[Foto’s] Brand naby bekende Kaapstad-filmstel

Die brand wat naby Cape Town Film Studios gewoed het Foto: drinksfeed.com (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die brand wat naby Cape Town Film Studios gewoed het Foto: drinksfeed.com (Foto verskaf aan Maroela Media)

ʼn Brand wat Saterdag naby die Cape Town Film Studios uitgebreek het, het byna soos iets uit ʼn fliek gelyk toe die groot skepe in rook gehul is.

Brandbestryders het Saterdag gespook om die veldbrand tussen Baden Powelrylaan en Spineweg onder beheer te bring. ʼn Gedeelte van die N2 was vir ʼn wyle gesluit weens swak sig as gevolg van die rook.

Liezl Moodie, woordvoerder van Kaapstad se brandweer, het aan EWN bevestig die pad is intussen weer oopgemaak vir verkeer.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die groot skepe is ʼn bekende gesig buite Stellenbosch. Die seerower-televisiereeks, Black Sails, word hier vervaardig. Die reeks speel af in 1720 en is ʼn voorloper van Robert Louis Stevenson se klassieke seerowerverhaal, Treasure Island.

Foto’s: drinksfeed.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel Strydom ·

Daar breek darem deesdae te veel brande orals uit. Wonder maar net?

Kobus ·

Ek het nie geweet die Kaapse vlakte het nou aangeskuif Stellenbosch toe nie. Daai 2 skepe lê tussen Khayelitsha en Macassar.

bekomerde ·

Goeie plan is dalk om vir bewyse, kaapomgewing vanuit (sateliet) lug fyn dop te hou tot na verkiesing. So asof dit Kaap van vuurenstorms is.

Karma ·

Net dié naweek weer het dit reg rondom ons (die berge) in die Hexrivier Vallei gebrand. ‘n Mens wonder: is dit Moeder Natuur wat haar 7-jaar siklus begin of is dit mens-se-kind wat sigaret-stompie by die venster uitgooi/braaivleisvure nie blus nie of doelbewus brand stig? Brande – dit weet ons almal – ontstaan vir verskillende redes: die primate wat klippe lostrap en vonke veroorsaak, wat die wêreld aan die brand steek, of ‘n stukkie glas in die veld waarop die son skyn en die veld laat vlamvat. Maar daar is ook mos diegene wat met vuur omgaan asof dit ‘n grap is – skoolkinders wat “vir pret” ‘n droë stuk grassland aan die brand steek, of klappers afvuur (of die doodeenvoudig-dommes wat Chinese lanterns lug in stuur) of mense wat nie weet dat ‘n braaivleisvuur behoorlik geblus moet word en sigaretstompies in jou kar se asbak gedruk moet word en nie by die venster uitgeskiet moet word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.