[Foto’s] Brandende bande, traangas tydens Barberton-betoging

Foto: Intelligence Bureau SA

Foto: Intelligence Bureau SA

Die R40 buite Barberton in Mpumalanga is weer vir motoriste oopgestel nadat taxibestuurders die pad sedert die vroeë oggendure met hul voertuie en brandende bande versper het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die taxibestuurders het die pad omstreeks 03:00 versper by die kruising met die R38 na Carolina.

“Die bestuurders kla taxiverenigings van Nelspruit word toegelaat om passasiers van Nelspruit na die informele nedersettings rondom Barberton te vervoer, maar sê die taxiverenigings in Barberton word nie toegelaat om passasiers na die informele nedersettings te vervoer nie. Hulle beweer hulle word net toegelaat om mense in die dorp [Barberton] self op-en-af te laai,” het Sedibe gesê.

Nadat die pad vir etlike ure versper is, het die polisie uiteindelik traangas afgevuur om die betogers uiteen te jaag. Sedibe het bevestig die pad is oopgestel, maar het gesê die betogers is steeds in die gebied, aangesien hulle wag vir ʼn regeringsamptenaar om hulle toe te spreek.

“Die situasie is tans kalm. Die polisie sal daar bly om die gebied te monitor, maar die R40 is oop vir motoriste.” Hy het gesê niemand is in hegtenis geneem nie en geen skade aan eiendom is by die polisie aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AL ·

Brand en steek aan die brand en mors op. Dis mos nie jul geld wat gemors word nie, slegs die klein persentasie belastingbetalers wat die enorme skuldlas en korrupsie en maatskaplike toelae moet dra. Wanneer sal jul ooit common sense kry?

Jan maak n Plan ·

Die taxi bedryf in SA is al lankal in n sindikaat stelsel omskep. Vryemark handel geld glad nie hier nie. Hoekom vat die polisie nie n laaigraaf en stoot die pad weer mooi oop nie. Gooi al die goed wat in die pad getrek en gedra is op n hoop langs die pad.

Penellope Jones ·

Mooi man. Dis mos baie geriefliker en lekkerder om in ‘n afgebrande, vernielde plek te “bly en werk”.
Die teenoorgestelde van opbou, bestuur, onderhou vra doodeenvoudig net te veel werk, verantwoordelikheid en te veel tyd, kennis en insig, vooruitbeplanning ens………..
As dit afgebrand en verniel is, hoef niks gedoen te word nie, dan sit almal letterlik maar in sak en as…………..

Theresa ·

Vieslike optrede om so bande te brand en dan te wil kla oor iets wat oor ‘n tafel bespreek moet en kan word. Dit hoort stopgesit te word deur ons slim leiers – sodat Suid-Afrika nie so agterlik is soos dié plekke wat dit toelaat nie. En ja, Jan hierbo het ‘n puik plan. Wanneer so iets gebeur, daag die polisie en hul honde op om als te vang wat hardloop en spring en skreeu. En die gemors wat op ‘n nasionale of selfs kleiner paadjie gesleep en gedra en gegooi is, word met ‘n sterk, baie groot stootskraper netjies kante toe gestoot. O ja, asb, terwyl jul skoonmaak – skep vir iemand werk om al die klippe wat so vir sit-sit-so langs paaie op sypaadjies in voorstede gepak word, om die dag om te sit en kyk wat als aangaan in die omgewing – laat mense daagliks die onding ook verwyder asb. Ons voorstede verander in ‘n rommelhoop – stadig, maar seker en dan is dit weer te laat om te stop, want dit word op ons afgedwing.

jean ·

My pragtige ou Barberton…..soveel vreugde en plesier daar ervaar met die kinders wat daar kon groot word….My hart is seer…

Hannie ·

Suid Afrika is maar net nog ‘n Afrika land. Dink julle hulle gaan eerstewêreldstandaarde hier handgaaf? Kyk na Zimbabwe, Nigerië, DRK, dis Afrika en Suid Afrika is deel daarvan. If dink julle hulle gaan oornag in ‘n tweede Noorweë of Denemarke ontpop?

Corrie ·

As julle dink dit is erg dan moet julle hier wees as hulle ons paaie toemaak dat ons nie by die skole of dorp kan uitkom nie. Ekt al so gewens iemand moet die spul wat so brand en klippe gooi net uit die pad stoot met iets. Dit gebeur nou al hoe meer hier by ons in Barberton. Hulle stel net eise en dink almal moet spring!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.