[Foto’s] Brits-man sterf toe ligte vliegtuig neerstort

Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit

Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit

ʼn Man is dood nadat sy ligte vliegtuig Saterdag in die Brits-omgewing naby Rashoop-vliegveld neergestort het.

“Die vliegtuig het omstreeks 10:00 naby die vliegveld neergestort,” het Loanne Louw, woordvoerder van Hartbeespoort-noodreddingseenheid, aan Maroela Media gesê. “Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir die man kon doen nie. Hy is op toneel dood verklaar.”

Volgens Louw het die man net voor die ongeluk opgestyg en ʼn maneuver uitgevoer toe iets verkeerd gegaan en die vliegtuig neergestort het.

Die ongeluk het aan die noordekant van die vliegveld plaasgevind.

Maroela Media verneem die vliegtuig het in ʼn erf geval, maar niemand was ten tyde van die voorval buite die huis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.