[Foto’s] Brand by gewilde Durban-hotel

ʼn Brand het omstreeks 07:30 by die Blue Waters Hotel op die Durbanse strandfront uitgebreek. Foto: Marshall Security

ʼn Brand het omstreeks 07:30 by die Blue Waters Hotel op die Durbanse strandfront uitgebreek. Foto: Marshall Security

Brandbestryders het Woensdagoggend vinnig ʼn brand onder beheer gebring wat omstreeks 07:30 by die Blue Waters Hotel op die Durbanse strandfront uitgebreek het.

Garrith Jamieson, operasionele direkteur van Rescue Care Paramedics, wat na die toneel ontbied is, het gesê daar word vermoed die brand het by ʼn transformator in die kelder van die hotel ontstaan.

“Brandbestryders het die hotel ontruim. Twee mense moes vir rookinaseming behandel word voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het Jamieson gesê. Na wat verneem word is geen ander beserings aangemeld nie.

Jamieson het gesê dit is nog nie presies duidelik hoe die brand ontstaan het nie. Die polisie en brandweer stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marlene Oosthuizen ·

Regtig jammer om dit te hoor. Ons gaan elke jaar April soontoe. Beste hotel in Durban Strandfront om by te bly. Hoop die skade was darem nie te erg. Ons wil definitief volgende jaar weer soontoe gaan.

Xa ·

Soos wat party tieners wat see toe gaan in daardie groot partytjie groepe sou ek dog hulle is besig om hard te rook aan watookal hulle deesdae rook.

Francois le Cochon ·

Groot transformators word gevul met ‘n spesiale tipe olie, om te dien as afkoelmiddel.
Blykbaar het hierdie olie uitgelek, en die transformator het oorverhit en ontplof. Ek het al so ‘n ontploffing oor ‘n afstand van so 1km aanskou. Dit was soos ‘n bom wat ontplof. Nogal Hewig.

Johann Marx ·

Ek kon darem in die vroëe tagtigs ‘n bietjie aanbly in die “Blue Waters Extension”….reg langs die Blue Waters Hotel. Ons het almal sulke bruin kleertjies gedra….en al die ander maatjies het my “Ja kop-e-raal” genoem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.