Foto’s: Brand op Leeukop

Die brand op Leeukop in Kaapstad op 2 Desember 2014 Foto: @michclarke, Twitter

Die brand op Leeukop in Kaapstad op 2 Desember 2014 Foto: @michclarke, Twitter

ʼn Brand het Dinsdagmiddag op Leeukop in Kaapstad uitgebreek.

Talle inwoners het dadelik foto’s van die brand en brandbestrydingshelikopters op sosiale media gelaai.

Die brand het naby Fresnaye en Seepunt uitgebreek. Andre Snyman van eBlockWatch het op sosiale media hulp versoek dat diere uit die gebied ontruim moet word.

Die toestande word vererger weens ‘n baie sterk suidooster wat tans waai.

Jacques Weber, wyksraadslid vir die Stad Kaapstad het versoek dat persone die gebied sal vermy, aangesien toeskouers ‘n verkeersontwrigting veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.