[Foto’s] Brandbestryders spook om Simonstad-brand te blus

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Meer as 100 brandbestryders spook sedert Woensdag om ʼn brand in die Klawervallei bokant Simonstad onder beheer te bring.

Linton Rensburg, woordvoerder van Working on Fire, het aan Maroela Media gesê die brand het Woensdag omstreeks 15:00 naby die vlootbasis in Simonstad uitgebreek. “Daar is baie fynbos en gras in die area. Sowat 100 brandbestryders van Working on Fire, Tafelberg Nasionale Park en Volunteer Wildlife Services het onverpoosd begin om die brand te probeer blus.”

Volgens Rensburg kon hulle daarin slaag om ʼn gedeelte van die brand onder beheer te kry, maar het ʼn ander gedeelte weens sterk wind verder versprei. “Ons probeer tans keer dat die brand verder versprei,” het hy gesê. Intussen is daar foto’s op Twitter gedeel wat wys hoe die brand gevaarlik ná aan woongebiede woed.

Rensburg het gesê teen middagete was meer as 152 hektaar reeds in die brand verwoes. Die DBV in Kaapstad het intussen ook lede van hul natuurlewe-eenheid na die toneel ontbied om seker te maak geen diere word deur die brand geraak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.