[Foto’s] Chaos by NWU

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Chaos het Woensdag by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus uitgebreek te midde van berigte dat veiligheidspersoneel skerp ammunisie gebruik het en ʼn student dood is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn motor van ʼn veiligheidsmaatskappy en twee universiteitsgeboue is tydens die onluste aan die brand gesteek. “Niemand is al in hegtenis geneem nie en ons ondersoek die voorval.”

Volgens berigte is die administrasie- en wetenskapgebou aan die brand gesteek. Koos Degenaar, woordvoerder van die kampus, het vroeër gesê talle studente is beseer nadat hulle met veiligheidspersoneel slaags geraak het.

“Daar was vanoggend ʼn geleentheid gehou waartydens die nuwe studenteraad ingehuldig is,” het hy gesê. “Studente het die geleentheid ontwrig. Veiligheidspersoneel het rubberkoeëls en traangas gebruik om die studente uiteen te jaag.”

Degenaar het gesê berigte dat ʼn student tydens die onluste dood is, is onwaar. “Dit is nie waar dat iemand dood is nie. Die gerugte dat veiligheidspersoneel skerp ammunisie gebruik het is ook nie waar nie.”

Studente het veiligheidspersoneel glo met klippe bestook toe hulle versoek is om te verdaag. Die studente het glo bymekaargekom en geëis dat Benz Mabengwane, voormalige president van die studenteraad, hulle toespreek.

Degenaar het gesê klasse is Woensdag opgeskort weens die geweld op die kampus. Op die Mafikeng-kampus se Facebook-blad is studente aangeraai om onmiddellik die kampus te verlaat ter wille van hul eie veiligheid. “Die kampus sal onbepaald gesluit wees weens brandskade. Alle studente moet die kampus verlaat en huiswaarts keer aangesien dit moontlik ʼn aansienlike tydperk sal neem om bedrywighede te hervat. Studente sal minstens ʼn maand vooraf kennis ontvang van wanneer die kampus sal heropen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

anna ·

hulle het gesoek en hulle het gekry. moenie die polisie of veiligheidsbeamptes blameer nie
want hulle is daar vir wet en orde. blameer die kwaadstokers.

Sputnik ·

‘n Mens wat homself as beskaafd ag voel om maar eerder geen kommentaar te lewer nie. Só tragies!

Trolle ·

Ja jy is reg Sputnik daar is nie woorde wat jy mag gebruik om hulle te beskryf nie.

DPJ ·

Die is nie student nie maar net deur trapte TERRORUISTE wat die kampus betreë het.

AL ·

Janee, brand af! More huil jul weer dat daar nie genoeg universiteite is nie.
Meeste van die ‘gerugte’ wat versprei word is net om kwaad te stook onder mekaar om meer moeilikheid te veroorsaak. Dis pateties, kan hul nie besef dat hul eintlik aan hul eie toekoms ook skade aanrig nie???

Pieter dp ·

Ja so word die blanke ge blameer vir als wat kama verkeerd is. Maar die probleem is in eie geledere. Geskep deur die ANC. Nou sit hul met hul hande in hul hare. Nou sal ons sien hoe werk hul met hul eie geskepte swart ongehoorsaame burgers.

Ernest ·

Ons leer nou eers by die “beskaafdes”…….brand alles af en hou net die Admin gebou waar graad sertifikate gedruk word. Miskien kom dit in die toekoms met ‘n brand aanhangsel wat as addisionele aanbeveling sal dien by werksaansoeke. Afrika ‘ O Afrika,…..jou einde is in sig……

Akram ·

Genugtig. Dit raak net erger. Die plek word verwoes, n more kla hulle weer dat hulle nie plek het om te studeer nie. Wat gaan hulle dan afbreek of brand?

Eddy ·

Ai,apartheid het die arme mense darem so sleg gemaak,of het dit. Is hulle nie “freeborns”nie.Miskien moet elkeen maar n free diploma kry dan kan hulle soos hulle freedom fighter ministers en president miljoeners en biljoeners word. Weet net nie waar al die geld vandaan gaan kom nie. Moet seker die wit melkkoeie wees

Liewe Heksie ·

Enigste plek op aarde waar jy graad kan vang as jy ……….. aanvang!

Sê maar net ·

En dit mense is ons land se toekoms? As hulle dit nou al doen, wat gaan hulle doen as hulle moet werk en hulle soek iets. Ook die werksplek afbrand en betoog om hulle sin te kry? As hulle werk en hulle soek verhogings soos hulle dit wil hê en ni kan kry ni, gaan hulle mos ook afbreek, afbrand en moeilikheid maak? Dan gaan hulle huil hulle is onderdruk en kan nie vir hulle families sorg nie? Dis voor die hand liggend dat hulle dit gaan doen. Eintlik jammer hulle kry als wat hulle wil hê en vat wat hulle wil hê. Wonder wat dink die res van die wêreld van SA

Johann Marx ·

Afrika potensiaal. Dis hoe dit lyk, dis wat dit is….en niks en niemand kan dit verander nie. Dit word geneties bepaal….Gaan lees Gods, Genes en Consciousness deur die Rev Paul von Ward….dan sal julle verstaan.

NEL ·

Se maar net, belowe jou die wereld sit verslae en kyk hoe S.A tot in die grond regeer word. My seun is in South Dekota , besig om vir hom geld by mekaar yte maak om terug te kom en ‘n besigheid hier te begin. So pas gister aand laat weet dat sy planne het drasties verander na die gemors die laaste twee weke in S.A. Dit is ‘n skande dat ons land so swak regeer word en Zuma en Kie doen niks om dit regtestel nie. Lyk meer hulle verlekker hulle in die toetand wat die land is.

StopTheMadness ·

Sê asb vir jou kind hy moet bly waar hy is, gaan jy liewers na hom toe!!

Sê maar net ·

NEL laat hom daar bly. Hy is veilig. Ek kan jou een iets sê mt di stand van sake sal ek seker maak al my seuns gaan weg na ‘n land waar hulle ‘n toekoms kan hê. Breek my hart om dit so te doen, maar dis maar so

Kobie ·

Nel, ons het 2 jaar in Nederland gewoon en in 2000 teruggekom na die R.S van A. toe – GROOTSTE FOUT in ons lewens … Nou moet my seuns klaar leer op die NWU en seker maak hulle kan oorsee gaan werk en hierdie gemors agterweë laat – Daar is geen redding vir die land nie met ‘n President as Hanswors nie.

Chris Ras ·

As dit oorlog is wat hulle soek. Dan moet ons dit vir hulle gee!!!!!!!!

StopTheMadness ·

Hoe lank kan n mens terug sit en kyk hoe jou kinders se toekoms vernietig word?

Koos ·

Ek weet darem nie of ‘n student wat die voorreg het om te kan studeer, sy/haar toekoms sal afbrand nie. Eerder Eff se gesante om te gaan verwoes? Is daar toegangsbeheer om vreemdelinge uit te hou? En wat doen sekuriteit/polisie? Kyk maar anderpad en is deel v/d probleem? Ek se maar net.

Benjamin ·

Ek stem saam, al hierdie chaos wat op die oomblik aan die gang is word deur die propoganda masjiene gefabrikeer – dit is immers eleksie tyd. As 30% van die mense wat deelneem in hierdie teroristiese dade studente is of enige iets tedoen het met tersiere onderwys sal ek werklik verbaas wees.

François ·

Geen kommentaar! As ek sê wat ek wil, sal my mening nie geplaas word nie!

StopTheMadness ·

Hierdie sg studente is besig om MY kinders se toekoms te vernietig. Chris Ras, dalk het jy n punt beet. Hoe vêr kan n mens gedryf word??

Kernneels ·

Ek was ook in die klas van 1976. Maar terwyl politieke partye die jeug van Sharpville ens laat opstaan het met liberation before education het ek geleer. Nou se hulle wat ek in lewe bereik het in ‘white privilege’ Nou 40 jaar later is dit weer opstande voor leer, Ons kinders wat dit wel regkry on in die gaos iets the bereik is dit oor ons leer of oor ons wit is.

Kobie ·

Wat het geword van die Voorreg om te studeer, maar nee – Die regering van die dag het ons jeug geleer om te “Demand”, dis jou Reg, nie ‘n Voorreg nie. Waar gaan die onnoselike spulletjie nou leer, seker weer die dorp afbrand omdat die Universiteit nie meer daat is nie … Work wakker!

Karen b ·

Die beriggewing is verkeerd. Daar is nie n student dood nie. Die punt wat ek egter wil maak is dit; is die mense wat hierdie skade aanrig, die mense wat ons aan uitgelewer gaan word wat hierdie land in die grond in regeer?

Ursa ·

Dit is nie die studente nie dit is die EFF wat als vernietig en afbrand….!!!

tamboti ·

Ursa, die studente is EEF, hulle vorige SR voorsitter was EFF. As al die betrokkenes vir ‘n slag gearresteer of geidentifiseer word kan bepaal word wie is wie – geen toegang beheer = geen beheer.

Jan ·

Jare terug is skole afgebrand omdat hule nie Afrikaans wou skoolgaan nie. Nou word daar baklei omdat hule nie wil he Afrikaners moet Afrikaans skoolgaan nie, seker maar omdat die standaard hoer is as die Engelse klasse. Maar NWU is al jare net Engels en oordonderend Swart, maar nou ja die regering in SA is ook swart en kyk hoe lyk die land. Geen wonder dat die Zulu Koning se dit het beter met sy mense gegaan onder Apartheid as nou. Dan lees ek “https://www.linkedin.com/pulse/statement-juju-mkize-src-president-university-cape-town-upton” en dink dan daar is hoop vir die land, maar daardie mense is dun gesaai

Pieter van Niekerk ·

Moenie veralgemeen nie. Die gebedsaksie by Tukkies dui duidelik aan dat daar swartes saam met blankes staan teen die geweld.

Noddy ·

Kon “vriend” FW rerig nie daai tyd voorsien het dat sulke goed gaan gebeur nie? Maar almal wat toe al gewaarsku het hierteen is uitgekryt as verkramptes ens. En nou nog die nuwe onteieningswet ook! SA se naam kan maar verander word na Suid-Zim.

jack ·

Dis hoogtyd dat die chaos by universiteite met mag van watter aard ook al bestry word. Dis n minderheid van studente wat die wette van die land verkrag en krimineel optree. As ek geboue vandaliseer en aan die brand steek slaap ek vanaand in die tronk maar duidelik het hierdie vandale en anargiste n lisensie om te maak soos hulle smaak. Die regte optrede is om hulle met fisieke metodes n duur les te leer en agter tralies te kry sodat studente wat wil leer die reg gegun word om so te maak.

Armand ·

Se vir my wat doen enige ander land met n terroris?? Hul verwyder hul sluit hul toe of skiet hul op slag dood as jy jou land se ekonomie verswak jou trein stasies verbrand as ook universiteite en mense se lewens dreig en in gevaar stel dan is jy n terroris geen simpatie… n vraag vir die glo anti rasiste is dit regverdig om te sing kill the boer kill the farmer!!! Julle sal gestraf word eendag, jul is geen beter as ons voorvaders wat apartheid was nie…

Adrian ·

Waar is blade , tjoepstil dis sy en julias se kinders wat hier aangaan . Ons het ISIS hier ???????

Jef ·

Tydens die apartheids tydperk het die toenmalige jeug ook al hulle skole afgebrand want hulle wou niks he van die blankes nie. Ons het toe al ons belasting geld gebruik om vir hulle skole te bou.
Dit was die tyd dat ons blankes se oe moes oop gaan en ons moes saamstaan om daar n halt aan toe te roep maar dit het nie gebeur nie, nou is dit veels te laat en sit ons nou met die gebakte pere.
Daar is nou te min blankes in SA om enige iets uit te rig of n verandering te weeg te bring, ons het n kans gehad om dit alles te voorkom maar het dit nie met beide hande aangegryp nie.
Trane in my oge, dit is wat ek daarvan oorgehou het.

Donovan ·

Jef, my broer ek weet presies wat jy van praat… daardie dag toe Konstand Viljoen uit daardie vergadering gestap het en ons uitverkoop het… daardie dag sal ek nooit vergeet nie… Maar ja tyd het geloop en ek moet vir jou sê die Here het my asem weg geslaan in 1994 met die oorname, almal het reg gemaak vir oorlog en die wêreld het hulle asems op gehou want hier gaan RSA op soos n fakkel…. Maar die lewende God het in gegryp… Nelson Mandela sterf…. ou Siener van Rensburg het ons vertel van die nag van die lang messe… En daar verras die lewende God ons weer… So wees verseker my broer die lewende God het n plan met my en jou en al ons ander mede burgers van die land… ongeag of ons ou wittetjies so min is… God is God van gister, vandag en more… Hy is in beheer so haal asem en vrees nie want dit is presies wat die duiwel by jou wil kweek… Vrees is die evangelie van die HEL broer…

Donovan ·

lekker man wat se verskoning gebruik hulle nou… daar is nie Afrikaans in Mafikeng nie… Ek hoop Jay Naidoo en kie wat hierdie demon lewe gegee het in die apartheids jare sien nou duidelik wat hulle aan geboorte gegee het… dit is lekker om te sien dit wat hulle daardie tyd gesaai het maai hulle nou… die selfde stok waarmee Billiam sy donkie mee geslaan het piets hom nou terug…
Ek moet ook sê lyk my nie die probleem verg enige aandag by ons regering nie… ek reken as hulle bietjie ons weermag inroep om orde op ons universeteite te herstel, sal dinge weer na normaal terug keer o jinne daar is nie meer n weermag nie…

Jef ·

Donovan, my maat jy verstaan, ek stem 100 % saam met jou, eintlik staan ons nooit alleen nie want God is altyd met ons maar ek se eerlik dat ek so nou en dan voel of ek en ander alleen staan, dankie jy het my wel weer insig gegee en stof gegee om goed oor na te dink.

andre de kegel ·

ons gee nie veel lommentaar nie ,met pyn in die hart sien ons een van die mooiste lande van Afrika of beter van die wereld kapot gaan ,julle moet een ding doen es die leiers van die EFFin die tronk steek vir alty ,hulle es een van die die oorzake en ook die regering es baie korupt dat es wat ons Vlaming en de rest van die wereld denk

Oud-Kovsie ·

Hoor nou net op OFM …Die Noordwes-Universiteit ondersoek die moontlikheid dat studente van die Mafikeng-kampus na die Vaal- en Potcherstroom-kampusse verskuif kan word om hulle akademiese jaar te voltooi . Wonder net waarheen skuif hulle dan ons kinders as die Potch kampus ook afgebrand en gevandaliseer is??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.