[Foto’s] Burgerlikes ruk op om Gordhan te ondersteun

Adv. George Bizos saam met verteenwoordigers van AfriForum.

Adv. George Bizos saam met verteenwoordigers van AfriForum.

Verskeie burgerlike organisasies en toonaangewende Suid-Afrikaners het Donderdag by die Valke se hoofkantoor in Pretoria bymekaargekom in protes teen die oënskynlike “heksejag” teen Pravin Gordhan, minister van finansies.

Dit volg nadat die Valke geëis het dat Gordhan en vier voormalige werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) hulle vandag by hul kantore in Pretoria moet aanmeld. Luidens ’n waarskuwingsverklaring van die Valke het Gordhan glo drie wette oortree toe hy kommissaris van die SAID was. Dit sluit in die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies, die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede en die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie.

“AfriForum meen dat die aanklagte teen Gordhan ongegrond is. Dit blyk dat die Valke met ʼn heksejag teen die minister besig is en alles in hul vermoë doen om hom te verhoed om sy werk te doen,” het Henk Maree, nasionale woordvoerder van AfriForum, gesê.

Oudregter Johann Kriegler.

Oudregter Johann Kriegler.

“Die optrede van die Valke kom neer op ʼn heksejag en dit hou ernstige implikasies vir toekomstige reg en geregtigheid in die land in. Suid-Afrika se beeld en die ekonomie is ook in gedrang,” meen Maree.

Gordhan het geweier om aan die Valke se versoek te voldoen.

Oudregter Johann Kriegler, adv. George Bizos, verteenwoordigers van die Helen Suzman Stigting en ander burgerlike organisasies, waaronder die Right2Know-veldtog en Section 27, het ook buite die Genl. Piet Joubert-gebou in Pretoria ter ondersteuning van Gordhan en die SAID-amptenare byeengekom.

Kriegler het gesê dat die aantygings teen die minister snert is en dat diegene wat dit maak, dit ook weet. “Dit is alles skuiwe en foefies om Gordhan te probeer uitwerk uit sy posisie. Die ondersoek is eensydig en gaan nie op nie. Die Suid-Afrikaanse burgery van alle politieke oortuigings moet wys dat hulle nie meer geduld het met diegene wat agter die komplot sit nie. Nóg ons as burgers nóg die minister verdien dit.”

Verteenwoordigers van die Right2Know-veldtog en Section 27.

Verteenwoordigers van die Right2Know-veldtog en Section 27.

Die menseregte-aktivis en regsgeleerde adv. George Bizos het aan die media gesê die aantygings is ongegrond en hy glo dat geregtigheid sal geskied.
Hy het voorts gesê die Valke se optrede het ekonomiese gevolge en dat mense se vertroue in die regering verder afneem.

Volgens Carol Mohlala, ʼn lid van die Right2Know-veldtog, is die saak teen die SAID-amptenare ʼn belangrike kwessie wat op die Suid-Afrikaanse demokrasie reflekteer. “Ons moet opstaan vir ons eie en ander se demokratiese regte en waardes.”

Mohlala glo in Gordhan se onskuld en meen hy moet uitgelos word om die land se ekonomie te bestuur.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ronell ·

Al wat ons almal moet doen: HOU ALMAL OP OM BELASTINGING TE BETAAL. todat daai perd met die stort op sy kop sy koers gekry het.

Alida ·

Daai perd met die stort op sy kop probeer nou alles om van Pravin ontslae te raak. Pravin sal hom nie laat voorse nie en sal al JZ se skandes uitbring.

m ·

Nou wat nou, het Gordhan op stortkop se tone getrap toe hy wou geld verduister…

Paul ·

Dit lyk nie vir my asof Gordhan stry dat hy vir Ivan Pillay toestemming vir vroeë aftrede gegee het sonder dat hy die R1,3 miljoen afkoopgeld hoef te betaal het nie, en dat Pillay toe op ‘n lekker drie-jaar kontrak nog verder gewerk het.
As dit die feite van die saak is, is dit maar lekker “cronyism”, hoewel dit moontlik nie tegnies onwettig is nie.
Almal wat so vir Gordhan ondersteun, moet bietjie twee keer dink. Net omdat iemand die “lesser of two evils” is, maar hom nie ‘n held nie.

Louwrens ·

Dankie Paul. Ek lees ook berigte in ander media wat weer n effens ander prentjie skilder as wat hier in Maroela verskyn. Wat presies die waarheid is sal ek nie kan se nie. Ek dink egter die saak is van die begin af verkeerd hanteer deur Die Valke. Wat egter in al die media duidelik gebeeld word (al is dit tussen die lyne) is dat Zuma wel n hand in die huidige Gordhan sage het. Net dit maak dat ek vir Gordhan die voordeel van die twyfel gee.

Penellope Jones ·

Dalk het dit tyd geword dat gewone, swaar betalende burgers hul griewe lug.
Nie op protesterende manier nie, op ordentlike maar bewusmakende maniere.
Hierdie dinge gaan die anc bitter seermaak met nasionale verkiesing en omdat hul in hul eie onrealistiese feetjieland wil leef, wil hulle dit nie besef nie.

CHRISTA ·

Dit blyk asof Zuma die Valke vir eie gewin gebruik soos wat Hitler die Nazi’s gebruik het.

alida ·

Ons ondersteun Mnr Gordhan want hy het ons van ‘n ramp gered in Desember 2015. Hy is ook net ‘n mens en maak foute, maar ek dink tog hy tree in die land se beste belang op. Gee hom ‘n kans om sy kant van die saak te stel. Zuma het BAIE om voor verantwoording te doen en dit is hoekom die hy die aanstelling as nuwe OB steun. Mens kan daardie man met NIKS op die aarde vertrou nie. Hy vul sy eie sakke terwyl hy nog kan.

Petrus Oppiwater ·

Almal van ons het vir ‘n wyle vergeet van die Guptas wat op kontroversieele/geheimsinnige wyse “verdwyn” het. Geen haan kraai nou oor die miljoene wat hulle verduister het en ook mee verkas het nie-geen ondersoek deur die valke oor hulle en hul pankop-vriend se twyfelagtige transaksies nie-nr. 1 moet geen amnestie gegun word nie, inteendeel: hy moet tot verantwoording geroep word in Den Haag.

Hendrik ·

Gordan is lid van die ANC…Wat verstaan jy nie? Hy ondersteun AA, kwotas, BEEE, ens tot nadeel van jou en jou kinders.

KarooKlong ·

Een van die min eerlike en opregte mense in die organisasie.
Zumpi gaan hom vasloop.

George ·

Uiteindelik gaan elkeen van ons moet rekenskap gee van ons dade. So, oordeel maar lekker…..

enid ·

hoekom ondersoek hulle nie Zuma en die Guptas nie? wonder maar net

tokkelossie ·

Gaan afriforum nou regtig in vark geveg betrokke raak en ‘n geharde globalistiese kommunis soo Pravin Gordham ondersteun?

christine ·

Gordhon is geen engel nie. Die valke nog minder. Maar die Rand gaan verder val nou klim ons die Afrikaner mekaar in, ag hemel tog laat die perels van julle oe afval en sien dit vir wat dit is. Zuma must fall hawks must fall bring Terug die skerpione.

Alida ·

Christine in die ou dae het die bobbejane die skerpioene gevang deesdae ……

GORDAN bo! ·

Die Valke is gou om vir Gordan te ontbied. Wanneer is dit Zuma se tyd vir die hof oor die korrupsieaanklagte?Gaan aan met jul magsvertoon jul dae is MIN!!

pieter ·

Mnr Gordon word deur Hendrik en andere afgemaak as n kommunis en wat nog. Wat hulle nie besef nie is dat hy die enigste persoon in zuma se kabinet is wat dit sy plig ag om die land se ekonomie op koers te kry. Kyk net wat maak die rand as daar aan mnr Gordon gevat word. Ons almal se sakke word geraak. Se jy wie is n bekwame man in die kabinet wat Gordon se werk kan oorneem sonder dat die RSA sink

Alida ·

Dankie Pieter. Alle ANC ministers is nie ape nie. Hulle weet daai stortkop is n skelm en sal al sy streke nog openbaar maak. Ek dink Pravin is gatvol en hy sal die bom binnekort laat bars. HKGK

Ander Koos ·

Insiggewend om kommentare te lees. Omtrent ‘n geval van: ” my vyand se vyand is my vriend”.

Johannes Meintjes ·

SA het nou al vir te veel jare gebuk gegaan onder burgerlike apatie en die alomteenwoordige “plaas-sonder-baas” gees. Terwyl talle beendere in feitlik elke hangkas rattel, moet daar van grondvlak tot en met regeringsvlakke en verder baie meer objektief en doelmatig meegewerk word tot ekonomiese en politieke stabiliteit in SA, SAOG en Afrika. Ons kan nie langer blote kantlyn toeskouers bly wie maar laat begaan en laat vergaan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.