Foto’s: Brand woed by Muizenberg

Foto: Rob Stamatiadis / @RobStami/ Twitter

Foto: Rob Stamatiadis / @RobStami/ Twitter

Brandbestryders van verskeie spanne is na Muizenberg in Kaapstad ontplooi om ʼn bergbrand te help bestry.

VWS Wildfires het op Twitter gesê die brand het glo in die vroeë oggendure ontstaan en nooddienste moes tot ligdag wag om brandbestrydingspanne te ontplooi.

Die brand word deur bemanning op die grond en deur helikopters met waterbomme bestry.

Paaie in die gebied word vir verkeer herlei en bemanning van die Kaapstadse branddienste monitor die brand. Theo Layne, woordvoerder van die branddienste, het gesê geen eiendom is dadelik in gevaar nie.

Sterk winde bemoeilik die brandbestryders se taak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

Brand? ons sien fotos van helikopters maar geen brand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.