Foto’s: Cecil John Rhodes se standbeeld geskuif

Rhodes se standbeeld word verskuif Foto: Facebook

Rhodes se standbeeld word verskuif Foto: Facebook

Na wekelange betogings is Cecil John Rhodes se standbeeld Donderdagaand met ʼn hyskraan van die Universiteit Kaapstad se gronde, waar dit vir agt dekades lank gestaan het, geskuif.

Die studente het gejuig toe die standbeeld op ʼn vragmotor geplaas is om na ʼn geheime ligging verskuif te word. Die standbeeld word tydelik verskuif totdat erfenisowerhede ʼn besluit geneem het oor ʼn permanente nuwe staanplek.

Die Raad van die Universiteit het Woensdagaand tydens ʼn spesiale sitting eenparig die besluit geneem om die standbeeld van die kampus te skuif.

Max Price, visekanselier van die universiteit, het aan verslaggewers gesê die verskuiwing is die einde van ʼn onstuimige paar weke wat gehelp het om verdeeldheid op die universiteit te beredder deur middel van gesprekke. “Ek dink ons is nou meer verenig,” het Price gesê.

Rhodes se standbeeld word verskuif Foto: Facebook

Rhodes se standbeeld word verskuif Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Coetzee

Wie is nou meer verenig? Dis seker ‘n grappie.

Peet Schabort

Ek stel voor Nkandla vir die standbeeld.

Dewet

Sommer n groot grap, net soos Dirk se. En Mal Malema wen ronte een

Manie

Waaroor gaan hulle volgende betoog net om nie klas te draf nie.
Dit is nou ‘n sinnelose gemors van geld en tyd. Waar is die LEIERS wat Dissipline en morele waardes moet toepas ??

Hakie

Hoe lank gaan die Afrikaner terug staan en toe laat dat daar so op hom getrap word? Kan ons aldag net sien hoe alles, wie en wat ons is, net so verlore
gaan. Waar is ons mens wees en ons reg? ‘N land sonder geskiedenis bestaan nie. Ons het ook swaar gekry onder kolonialisme, ons voorvaders het op gestaan en op gebou. Ons is dit aan hulle en onsself verskuldig om op te tree vir ons reg. Die reg om ‘n verlede te hê, en die reg om in ons die land ook ‘n toekoms te mag hê.