[Foto’s] Brug stort ineen, snelweg vir só lank gesluit

Foto: Verskaf.

Ismail Vadi, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, het bevestig die hoofweg tussen die Geldenhuys-wisselaar en Van Buurenweg naby Germiston sal vir 24 tot 48 uur gesluit wees in albei rigtings nadat ʼn voetgangerbrug Woensdag in die vroeë oggendure ineengestort het.

Vadi het Woensdag die toneel op die N3 besoek. “ʼn Onafhanklike ingenieur is tans op die toneel om die voorval te ondersoek. Totdat die ondersoek afgehandel is, kan ons nie spekuleer oor die rede vir die ineenstorting nie.

“Motoriste wat veral in die OR Tambo Internasionale Lughawe se rigting reis moet dié onvermydelike padsluitings in gedagte hou,” het Vadi gesê.

Volgens hom sal die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) die struktuur sloop, die puin opruim en daarna die snelweg weer oopstel nadat die ondersoek afgehandel is.

Vadi het die families van die vyf beseerdes sterkte toegewens. “My gebede en gedagtes is by julle,” het hy gesê.

Vyf mense, onder wie ʼn sewejarige meisie, is in die voorval beseer. Een kritiek beseerde vrou is per mediese helikopter na die naaste hospitaal gehaas.

Die brug is in 1978 opgerig en is al geruime tyd nie meer in gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

dovaz ·

Hkm wag tot als ineen stort voor “onafhanklikke ingeneurs” gekry word vir herstel werk. Daar is baie “contracteurs” van regerings familielede wat dit kan doen teen belaglike betalings. Maar net a Voorstel.
Sterkte aan die beseerdes.

pie in the sky ·

Ismael Vadi …. “Die brug is in 1978 opgerig en nie meer in gebruik nie” Laasnag is dit as ‘n valbyl teen die SA publiek gebruik … Herstel van infrastruktuur word nie meer gedoen nie, so als slaat aan die brand, breek of word net buite werking gestel. Los die gat net daar en span dit toe want elke ingenieur is reeds Dubai toe.

Alwyn Jacobs ·

Omdat geen inspeksies en instandhouding meer uitgevoer word nie. Hoe meer strukture inmekaar stort hoe gelukkiger is Zuma, want dan word die opbou deur kolonisme vernietig. Stekte vir die beseerdes.

1+1 ·

Die wat die tender prosesse hanteer het en die wat dit toegeken het moet ook ondersoek word. Lesse word nie geleer nie. Skiet hulleself aanhoudend self in die voet. Sal graag wil weet wie die ingenieursmaatskappy(e) was wat die brug ontwerp en opgerig het. Wie die inspeksie en toesig gehou het terwyl die bouery aan die gang was.

‘n Multi-dissiplinerespan behoort ondersoek in te stel na die kwaliteit van die bouery en ander moontlike faktore.

As die aardtrilling die oorsaak was soos beweer word, moet ‘n gekwalifiseerde”seismoloog” deel wees van die span, nie ‘n toordokter nie.

Ruben ·

1 + 1 jou komentaar maak nie sin nie aangesien die brug in 1978 gebou was dws die aparheidsregering se tyd…lees die berig asb voor komentaar gelewer word

Logika ·

Stem saam met Ruben, jou stelling mak nie sin nie 1+1… Daardie brug was gebou in tye toe mens nie in ‘n verkeersknoping gesit het op Van Buren op ‘n Sondag aand nie. Dus beteken dit die volume motors het al te veel geword vir die stuk pad. Hoeveel ongelukke het nie intussen al met daardie brug pilare kennis gemaak nie? Verswakking van infrastruktuur wat net nooit prioriteit is meer nie?

Charlotta ·

“Made in China” staal wat gebruik word, en onbevoegde mense.

Eish ·

Bog, dis in 1978 reeds gebou volgens die berig. Die uitdrukking lui: ” In onbruik verval” Dit is nou die letterlike gevolg van onbruik en geen instandhuiding, verval.

Richard ·

Die brug in 1978 gebou. Geen china staal daai tyd gebruik nie, Yskor en Highveldsteel het alles plaaslik gemaak. Ingenieurs was opgeleide profesionele mense. So iets drasties moes later jare verkeerdloop. Dit sal die ondersoek leer.

Hallo ·

Neem asb die raad wat vir 1+1 verskaf is en LEES die artikel voor jy kommentaar lewer. Want anders kan ons maar vir Maroela Media die moeite spaar om die artikel te skryf want slegs 40% van die mense wat kommentaar lewer LEES die artikel. So dan kan julle mos maar strooi tik sonder om te lees, O julle doen alreeds, sorry my fout

E.K. (vra net) ·

Ek dink ook dis ‘n geval van niks instandhouding nie. Enigiets wat in onbruik verval gaan mos uiteindelik ingee veral as daar elke dan en wan vragmotors en goed teen die pilare bots. Dis net logies. Het die vragmotor in die storie nie juis in die brug vasgery nie? Ek weet nie ek vra net; maar die punt is al word iets nie gebruik moet dit of verwyder word of instand gehou word.

Dewald ·

Kan beslis nie hier die bouers en ingeneurs van die brug blameer nie. Die blaam lê moontlik by die instandhouers indien daar kontrak vir dit was en dan ook eerder vra; eerstens vir hoe lank is hierdie brug nie meer ingebruik nie, het hy in ongebruik geraak omdat die strukteer weens te kort aan instandhouding onveilig verklaar is of het hy maar net sy doel uitgedien. En dan, hoekom het die owerhede nie al lankal die brug laat sloop, indien dit reeds onveilig verklaar was nie. Selfs ook as hul net besef het die brug word nie meer gebruik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.