Foto’s: Chaos bars los in Ventersdorp

Foto: ANA.

Ventersdorp is Woensdag byna heeltemal lamgelê toe inwoners voortgegaan het met betogings oor die versuim van die regering om beloftes oor ʼn ontwikkelingsprojek na te kom.

Verkeersbeamptes is op verskeie plekke in die dorp ontplooi om verkeer te herlei terwyl winkels in Van Riebeeckstraat, wat Klerksdorp en Rustenburg verbind, gesluit was, asook dié op die R53 wat Ventersdorp en Potchefstroom verbind.

Die N14-hoofweg wat Potchefstroom en Coligny verbind en naby Ventersdorp verbyloop, was ook vir verkeer gesluit. Skole moes ook noodgedwonge sluit.

Brandende bande is by die ingang van Tshing-nedersetting geplaas en klippe het die pad bestrooi. Die polisie was ook genoodsaak om ʼn vuur op die R53 te blus en moes rubberkoeëls gebruik om die skare wat weer hergroepeer het by Tshing se ingang uiteen te jaag.

Sello Dassie, gemeenskapsleier, het gesê die betogings sal nie ophou voor die regering die N14-ontwikkelingsprojek, wat sedert 2006 aan hulle belowe is, afgehandel het nie.

“Ons sal volhard totdat die N14-projek afgehandel is,” het Dassie gesê.

Volgens hom moet die N14-projek uit ʼn winkelkompleks, meenthuise, toerisme- en landboutrekpleisters bestaan.

Volgens die polisie was daar nog sedert Maandag wat die betogings begin het geen inhegtenisnemings nie.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is sporadies deur die aand klippe gegooi, maar niemand is vasgetrek nie.

Inwoners het Dinsdag met twee verteenwoordigers van die premierskantoor vergader by die sportterrein in wyk 2 van Tshing. Hulle het die hekke toegemaak en sommige inwoners het geglo die verteenwoordigers word gyselaar gehou – die polisie het dit ontken.

Inwoners het in Augustus die strate bestorm en gekla oor die manier waarop rekeninge uitgewerk word met betrekking tot koopkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ben ·

Hoekom word die publiek verontgerief en die lokale dorp skade aangerig as die klagtes oor die regering gaan? Hoekom nie ‘n verteenwordiger na die regering toe stuur nie? Geen simpatie met julle nie aangesien hierdie ‘n kriminele klankie het.

AW ·

Die Antwoord: Omdat hulle Nie Verder as hulle eie Kort Neuse kan Dink Nie!!!

As hulle lang neuse gehad het…was daar dalk gedoen soos jy vrae/ sê….

Cherokee ·

Dit is mos eenvoudig, Ben. Die regering het nie winkels waarvan die vensters stukkend gegooi kan word om voorraad te stroop nie.

Karolis ·

Dit word geag goed en reg te wees om te plunder en skade te berokken, aldus die polisie weens die geen arrestasies nie.
Ongelooflik.
Kom ons bou ‘n nasie.

MCS ·

Maar hul bly stem vir die ANC. Wanner gaan die mense wakker word en besef die ANC en EFF lieg en bedrieg net en sorg net vir die lot wat in die parliment sit. Om brande testig en dorpe tevernietig gaan niks help dit sit SA net meer terug want sake sien maar net slegter daaruit. Die lig kan maar net nie aangaan in party se koppe.

honourable member ·

Hierdie mense wil alles vernietig. Dis in hulle natuur. Wat het hulle al ooit opgebou vanaf 1994. Ek weet nie van een liewe ding wat opgebou is nie..

Smirre ·

More betoog hulle oor die skool wat hulle gister afgebrand het. Kyk Forrest Gump se Ma het ‘n gesegde gehad – “stupid is as stupid does”. Sy was reg.

Johan ·

Ben, MCS en Honourable Member vat eintlik al drie die hoeke mooi saam in hierdie optrede van diegene wat so dom optree en andere verontrief ten koste van hulself en mede-inwoners. Die regering sit agteroor en lag – of nee doen niks. Daai projek kan die betogers maar op hul maag skryf.

marous ·

Verwoestaard , dra maar purper en goud maar as jy klaar is met jou dade sal jy op ‘n ashoop sit en sere met ‘n pot skerf afkrap ..

Christien vd Westhuizen ·

Pleks kry hulle busse om hulle aan te ry na die parlementslede se huise en stook hulle onder die klippe hulle voel vere vir mense in arm gemeenskappe

Hannetjie ·

Ekt ook al gedink dat dit die gewenste uitwerking sal he…maar..daardie ouens se woonplekke lyk soos forte…en bly in sekuriteitskomplekse..moeilik om daar in te kan gaan

Erika ·

Al wat hulle wil doen is vernietig, afbrand, verwoesting saai!!
More brand hulle en staak hulle weer oor die goed wat hulle afgebrand het.
Haal belhamels uit en sluit hulle toe! Mens kan net dink aan watter party hulle behoort!!

Stephen Namibia ·

Mnr Sello Dassie toerisme seg jy???? Jy is n regte ou grapmaker!

lee ·

Elke dag iets “NUUTS” om oor te betoog.
So gaan die land ten gronde.

Verwoes, brand-af, plunder is aan die orde van die dag.
Maak my den vieste om te sien hoe MY belastinggeld vermors word, dié wat nie met korrupsie vermorse word nie…
S A D

Mark ·

Kruger Dunning effect. Google dit en jy SAL verstaan. Easy as pie!

christa ·

die goed is net verwoestaards. Die regering maak nie soos hulle smaak nie daarom verwoes hulle. Alles verniet verwag hulle . Hulle het niks, is niks en sal nooit iets he nie.

Johannes ·

Dit op 10 Oktober – vergelyk nou hierdie volke se optredes teenoor Pres. Kruger en sy volk se optredes. Wie ontwikkel en bou en skep voorspoed, en wie breek en plunder en skep chaos? Mag daar eendag weer beskaafde Boere Republieke wees.

Smirre ·

@Mark: presies, en om die oorsaak van die KDE te verstaan google iq and the wealth of nations.

jean ·

@Mark….interessante leesstof.!!!!!..en nou sit ons met die gepeupel wat onder hierdie indruk verkeer!

christa ·

ja die treine wat hulle afbrand moet more weer vervang word, ander het die goed nie Vervoer om te gaan plunder en verwoes nie. Noem my een ding wat goed was vanaf 1994. Kyk hoe lyk die stede, paaie, dienste, geen verbetering nie net verwoesting

Krummel ·

Gister geluister na ‘n ingenieur wat met padbou gemoeid was. Hy se daar is geen, maar geen Afrika staat wat soveel KM paaienetwerk het as Suid-Afrika nie. Dit tel 800,000 km, gruispaaie ingesluit. Wat se dit vir mens, daar is net 1 antwoord – die teenwoordigheid van Europeers. Volgens hom is daar tans ook geen geld om ‘n enkele nuwe pad te bou nie, behalwe in Gauteng en die Weskaap.

Pieter ·

Lag ek nou vir jou opmerking Stephen Namibia. Ja ek weet nie watter toerisme Dassie dink hulle gaan trek nie, seker mense wat wil gaan kyk hoe brandstigting werk…

alida ·

As die ANC hulle beloftes nakom en nie die mense vir die gek hou nie sal hulle nie betoog nie. Daar word net talle beloftes gemaak wat NOOIT nagekom word nie.

Anoniem ·

Kani mens glo groot mense wat tatrums soos kinders gooi as iets nie na hulle sin gaan . Uiters swak en wanopvieding !!!!!

Carel ·

Hulle stem vir die regering maar is ontevrede met die regering, wat ‘n klomp dwaasheid!

treurgrond ·

Da peoples stres omdat hulle niks het nie – hulle het nie grond nie – nie huise nie – nie water en ligte nie – nie dit nie nie dat nie – en die eerste ding wat hulle doen is “strike”, brand goed af. Brand skole af wat vir hulle gebou is. Brand alls om hulle – en dan wil hul nog steeds weet hoekom hulle niks het nie – ai ai.

Willehond ·

Brand vier van die agt treine wat oor is. Brand more die ander vier want daar is te min treine! Innie middel mr cyril!

Landi ·

Hulle sal maar self eers moet leer om nie lui te wees en self te werk en te bou. Alles kan nie altyd gegee en belowe word nie. Dis hoekom ANC nie beloftes kan nakom nie. Ask not what the country can do for you, but what you can do for your country! Then you won’t need the pathetic “empowerment” from other places! Do things that makes others respect you, give you selfworth and count you as a contribution, rather than an inconsiderate criminal this country can do without.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.