keer “first black captain” moet hoor…….

Scalla ·

Mel, sal dit nie beter wees as kwota ook deel uitmaak van die beskrywing nie?

CARIX ·

Bring ASSEBLIEF die beker BLOEMFONTEIN toe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Neels ·

Ag ou Gerhard , ek weet nie wat jy gewen het nie . Oor 4 jaar met die volgende wereldbeker sit jy nog steeds waar jy vandag is . Moenie dat ander mense vir jou dink nie , dink bietjie self .

Rico ·

Wat ‘n wonderlike gebeurtenis vir ons LAND SUID-AFRIKA !!dankie bokke vir die geleentheid waar ons verenige kan word deur SPORT!!!DANKIE SIYA EN RASSIE!!

Hiermee wil ek verskil ons moet nie politiek in bring by hierdie goeie gees nie,kom ons almal maak nou ‘n verskil in ju gemeendskap,begin met ander rasse,instansie klein projekte so maak ons ‘n beter gemeendskap beter Provinsie beter land vir ALMAL!!
JA daar is moord op plase in gemeendskappe(Kaapstad) KOM ONS MOEDIGE mense in ons buurte aan om deel te wees van BUURTWAG wat baie belangerike is(Ons buurtwag in ons dorp-Redelinghuys doen wonderlike/uitstekende werk saam met die polisie, daar werkloosheid , armoede , ESKOM (lOADSHEDDING), hoe kan ons DIT VERBETER?? DEUR vernootskappe te bou met mekaar,kom ons kyk verby kleur ,kom sit en werk aan werkbare planne vir ons gemeendskappe vir ons Land SA..!!!

landbou sal vir ons baie belangerike laat begin die gemeendskappe inlig hoekom LANDBOU so belangerike is ons elkeen het ons verteenwoordigers in die PARLIAMENT HULE MOET HUL JOB DOEN!!ek beklemtoon weer ons gesamentlik vennootskappe bou om beter plek te maak- weg met SASSA toelae – dis waar ons inkom met werkskeppings projekte.

HIERDIE GEBEURTENIS IS HOOP VIR KINDERS VIR ONS ALMAL IN HIERDIE MOOI LAND SUID-AFRIKA!!!!

DIE WERELD RUGBY BEKER IS IN SUID-AFRIKA ONS MANNE VERDIEN DIT!!!!

KO ·

Rico, stem 100% saam maar wat het in 1995 en 2007 fout gegaan.

TROTS SA ·

Ek stem saam, daar is genoeg alledaagse negatiewe gebeure, so kan ons nie net die positiewe goed geniet terwyl dit vir ons gegee word nie? Word dit ook nou van ons af weggevat? God se grootste gebod is liefde, en al wat ek hier raaklees (afgesien van 1 of 2 mooi ‘comments’) is haat, en jaloesie, en soos my dogtertjie sal sê “vuil hartjies”… Nee, weet jy…

TROTS SA ·

BAIE GELUK BOKKE!!! Dankie vir Rassie en jou span se afrigting! Dankie vir Siya se goeie voorbeeld as kaptein! Dankie vir elke speler wat bygedra het tot ‘n drie, doelskop, strafskop, elke punt op die bord wat vir ons die beker gewen het! En dan, dankie vir die lekker lag wat Faf vir ons gebring het!

Judge Dredd ·

As ek die realiteite ignoreer dan kan ek ook ‘n positiewe houding inneem.
Ek weier om realiteit te ignoreer.

KO ·

Dink net as die sokker dieselfde hoogte bereik dan woon ons in n volmaakte Suid- Afrika.

Kokketiel ·

Hoop nie hulle neem die oorspronklike beker op toer nie, eish

Wa ·

Dit was great om die wereld beker te wen. Ek vat dit glad nie weg van die Bokke nie. Welgedaan en baie geluk maar ek kry nou ook al miltsteek van die “sad sack” stories. Die feit dat die skare by die lughawe geskree het “Siya…Siya….Siya” gee my ook ‘n pyn. Moes dit nie eerder “Bokke….Bokke….Bokke” gewees het nie. Die kaptein het nie op sy eie die finaal gewen nie. Regtig!!! Dit los ‘n bitter smaak in my mond waar dit eers soet was. Enige iemand wat dink hierdie oorwinning gaan enige iets in hierdie land verander moet wakker skrik!!! Dit gaan nie gebeur nie!!!

Michael P ·

Ek hoop net hulle het darem die bokke ingelig oor al die moorde plaas moorde plaas aanvalle al die geweld terwyl hulle in Japan was.Ja ek verstaan ook nie lekker hoe die beker nou skielik nasie bou kan wees nie. As CR en al sy rassehaaters net n bietjie meer aandag aan al die regte probleme wil gee seker kan mens dan se n beker kan dan nasie bou raak Nou nog n vraag as byvoorbeeld Handre die kaptein was Sou CR ook Japan toe gegaan het op belasting betaaler se gald?

KG ·

Ek is baie trots op al die Bokke en almal wat daarby betrokke was om die trofee huistoe te bring, op sy eie sou die kaptein dit nie kon doen nie.

sdp ·

Gee kans, oor 2 weke skop realiteit in, en dan verander die lofgesange ok weer

Peper ·

Nee dit gaan nie want nou gaan hulle net weereens se dat transformasie werk…. So verwag asseblief meer druk op sport, op alles…

Judge Dredd ·

Korrek ja – dis net nasiebou as jy tjoepstil is en doen wat hulle jou voorse.

humor ·

Magda ek dink jou optimisme oorskry jou gesonde verstand en jou geloof moet regtig baie groot wees, sterkte.
Dit is tog waar die mense kom nader aanmekaar, maar slegs in oorvol hofsale
Peper moet nie sleg voel oor slim Jannie se kritiek nie. Ek het self n heel paar boeke voos gestudeer self Grieks en Hebreeus ook en maak vandag nog voutjies.

sakkie ·

En daar is al die land se probleme opgelos. Al 55 miljoen is nou op dieslefde bladsy en verenig…………………..

Jo ·

Geluk Bokke. Op die blad is baie mense negatiewe mense. Wees bly as daar iets goed gebeur. Alles in die land is nie sleg nie.

Judge Dredd ·

Hoeveel van die goed wat werklik saak-maak is nog goed?

Sport is veraf ondertoe op my prioriteits lys.

Peper ·

“Iets Goed” is nie goed genoeg vir my, veral as die “Iets Goed” gebruik word vir agendas nie.
Dis ons probleem, ons standaarde is te laag.

Peper ·

En ja jy’s reg alles is nie sleg nie.
Ons bly positief. Maar ook realisties…

CHAPPIES ·

WELGEDAAN BOKKE, TROTS OP JULLE, JULLE HET HARD GEWERK! DAREM N OU SONTRAALTJIE, IN ONS MOOI SONSKYNLAND

sdp ·

Almal was bly. Maar selfs n beker het n fynskrif, en net n paar het dit raak gesien. So dis nie suurdruiwe of negatiwiteit nie, net realiteit

sdp ·

Ek sien hulle oorweeg om 2027 wereldbeker aan tebied?? Nou toe nou

waarheid ·

Ek is bly vir die span – maar dit gaan ongelukkig niks aan S A se saligheid doen nie.
Dit is ‘n feit.

Maans ·

Die mense wat so positief is moet maar lekker droom en geniet julle euforia. Ek het dit net so geniet al in 95 tot dat die anc se beleid my werk weggevat het. Dieselfde mense wat so praat van reënboognasie het my kinders oorsee gedryf want hulle mag nie hier werk kry omdat hulle te wit is. So droom maar voort. Elk hoop nie jou ontnugtering is sou groot soos myne

Grirt ·

NETSO WAARHEID!! Ons is maar BLOOT NET BLY SAAM MET DIE BOKKE, DIS AL.. in n land, waar soveel slegte dinge gebeur, ons weet, dinge gaan nie sommer verander nie! Maar om NOUNET NEGATIEF te wees en te tjank, gaan nou OOK NIE ons probleme oplos nie!!

JohanL ·

Welgedaan Bokke en welkom terug. Ek het nie die aankoms op TV gevolg nie, maar slegs hierdie berig van MM gelees.

Ek kry Kolisi in ‘n mate jammer, want hy besef dalk nie aldag die enorme druk waaronder hy is nie. Rassie het skynbaar daarna verwys en ek dink Rassie was reg oor die druk en ek dink Rassie het fouteer om Kolisi kaptein te maak. Kolisi het druk vanaf twee fronte ervaar – die politici en dan die rugby ondersteuners. Die rugby ondersteuners op sigself was weer druk vanuit alle oorde – die Bokke moet wen, Kolisi is ‘n “token” kaptein en selfs “token” speler. Ek dink hy het geweldige druk ervaar en geoordeel op die MM berig, kan mens dit dalk sien.

Wat hy ge-uiter het oor swaar grootword jare kan waar wees, maar:
– ander spelers ongeag velkleur het waarskynlik ook moeilike jare gehad
– Kolisi was tog bevoorreg om al as 12-jarige ‘n beurs te gekry het om aan Grey (PE) te gaan studeer en rugby speel

My punt is dat Kolisi homself bevind in ‘n situasie waar hy verslaggewers se vrae lewendig moet beantwoord en die “hele land” se ondersteuners kyk na hom en wil fout vind. En fout sal daar gevind word (met reg of daarsonder).

Wens ons land was normaal en daar kon net rugby gepraat word – sug.

gewen ·

En ja ou siya, ons weet dis nie net jy en die span wat gewen het nie, dit is die springbokke en julle ander 4 of 5 wat gewen het. Geniet maar die saamry.

M'Lady ·

En so is die laaste bastion van die Afrikaner nou ook gekaap.

Swartwolf ·

Verskil van jou daar is geen Afrikaner bastions vanaf 1994 nie. Afrikaner moet nou kompeteer teen kwotas en ee en glo dit meeste doen heel ok, of daar nou ‘n kwota kaptein is of nie. Die feit dat bokke gewen het is fantasties.

Pers Heks ·

Nou wag ons vir al julle mense wat arm grootgeword het,wat in die winter in beesmis gestaan het sonder skoene,om die kaptein van die bokke te word.
Intussen sit jy net en kritiseer soos n walgwors.

Hoe lewe die jou mense saam jou?

Francois le Cochon ·

Sport bring mense bymekaar, politiek verwyder mense van mekaar.

ZET ·

Ons het nie nodig om die kaptein van die bokke te word, ons het onsself uit
die beesmis gelig en suksesvol geraak op ander gebiede. En dit is nie vir my
met n lepeltjie gevoer, ek het hard gewerk daarvoor.

hercu ·

maak Kolisi SA president en al die moorde, diefstalle, verkragtings, korrupsie verdwyn in ‘n japtrap!!

Adam ·

Ek gun Siya sy sukses, maar in 2007 was hy 16 jaar oud en ‘n leerder aan Grey High PE, ‘n roemryke skool. Ongelukkig moes hy ook in die put val van alle suksesvolle Suid-Afrikaners wat altyd ‘n hartseer storie het soos in die geval van rugby kyk in ‘n shebeen en din k oor waar sy volgende maaltyd vandaan kom. Ek was ook gewoond aan slegte omstandighede. My pa was te arm om ‘n Volksie te bekostig en toe moet ons maar Mercedes ry, Vakansies was ‘n nagmerrie want ons kon nie besluit by watter stardhuis van ons moet ons vakansie hou nie. Aan die etenstafel was dit eers moeilik want omrede my ma nie hoender kon bekostig nie was ons op ‘n konstante dieet van beeshaas. Dink asb bietjie aan my ook wat boonop nie eens ‘n bok-kaptein kon word nie. Ek wil so graag my sorge verdrink maar omrede ek nie ‘n papsak kan bekostig nie word ek nou gedwing om Johnny Walker Blue te drink. Ai, hoe onregverdig om so swaar te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.