ʼn 43-jarige man en sy 38-jarige vriendin is Maandag by ʼn huis in Brits in Noordwes in hegtenis geneem waar hulle glo ʼn dagga kwekery bedryf het.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die eenheid het inligting ontvang oor die paartjie se bedrywighede en het vroeër ʼn klopjag by hul “hoogs-beveiligde” huis in Tambotiestraat uitgevoer.
“Altesaam 71 daggaplante, 13 bottels met gedroogde dagga, sowel as toerusting om dagga te kweek, is in die huis gekry,” het Mulaudzi gesê. “Die huis is verder deursoek en die Valke het op ʼn jaggeweer, ʼn handwapen en verskeie soorte ammunisie afgekom en daarop beslag gelê.”
Mulaudzi het gesê die paartjie het ook dagga op ʼn berg naby hul eiendom geplant en dit met nege strikke omring om dit te beskerm.
Hulle moet binnekort in die Brits-landdroshof verskyn.
Daar is niks snaaks hieraan nie. Die goed is oral vrylik beskikbaar. Hulle wou seker nie met die owerhede deel nie, nou is hulle in die moeilikheid,].
Los die boom handelaars, dit is net sekeres wat atresteer word. Vat julle “cut” en waai. Lol
Sien niks fout hiermee nie.
Hiert jou katvis! Daar gaan die hele Brits se “stash” Ha-Ha!
Ek dink die polisie moet hulleself ophou met sulke petty gemors ophou en meer konsentreer op dinge wat REGTIG saak maak!!!!
As jy nie kan werk kry nie?? Dan volg jy die die uitweg van die minste weerstand. Die goed groei geil in die invormele plekke.