[Foto’s] Calvinia het jou hulp dringend nodig

Calvinia gaan erg gebuk onder die droogte (Foto: André Steenkamp)

Inwoners van Calvinia in die Noord-Kaap is rasend van bekommernis omdat die dorp in een van die ergste watertekorte nóg gedompel is sedert die Kareeedam vroeër vanjaar opgedroog het.

Dié dorp het intussen ʼn noodtoestand bereik nadat die watertafel ook drasties gesak het. Die water wat uit die sewe munisipale boorgate verkry word, is brak en nie geskik vir menslike gebruik nie.

Daarbenewens het ʼn verwoestende brand einde Desember ongeveer 25 000ha se weiding en plantegroei verwoes.

André Steenkamp, ʼn boer wat al minstens nege geslagte lank naby dié dorp boer, het voorheen aan Maroela Media vertel nagenoeg 6 000 skape moet nou met die hand gevoer word, omdat daar bloot nie voer is nie.

Steenkamp sê dié situasie het intussen nóg vererger. “Dit het nog steeds nie gereën nie. Baie boere het alles verloor wat hulle van die grond af opgebou het. Mens wil nie vingers wys nie, maar die regering help glad nie – ten spyte van smekinge van talle boere.

“Daarbenewens is die munisipale boorgatwater in ʼn baie slegte toestand. Mens kan dit nie drink nie en selfs wanneer jy dit kook, het dit ʼn aaklige reuk en ʼn selfs vreemder smaak. Die diere kan nie gevoer word nie, want die voer is baie duur en die weiding het afgebrand. Daar ook nie water vir die dorpsbewoners nie.”

Calvinia gaan erg gebuk onder die droogte (Foto: André Steenkamp)

Intussen het verskeie organisasies, soos AfriForum, Cairing Diasies, Water Shortage South Africa (WSSA) en talle ander weldoeners projekte op die been gebring om die waterbehoeftige inwoners by te staan.

Die noodfonds-projek, ʼn inisiatief van AfriForum, Caring Daisies, Buffelsfontein Baard-olie en Adam Tas, het tot op hede meer as 37 ton voer in die dorp afgelewer.

Hein Gonzales, projekwoordvoerder vir AfriForum, het gesê die eerste vragmotors met water vertrek reeds Vrydagaand uit Kroonstad om inwoners van die dorp by te staan.

“Derduisende liter drinkwater, asook meer as 300 bale voer, sal deur die loop van die naweek in Calvinia afgelewer word. Meer as 10 000 inwoners sal by dié projek baat,” sê Gonzales.

“In dié stadium fokus ons egter net op Calvinia, maar ons wil baie graag ook die omliggende gebiede bystaan.”

Sedert die aanvang van die Calvinia-waterprojek is meer as 17 vragmotors ingespan, 510 ton voer is afgelewer, 76 ure en 16 minute is aan die projek bestee en 8 194 km is afgelê,” skryf AfriForum.

Anria van Heerden, Cairing Daisies-hoof, het ook aan Maroela Media gesê die organisasie is bewus van die droogtetoestand en doen sover alles moontlik om boere by te staan.

Calvinia gaan erg gebuk onder die droogte (Foto: André Steenkamp)

“Ons gee ons volle samewerking aan die ander organisasies en doen alles in ons vermoë om bietjie verligting aan die inwoners te bring,” sê sy.

Die noodfonds-projek lewer weer op 3 April water en voer in Calvinia af en die publiek word nou om hulp gevra om skenkings te maak.

ʼn Lys versamelpunte is intussen geïdentifiseer. As jy wil betrokke raak, kyk hier waar jou naaste versamelpunt is.

Jy kan ook geld skenk. Klik hier vir meer besonderhede oor ʼn trust-fonds.

Jy kan ook die woord “NOOD” na 38312 SMS en sodoende R10 aan die noodfonds skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

E.K. ·

Baie bitter dankie vir die sms manier van skenk, dis soveel makliker en midner van ‘n beslommernis. KOMAAN mense, vergeet ‘n OOMBLIK van die gemors waarin ons is dmv die regerende party en help die mense! Dis so maklik. As ek lees hoveel mense Maroela lees en elkeen doen EEN sms … mense dit kan gedoen word!!

sharon ·

Ons trok is amper klaar gelaai en sal Saterdag deur die loop vd oggend daar aankom. Ons stuur 32 palette met 150 x 5 liter water.
KROONSTAD WATER VIR CALVINIA WSSA / AFRIFORUM
Ons poog om deurlopend te stuur.. Want ons het ontvang toe ons op ons knieë was…

Ronel ·

Sharon. Aangesien ek nie meer op facebook is nie, gaan ek dit hier sê. Thanks vir al jou harde werk met die water insameling my mater!!! Jy is awesome! Selfs toe Kroonstad water nodig gehad het, was jy daar om alles te reël en te bou en te alles. Moet jou nie steur aan die facebook ninjas wat nie ‘n vinger verroer het om te help nie, maar net kan kritiseer. Sonder jou hulp en tannie Gabrie s’n, sou hier net mooi niks gebeur het nie!!! Thanks my maat! Hou aan om so awesome mens te wees!

E.K. ·

Weet nie waar my kommentaar is nie maar ek herhaal dan. Dis SO maklik om dmv die sms’e geld te skenke en as ek kyk na die aantal mense wat Maroela lees – mense ons KAN ‘n verskil maak as elkeen selfs net EEN sms stuur! Komaan ons kan dit doen!

Petro ·

Die regering sal nie help nie net nog n manier om ons boere op hulle kniee te dwing daar is geld vir ander onbenullighede maar waar die nood hoog is draai hulle n “blind eye”

jaco ·

Ek haal aan uit die berig: “mens wil nie vingers wys nie, maar die regering doen niks”. Asseblief boere, WAT moet nou nog gebeur voor julle dalk te laat die skrif aan die muur sien? Verkoop NOU julle plase voordat onteiening SONDER ENIGE vergoeding ‘n werklikheid word. Die regering gebruik die droogte net as ‘n baie gerieflike verskoning om boere op hulle knieë te dwing. Daars selfs al uitsprake deur sekere ANC-leiers gemaak dat die Here met die droogte almal straf wat nie ANC stem nie. Die tekens is uiters duidelik oor wat aan die gebeur is. Moenie nou sloer en oor ‘n jaar of twee kla oor julle NIKS oor het nie. Get going while the going still looks good.

Gary ·

“Verkoop NOU julle plase..”..? En waar dink jy gaan jou volgende bord kos vandaan kom, ou perd..? Uit die lug uitval..?

Neels ·

Ek het aangebied om n interlink voer te skenk maar die vervoer is vir hulle n probleem Ek bly maklik 1700 km van daar af teen die limpopo Hoop die fonds kan dalk n plaan maak

Ben Prinsloo ·

Ek het nie bottels nie, ook nie dromme nie maar stuur n tanker of enige houer en dit sal gratis vol water gemaak word. Ongelukkig in Pietersburg.

Landbouekonoom ·

Boere moet dringend met voorbrande begin en digte gras sny en omsit in voer. Brandstigters gaan begin toesak soos die somerreengebiede nou begin droog raak en gras al vlambaar.

Ne ·

Digte gras in Calvinia? Stadig landbouekonoom met die voggies so vroeg. Hier in die Noord-Kaap is almal baie dankbaar vir die gras. Hoor wat jy sê maar dit kos geld wat daar nie is nie.

Landbouekonoom ·

Lees weer Ne. Ek praat van somerreenvalareas en gebruik hierdie net as platform om boere te waarsku.

Justice ·

Lanbouekonoom is reg – die soetgras bosveld van Limpopo was lanklaas so mooi en ruig. Beslis ‘n brandgevaar hierdie winter.

CR ·

Dis so interressant dat Zuma,sy mense,ens niks doen aan die saak! Worry net oor sy en sy maters se eie finansiele gewin.

c c ·

Droogte is erenstig water is nood, boer moeni klou aan jou vee nie daars duisend hektare groen veld stuur dai skape soontoe vleis pryse hardloop weg jan publiek huilen kani vleis bekostig nie so hkm voer jy as voer so dier is.

Sam ·

Kan julle mense wat betrokke is en Maroela Media, asb websites of e-pos addresse verskaf wat ons kan kontak om te probeer help asb

humor ·

Ek kan onthou toe z op soeke was na n paar stemme het hy die boere gaan vra vir daai stemme. In die lig van hierdie afgelope gemors waarmee hy besig is, en ook die waternood waarin mense verkeer. onthou tog maar hiedie kwesbare punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.