Foto’s: Brug bring nuwe hoop vir Hoërskool Driehoek

Die nuwe brug by Hoërskool Driehoek (Foto: Tania Heyns/Maroela Media

Die nuwe staal loopbrug by Hoërskool Driehoek sal as die Phoenix-brug bekend staan nadat dié brug Dinsdag amptelik deur die Gautengse onderwysdepartement oop vir gebruik verklaar is.

Die brug is vernoem na die Griekse mitologiese karakter, die feniks, wat uit die as verrys. Vier leerders is op 1 Februarie vanjaar by dié skool oorlede toe die oorspronklike brug ineengestort het.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdagmiddag die nuwe brug by die skool ingehuldig nadat die staalmaatskappy ArcelorMittal die konstruksiewerk voltooi het. Die LUR is bygestaan deur Werner Venter, bestuurder van ArcelorMittal en Jacques Marx, voorsitter van die beheerliggaam by die skool.

Venter, wat die brug vernoem het, het gesê dié brug is binne 65 dae uit die as staan gemaak nadat hy aanvanklik ná die ineenstorting gesloop en van voor af ontwerp moes word. Ander opknappings is ook gedurende hierdie tyd by die skool aangebring om te verseker dat alle strukture veilig is vir leerders en personeel se gebruik.

Volgens Lesufi is drie aparte verslae reeds opgestel oor wat tot die ineenstorting van die brug byna drie maande gelede gelei het. Hy het daarop aangedring dat dié verslae binne 10 dae in een verslag saamgevoeg word wat dan vir die publiek beskikbaar gestel sal word. Die verslag sal ook aan die ouers van die leerders, wat in die tragedie omgekom het, oorhandig word. “Ons moet hierdie brug in [die ouers] se eer oop verklaar. Hulle het immers die duurste prys daarvoor betaal,” het Lesufi gesê.

Hy is vroegmiddag op hoogte gebring van die stand van sake sedert konstruksie aan die brug voltooi is. ʼn Ouervergadering is Dinsdag ná die inhuldiging belê waar bekommernisse van die ouers se kant bespreek word. Dié vergadering sal ook bepaal hoe leerders wat klas misgeloop het, skoolwerk gaan opvang.

Lesufi het ook die leerders van Hoërskool Driehoek bedank wat, ten spyte van die tragedie, steeds skoolgegaan het – en dít in tente op die skool se rugbyveld. Die leerders het vandag amptelik uit dié tente na die skoolgebou teruggetrek en sal nou die nuwe loopbrug by hulle skool kan gebruik.

“Dit voel soos die nuwe normaal. Ons voel 100% veilig om terug te wees en weer die brug te gebruik,” het Markus Venter en Zandri Botha, onderhoofleiers van die skool, aan Maroela Media gesê.

Roydon Olckers, Jandré Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel het gedurende die ineenstorting van die brug gesterf. Altesaam 29 ander leerders is in die voorval beseer. Lees alle vorige berigte oor die Hoërskool Driehoek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Ek is dankbaar dat die Departement van Onderwys erns van die saak gemaak het en dadelik die brug vervang met ‘n stewige struktuur en die res van die skool beveilig het.
Knap gedaan!

Thersia ·

Hoekom is sy naam op die bordjie aangebring??. Ek sou dink die slagoffers se name kon daar aangebring word????. As Lesufi werk gemaak het toe die probleem aangemeld was, kon hierdie alles verhoed gewees het…

Z ·

Ek sou ook graag die 4 oorledenes se name op n gedenkplaat wou sien.
Seënwense aan elke gesin wat deur n leerder of onnie by die skool verteenwoordig word.
Julle is nog gereeld in ons gedagtes.

Peet Schabort ·

En dan is die geskrewe stuk ook in engels alleen . . . slaan my dood . . . !!

jessica ·

I agree 100%. And should have done this bridge before all these kids got hurt, now life’s are gone forever.

Duiwelsadvokaat ·

As Lesufi se departement net so vinnig soos hulle die brug gebou het die nodige inspeksies gedoen het soos wetlik vereis word, was die tragedie verhoed. Hoor Lesufi sê hy hoop die ouers skik buite die hof….ironies verby. Hoop hulle trek jou kaal uit, en skep ‘n presedent waarmee julle in die toekoms tot verantwoording geroep sal word.

Woedend ·

Beslis stem 100 % saam veral Lesufi. ..ek skoon naar op my maag om die ding daar te sien

Andreas ·

Skuus, maar is daar nie ‘n ander naam as Lesufi nie, die weerstand sit nou al tot hier by my keel as ek daardie naam sien. En dit is onwillekeurig, hy het maar net daardie invloed op my.

Jacques ·

Dit is alles goed en wel , maar die mooi brug is daar agv n ramp wat verhoed moes wees . Vier kinder het hulle lewe gegee agv die dept wat te sleg was om die veiligheid van almal in berekening te bring en dan wil Lesufi buite die hof skik ? As dit my kind was sou hy beslis geweet het sy dept het gefaal en die gemeenskap in die steek gelaat . Dit is moord Lesufi en moet moet pa staan daarvoor .

wielie ·

Al die roem en eer aan Lefusie en gevolg.
Waarom “n “fan fair ” van dit maak?
Ai ai wat mense nie sal doen om in die media te kom …..
Hoeveel skole gaan nog inmekaar sak en hoeveel onskuldige jong mense moet met hul lewe boet voor die regering gaan wakker skrik??

Andreas ·

Hierdie man is een van daardie arrogante mense wat persepsies by mens laat onstaan ten koste van ander en dit is dat ANC amptenare in hoë poste sal altyd eerste kyk watter voordeel hulle uit ‘n situasie kan trek voor hulle ander krediet gee, maar eerste word dit vir hulself opgeeis. As hy homself moet oordeel teenoor van die groot leiers in die ANC, sal hy Oliver Tambo eerste sit, daarna Nelson Mandela, dan Panyaza Lesufi (en dit nie noodwendig in die volgorde soos ek dit hier voor het nie).

Woedend ·

Beslis stem 100 % saam veral Lesufi. ..ek skoon naar op my maag om die ding daar te sien

jessica ·

It should not be a celebration anyway, kids are dead because of this negligence of the bridge that they should have attended too before all this happened. I hope he who has his name on the board paid for all the kids funerals and paying to put up they tombstones for them, not only his board at the school.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.