ʼn Inwoner van Phoenix naby Durban se dag het nie goed begin toe ʼn bus Woensdag vroegoggend in ʼn huis in dié KwaZulu-Natalse buurt ingeploeg het nie.
Nooddienswerkers van Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 06:57 met hul aankoms op die toneel in Canehavenweg in Caneside vasgestel dat die bus deur die huis se grensmuur geploeg en tot binne-in die voorkant van die huis gery het.
Nóg die busbestuurder nóg die eienaar van die huis is in die voorval beseer.
Prem Balram, woordvoerder van Rusa, sê die bestuurder was die enigste insittende van die bus. Die eienaar van die huis was wel tuis ten tyde van die voorval, maar is ook nie beseer nie.
Die presiese omstandighede wat tot die voorval bygedra het, is nog nie in dié stadium vasgestel nie, sê Balram.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Die bus se naam verduidelik alles .
Die ou het nie net met die deur in die huis geval nie maar met die hele bus.
Hoe op dees aarde kry mens dit reg? En met watse hengse spoed moes hy nie gejaag het nie?
Deur die grensmuur?
Lyk eerder of dit ‘oor die grensmuur’ was. Dalk het die bus deur die lug getrek?
Liewe genade!!!
hy wou maar net n deur tot deur diens aanbied