[Foto’s] Bouwer en Leandie se troue

Foto: Leandie du Randt/Instagram

Foto: Leandie du Randt/Instagram

Die sanger Bouwer Bosch is die naweek met die aktrise Leandie du Randt getroud.

Bosch, wat ook sy lyf akteur en televisie-aanbieder hou, en Du Randt, bekend vir haar rol as Ivanka in die kykNET-sepie Binnelanders, is Saterdag by die Snowflake-gebou in Potchefstroom getroud.

“Vandag word my beste vriendin my vrou. Wat ’n voorreg,” het Bosch Saterdagoggend op Instagram aangekondig.

“Happiest day of my life!!!! Boom it’s here! Ek is die luckieste meisie in die wêreld! #123boschmyself let’s do this! Dankie @bouwerbosch dat jy jou ongelooflike menswees met my wil deel! Jy is my beste maatjie in die wêreld!” het Du Randt op Instagram gejubel.

Die kunstenaar-egpaar het in Desember verlede jaar verloof geraak.

Du Randt se wit kantrok is deur Kobus Rautenbach ontwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ek onthou ·

Sy is pragtig en hy is oulik, mooi paartjie maar ai, hoekom is sy hemde se mou altyd so TE styf?? Op tv ook? Voor iemand my kop afbyt dis net ‘n vraag, mens let dit tog op en almal wat ek ken vra daaroor!

Pierre ·

Wie is Bouwer en Leandie en hoekom is dit nuus dat hulle trou?

FM ·

Mooi paartjie. Maar ai, Bouwer se tattoeërmerke pas nie by so mooie Leandi nie. Ek wonder maar net. Sterkte vir julle!!!!!

Magda ·

Baie geluk julle twee, julle is pragtig
Mense dis mos nie nodig om so lelik te wees nie.

Jeanette ·

Baie, baie geluk julle is pragtig kan nie wag vir al die mooi trou fotos in Huis Genoot nie!!!!!

Annika ·

Julle is nou sommer net katterig, hoor!!! Skaam julle julle nie? As julle onsmaaklike kommentaar wil lewer, skuif net julle muis se pyltjie daar bo na die regterkantste hoek toe en klik op die kruisie. Niemand verplig julle om te kyk of kommentaar te lewer nie!!!

Baie geluk julle twee!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.