Foto’s: Brand by Bloem-hospitaal

Die brand het teen 01:45 in die kombuis van die Nasionale Hospitaal ontstaan. Foto: Verskaf

Talle pasiënte moes Maandag uit ʼn Bloemfonteinse hospitaal verwyder word toe ʼn brand daar uitgebreek het.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, het gesê die brand het teen 01:45 in die kombuis van die Nasionale Hospitaal ontstaan.

“Die brand het daarna na ander dele van die hospitaal versprei. Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade moet nog vasgestel word,” het Mvambi gesê.

Butana Komphela, LUR vir gesondheid, het dr. Mahmoud Malek, die hospitaal se uitvoerende hoof, geloof vir sy vinnige optrede om die veiligheid van pasiënte en die publiek te verseker terwyl die brandweer en nooddienste gou daarin kon slaag om die brand onder beheer te bring.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Van die pasiënte wat na aan die kombuis was, is na die Pelonomi-hospitaal geneem vir waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Dr Malek geloof….? Was ons geagte dokter al ooit by ongevalle of in die sg sale? Dis ‘n skreiende skande hoe dit daar lyk. Miskien kan die pers ‘n draai maak. Alles is gaar… dis verbasend dat iets nog aan die brand kan slaan… en so lyk die meeste staatshospitale in ons land… skokkende stories wat mens hoor. En nou wil die minister die private hospitale ook bykom om dit ook af/deur te trek…

Cor ·

Nog n koloniale erfenis na sy maai. n Brand in die kombuis se net een ding oorverhitte kook olie of iets soorts gelyk. Geen of swak toesig in kombuis want dit staan heeldag en aldag en gesels en gesels sonder het einde niet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.