[Foto’s] Bus slaan aan die brand in Pretoria

‘n Bus brand in Pretoria se middestad (10 November 2017) Foto: Brenda Masilela/ANA

ʼn Bus van die munisipaliteit van Pretoria het Vrydagmiddag in Pretoriusstraat in die middestad aan die brand geslaan.

Tshwane-metropolisiebeamptes wat op die toneel was, het gesê dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie. Niemand is beseer nie.

Shadrack Ndlovu, ʼn brandbestryder wat nie aan diens was nie, het gesê hy het die bus in ligte laaie sien staan. “Mense het probeer om die brand te blus, maar ek kon sien hulle is bang. Ek het gehelp, maar die brand het vinnig versprei en ons kon nie die bus red nie. Ons kon minstens twee motors red wat langs die bus parkeer gestaan het.”

Ndlovu het gesê daar was nie enige passasiers in die bus nie.

Matipandile Sotheni se motor, wat langs die bus parkeer gestaan het, is beskadig. “Ek het my motor parkeer en ʼn prokureur gaan sien. Iemand het my van ʼn 012-nommer geskakel en hulle het gesê die bus langs my motor is aan die brand. Ek moes vinnig jaag om my motor te skuif. Ek het nie gesien wat gebeur het nie.”

Die busbestuurder, wat ook op die toneel was, het geweier om met verslaggewers te praat. Hy het wel aan sommige mense gesê die brand is vermoedelik veroorsaak deur bedrading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Een man met daai klein brandslang vanaf die watertenk in pleks van ‘n waterpunt (wat die taxis gebruik vir was) in die straat. Ondersoek ook hoekom hulle dit nie kon blus!

Hendrik ·

Die ANC narre het daai busse aangekoop! Skrap die hele vloot en stuur vir grootkees die rekening!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.