Foto’s: Chaos by Menlyn-winkelsentrum in Pretoria

H&M in Menlyn, Pretoria (13 Januarie 2018) Foto: @kayfeelow, Twitter

Chaos het Saterdag by Menlyn-winkelsentrum in Pretoria uitgebreek toe lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters by dié sentrum betoog het.

Lede van die EFF het spesifiek op die H&M-winkel toegeslaan en klere rondgegooi en winkelpoppe omgestamp. Die party het ook by die H&M-takke in Sandton, Johannesburg en V&A Waterfront, Kaapstad, betoog.

Die betoging hou vermoedelik verband met ʼn advertensie van die klerewinkel wat vandeesweek opslae gemaak het. Die maatskappy is veroordeel vir ʼn advertensie vir die oorsese mark waar ʼn swart seun ʼn oortrektop dra met die woorde, “Coolest monkey in the jungle”.

Die top, wat vir £8.99 te koop aangebied is, is intussen van die rakke en webwerf onttrek en die Sweedse maatskappy het ʼn verskoning op sy webwerf en Instagram gepubliseer. “Ons wil graag ons posisie stel wat betref die omstrede foto van ons oortrektop. Ons posisie is eenvoudig – ons het ʼn fout gemaak en ons is baie jammer. Dit was ʼn ongeluk, maar dit beteken nie dat ons dit baie ernstig opneem of nie begryp watter ontsteltenis of ongerief dit veroorsaak het nie.”

ʼn Woordvoerder van Menlyn-winkelsentrum het nog nie reageer op ʼn versoek om kommentaar nie.

Die EFF het Maroela na die polisie verwys vir enige verdere navrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

PJ ·

de klerk en kie julle sal dai wigte en teenwigte gou in werking stel anders sien ek groot probleme vir hierdie land onteining van eiendom sonder vergoeding nou net gehoor rhamaposa praat van nasionalisering van die Reserwe bank ens dai wigte en teenwigte nou verseker uiters dringend

MH ·

Jacob Zuma blameer Jan van Riebeeck en PJ blameer de Klerk. Voëls van eenderse vere.

Thinus Coetzee ·

Gladnie voëls van eenderse vere nje. PJ se kommentaar is gebasseer op bassiese feite en logika. Met Codesa, toe die nuwe SA totstand gekom het, het FW (Roelf Meyer, Leon Wessels, ens.) die blanke kiesers gerus gestel dat hulle hulself nie moet bekommer oor oorgawe aan die swart massa nie, aangesien daar altyd wigte en teenwigte sal wees, wat die witmens (by implikasie wet en orde, eiendomsreg, kaart en transport vir die boere, ens.) sal beskerm. Nugterdenkendes daardie tyd, het egter geweet dat hierdie stelling wensdenkery en heeltemal naïf is, want sodra die mag oorgegee is, met die regering, die veiligheidsmagte en die regstelsel onder vreemde beheer, jy voeër of later op geen regte of wet en orde sal kan staatmaak nie. Die hele situasie is eintlik net te gek vir woorde.

chrisp ·

Verbasend en insiggewend die kommentaar van Liberales.
Geen teenargumente nie net emosies .

Ai tog .

Lynne ·

Al wat de Klerk deesdae te sê het, is: “Ek is bekommerd!” 26 jaar te LAAT.

Ronel ·

Absoluut pateties dat daar so opgetree word. As die advertensie van ‘n maatskappy wat oorsee gebasseer is jou ontstel, gaan maak daar moeilikheid. Die mense in SA het absoluut geen beheer oor wat daai mense dink of doen nie, maar ek het vergeet! Daar’s mense wat nie kan reguit dink nie. Staar vas teen dit wat hulle NOU sien.

Rieks ·

Arme H&M. Gedink hulle tree polities korrek op met ‘n swart modelletjie en wat kry hulle nou? As die model in die eerste plek wit was, sou g’n haan daarna gekraai het nie. Ek dink dis nogal ,n oulike opskriffie vir ‘n kind se toppie, maar nou ja ek is “ongelukkig” wit en is alles nie vir my kastig rassisties nie.

Eish ·

Die besigheid moet vooraadopname doen.
Die berig sê klere is rondgegooi en winkelpoppe omgestamp. Nou hoekom is van die poppe kaalgestroop?

Rommelstatus ·

Ek het ‘n aanlyn video gesien oor die verwoesting. Tydens die video kan jy hoor hoe die (klaarblyklik nie-EFF) man in ordentlike Engels kommentaar lewer en lag as die EFF die rakke omstamp. My punt is: watookal die rede vir die onsteltenis, hulle sal altyd afbreek sonder nagevolge. Hulle kaders in die polisie het absoluut niks gedoen nie. Hulle volksgenote dink klaarblyklik anargie en verwoesting is snaaks. Nou moet Menlyn, asook talle ander winkels wat niks met die omstrede trui uit te waai het nie, die skade dra. Want kriminaliteit word toegelaat. O, so terloops, ek het vir myself ‘n t-hemp met ‘n ‘blonde’ grappie aangeskaf. Ek sal maar Woolworths se rakke ook gaan omkeer omdat ek teen myself diskrimineer… Ek is klaar met hierdie tipe mentaliteit. Hulle ken nie van opbou nie, en afbreek word geloof.

POENIE DUVENAGE ·

Wanneer gaan die mense leer om op n beskaafde manier hulle griewe te lug. As om alles gebreek en teverniel. Ek stem saam die verskafffer moet hulle verstand gebruik . Maar die skade aan die winkel ag nee die on nodig.

Johan v H ·

Mens kan baie se oor die advertensie. Maar die EFF se optreede se baie meer…

Grassie ·

Hier is ten minste een misdaad gepleeg, nl. kwaadwillige saakbeskadiging. Die moontlikheid van klagtes soos openbare geweld en intimidasie bestaan ook. Daar staan niks in die berig oor enige polisieoptrede nie. As die betrokke vandale nie opgespoor, gearresteer en aangekla word nie sal dit ‘n besliste aanduiding wees dat ons regstelsel nou finaal in die hek geduik het en dat anargie ons voorland is.

Elvira Bothma ·

Die wetteloses neem oor en doen net wat hulle wil. Waars die polisie?

Flintstone ·

polisie is lankal nie meer wat die naam impliseer nie.Net daar om selektiewe vervolging toe te pas.

Duitser ·

Misdaad word nou gepleeg onder die vaandel van demokrasie die rooi klomp raak meer arrogant elke dag en die rede hiervoor is die sleggeit van die belasting diewe in blou

Monicque ·

Shame, is maar swaar as mens geen sin vir humor het nie…. dan wys jy maar jou ware kleure….

Deloris ·

As ek die winkelgroep is, wat omverskoning gevrahet ….. niks met SA te doen nie….. sal ek onttrek uit die land…. en NOG meer mense is werkloos ….
Enige rede om hulle stempel af te druk….

Michael ·

Polisie….wat n grap hulle is nonexisting tensy n minderheid groep aan die verkeerde kant is dan laat die klomp geen steen onaangeraak nie ek stem saam met Presedent Trump wat n sh** hole land.

Tokkie ·

Net as ek dink niks kan my meer skok in hierdie pragtige land van ons nie dan gebeur so iets – die EFF is totaal oppertunisties en gebruik elke geleentheid om hul kiesersgetalle te bou – hulle teikenmark is die oningeligte en ongeskoolde massas – hulle maak hulle stem dik in die parlement oor ekonomiese transformasie en breek terselfde tyd beleggersvertoue af !!!

Waarheid ·

En, Francois, die wêreld neem kennis dat Pres. Trump wel reg is. Hierdie is inderdaad ‘n ‘s….hole’.

Apie ·

Dit is nie mooi om mense se uiterlike voorkoms aan dinge te koppel wat hulle persoonlik gaan opneem as “spot” nie. Dit beantwoord nie aan billikheid in medemenslike naasbestaan nie. Die reaksie daarop is egter net so skreiend. Grootmense? Leiers?

Annie ·

Kom nou van Clearwater sentrum af. ‘n Gemors daar ook. Hoekom word die spul in die eerste plek in die sentrums toegelaat om dit te doen?? Kastig polisie teenwoordigheid…. G’n wonder al wat mens is wil padgee uit SA nie!!

Mich ·

Moenie die Polisie blameer vir alles nie. Ondersteun hul eerder.
Klink vir my hul is almal ontplooi by die ANC se 106 jr vieringe EN by die krieket SA/Indië ( Centurion).
Die EFF is slim. Moenie hul taktiek en haat onderskat nie.

Poplap ·

Dankie Mitch. Dat jy bietjie vir die polisie opkom. Ja die meerderheid is sleg, maar die ouer manne kry swaar. Mag nie meer ‘n vinger lig. Kriminele lag in hulle gesig, en hulle moet maar net glimlag

Riana ·

Het die EFF niks beter om te doen. Wys jou net hulle wil vir niks werk nie wil alles verniet he en dan breek hulle dit ook af te onnosel om die humor te sien wil hulle asb nie net van die aardbol af verdwyn nie. Hoop die winkel groep ontrek dan sit hulle maar sonder werk

Y steytler ·

Ek sal graag Nando’s se advertiense wil sien , in antwoord hierop.

Amanda ·

Hoe kinderagtig, word hul nou al geintimideer deur ñ slagspreuk op ñ t-shirt. Het hul so lae selfbeeld. Word wakker. “Get a life”

Dissie ·

Sou ‘n wit seuntjie dit gedra het, sou dit dan aanvaarbaar gewees het of sou hulle toi-toi oor diskriminasie? Dis juis hierdie optrede wat wys dat hulle hulself minderwaardig ag en hul hulself uitsonder vanaf enige ander rasse.

Amanda ·

Hoe kinderagtig en pateties. Word hul deur ñ slagspreuk op ñ t-shirt geintimideer. “Get a life”

Lena ·

“The issue is never the issue.” Hierdie is slegs ‘n verskoning om die land gewelddadig te begin verwoes soos Mao Tsetoeng voorheen jongmense gebruik het om in China te doen. Daar is tot bome, blomme en tuine uiteindelik verwoes. Dis so maklik om te praat en af te breek, so moeilik om te swyg en op te bou. Die verskil is doelwit en karakter.

Wiehan ·

As die maatskappy aan my behoort het, het ek dadelik aan die land onttrek. Sal dan sien waar kry die mense werk. Gaan die EFF nou ook teen alle Amerikaanse besighede be too en skade aanrig no Pres. Trump se op merkin
Dan moet hulle KFC’s, Mcdonald’s ens teiken. Miskien moet hulle op You tube na ‘n Afro-American pastoor met die naam James Manning gaan kyk. Sal dit wat hy sê ook rassisties wees. Indien wel, daar was al so baie gesê dat net blanket rassiste is, wonder wat hulle sal sê oor Pastoor Manning. Gaan kyk gerus!

Kokkie ·

Ek kan glad nie verstaan hoekom die EFF dit doen nie! Volgens my wys hulle nou juis aan die res van die wêreld hoe hulle regtig is. In ‘n artikel van die New York Post maak die Ma van die kind selfs bekend dat die mense dit nie so ernstig moet opvat nie en sy juis trots is op haar kind.
Ag nee wat EFF julle wys net julle ware vere!

Irene ·

Was dit wit mense wat dit gedoen het is hul almal toegesluit op met knuppels gemokker
Ag nee hoe kan die wet dit toelaat dat eff net wil doen wat hulle wil waar was die blou klere

Boy van die Suburbs ·

Stem 100% saam met jou! Laat die wat nog moet hoor, nou hoor! En, laat die wat nou nog moet sien, nou vir eens en vir altyd sien!

msp ·

Die grootste rassistiese party in die hele wereld is die eff. Niks anders as ook die grootste aanblasers van alle geweld in Suid Afrika nie.

PJ ·

Nee MH feite waarheid maak seer seker jy het seker nou net gelees van die vrou wie se agt tone afgekap het in n aanval de klerk en kie se nuwe suid afrika

Roxy ·

Die top se…..coolest monkey in the jungle….ek sien niks fout daarmee nie,ek sal dat my kind so top dra,die probleem is net die “kleur” van die kind wat dit aanhet,wanneer gaan mense begin leer om kleur in alles raak te sien……sou die kleur van die kind anders wees is ek seker daar sou niks van gekom het nie,as ons nie ander kleuriges gebruik vir advertensies nie….is ons rasisties….en as mens doen word daar altyd onsedelike gedrag uit geoefen….vir n boodskap wat net die raaksien wat die kleur raaksien….wens ek kan een oggend wakker word en die wereld kan 1 kleur wees…..alles…karre,geboue,mense…..en more weer 1 ander kleur……

Oopkop ·

Dit wil vir my voorkom elke keer as die anc/regeerders van die land n kontroversiele besluit bekend maak soos bv vandag se nasionalisering v d reserwebank, ruk die eff op en veroorsaak chaos iewers. Om die aandag af te trek natuurlik. Hulle is iemand se puppets. Let n bietjie meer noukeurig op…

Lee ·

Sou daar steeds soveel chaos uitgebreek het as ‘n wit kind die model was met die woorde op ‘n oortrektop: “Coolest monkey in the jungle?”

Johan ·

Nee, al die jare word daar spottend na blanke kinders as apies verwys en ons word nie kwaad daaroor.

Trop dier ·

Iemand het op ”n tyd gesê: Never underestimate the power of stupid people in large groups. You will get a dangerous organism = EFF

Sune ·

En as hulle enigsins bietjie verby hulle eie issues kon kyk, sou hulle weet Swede is seker een van jou mees Liberale lande, alles en almal is gelyk, hulle sou nie eers mik in daardie ringting nie…maar mens kan seker nie verwag hulle weet van beter nie…

Lientjie ·

Ek wys nou net die “omstrede” foto vir my 16 jarige dogter en vra vir haar wat dink sy daarvan. Eerste woord was “cool” sy sou dit elke dag dra want dis groen (haar gunsteling kleur). Ek vra haar wat dink sy van die woorde. Haar antwoord nadat sy die advertensie goed bekyk het was dat dit lyk of daar ‘n komma na die “the” is. Ai tog EFF word groot!!! Soms is mens maar geneig om die “Bobbejaan agter die bult te gaan haal”. LOL!

Wouter ·

Suid Afrika sirkus kort net n tent Alles word uit verband geruk

Franciske ·

Net nog meer n rede om te “loot” en te vernietig, daar sal altyd n rede agter iets wees, daar word geleenthede soos die gebruik om eintlik net te neem vir hulself en op so manier in die kollig te wees, net jammer dit is vir die verkeerde redes! Ek is seker daar is n paar goed weg soos wat ek daardie winkels bekyk.

Pieter ·

Die maatskappy, H&M, vra kruiperig om verskoning vir die advertensie. Wat eintlik moet gebeur, is om ‘n eis teen die EFF vir skadevergoeding in te stel vir kwaadwillige saakbeskadiging. Dan moet hul ook aandring op ‘n openbare verskoning van die EFF as voorwaarde om verder in SA besigheid te doen. Maar nie een hiervan sal stellig gebeur nie. Groot besigheid glo in gatkruip (verskoon die woord!).

Hendrik van George ·

Wat was Trump se wyse woorde nou weer oor Afrika? Baie waar President Trump…. Afrika was, is, en sal altyd n “long drop” bly….

Coolest Monkey in the Jungle ·

Het niks respek vir die eff nie. Hulle gedrag is regtig waar van swak gehalte. ANC & DA is oorverdowend stil.

Bella ·

So ‘n bohaai oor ‘n top! Regtig!!! Het iemand ‘n geweer teen die ma se kop gehou of het sy toesteming gegee omdat sy niks verkeerd daarmee gesien het nie. Daar is nie eers ‘n prentjie op die top hierbo in die artikel nie!! Hierdie is net weer ‘n kwaadstook en rassehaat aanblaas v ‘n klein groepie mense wat lei aan tonnelvisie en minderwaardigheidswaan en dink hulle kan hulle soos hooligans gedra in die naam van “ the peoples power for economic feedom” Pateties!!

Adam ·

Wat ‘n skreiende skande. Enigiemand wat goed met Engels bekend is sal weet dat dit algemene spreektaal is om na klein kindertjies as “monkeys” te verwys. Mense is besig om totaal simpel te word en ongelukkig ook nie net in SA nie, maar ook leders in die wereld, Waag jy as ‘n goed gemanierde man om ‘n vrou voor jou by ‘n deur te laat instap, word jy as seksisties beskou. Robert De Niro se tirade by die Golden Globes was totaal absurd en sy vroulike ewekniee se swart gewade was eweneens belaglik, om van Oprah se sg “presidensiele” toespraak nie eens te praat nie. Kan ons as mense nie bloot terugkeer na goeie waardes en respek teenoor andere betoon nie. Die EFF se optrede is gewoon vandalisties en daar is geen, maar geen verkoning vir sulke optrede nie.

GerhardG ·

Ek neem aan die winkelgroep sal ‘n siviele eis teen die EFF instel….?

Ben ·

Onttrek uit die land, kleremaatskappye. Ons sal dit verstaan, want die dienste wat julle aan hierdie land lewer word duidelik verag. Dit is baie hartseer om mooi jongmense so te sien optree. Dan dra almal volgende jaar bosmodes soos van ouds.

Hein ·

Kwaadwillige saakbeskadiging is ‘n kriminele misdryf, wat gepleeg word deur misdadigers.
As die EFF se lede hulle soos ‘n rampokkerbende gedra, moet hulle nie verbaas as hulle as ‘n rampokkerbende beskou word nie.

Katryn ·

Die modelletjie word obviously betaal vir die advertensie.. as dit so ‘n issue is, hoekom het die ouers dan nie onmiddellik kapsie gemaak nie!??

juan ·

ek het n vermoede die polisie is teenwoordig om te sorg dat die eff ongestoord kan voortgaan om hulle demokratiese regte uit te oefen – dit gaan nie goed lyk as n verfynde winkelbestuurder die eff voordanser met n winkelpop bykom nie, wie gaan die anc dan kan gebruik om die “boetie maak baba bang” speletjie teen die minderhede te speel?

Francois ·

Die eff het ‘n nuwe skelwoord ,die m-woord geskep en dit tot die status van die k-woord verhef. Niemand sal daardie woord weer kan gebruik sonder om aan rassisme te dink nie

Anne De Lange ·

So ek mag maar die kker rondstrooi soos ek voel. Dis toelaatbaar. Veral as jy in n winkel wat jul klere op of hoog baie hoig dat jy nie daar kan by kon nie. Geen helper in sig. Maar ek het van daardie hempies gehou veral vir die winter. Aitog.

Jannie van Rooyen ·

Net jammer dat 99.9% van maroela se Commin..tators nie H&M se optrede ten sterkste veroordeel nie…..say no more.

Marius Ellis ·

Dit wys hoe dom “slim” mense eintlik is… dis nou die ontwerpers van die slagspreuk ens. Met politiek kan jy hulle geensins vertrou nie. Kyk maar net hoe SA lyk na die “slim” mense se hartsbegeerte van 25 jaar gelede.

Wit gesig ·

Alles kon beskaafd Opgelos geword het.
Ons betaal Vir die armes van die land genoeg belasting
Ek glo nie die Mense Wat hul so gedra betaal belasting nie
As mens Vir iets betaal het jy respek en respek Vir ander Se eiendom.
Die Mense het nie so groot geword nie en dra nie by tot SA Se ekonomie nie.
Etiket en ordenklik E oprbrengs is nie in hul sige nie.
Dis kinder mental iteit en sielkundige probleme en dis te laat Vir verandering.
Dis kriminele opt rede en mnr Malema moet nie so op tree nie.
Die Mense moes inhegtis geneem word Maak nie Saak watter kleur hulle is nie.
Ons regering moet ophou kleur gebruik Vir versioning S en die Wat skuldig is aan enige wangedrag in hegtis neem as hul Wette en reels oortree.
Punt.

Elle ·

Hierdie nuus is reg oor die wereld. Weereens lag die wereld oor sulke kinderagtige dade. Gooi maar weer die speelgoed uit die kot uit! Word wakker en bekommer julle self oor meer belangrike dinge. Gieie advertensir vir mense wat daaraan dink om SA te besoek, NIE!

Annelize ·

Enige verskoning is verskoning genoeg om te plunder en te verwoes…

christine ·

wil net sê was dit ‘n wit model, dan was daar geen betoging – swart kinders se model loopbaan nou bedreig deur EFF se dwase optrede

Nou toe nou ·

Ek weet darem nie. EK sou vir my kind ‘n top koop waarop staan: Smartest monkey in the jungle”..? Ek sal dit nie persoonlik opneem nie want my kind is ‘n MENS.. Die slagspreuk is net ‘n slagspreuk, soos “sharpest tool in the shed” is.. Moet ek ‘n hardewarewinkel gaan omdop oor ek voel ek is nie ‘n “spanner” nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.