[Foto’s] Chaos in Bela-Bela; talle vas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Rubberkoeëls is Dinsdag afgevuur en talle mense is in hegtenis geneem toe betogers in Bela-Bela, Limpopo, onder meer ʼn gebou aan die brand gesteek en polisielede met klippe bestook het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê woedende betogers het die dorp se strate ingevaar en amok veroorsaak, na bewering oor ʼn besluit deur die dorpsraad om munisipale tariewe met R500 te verhoog.

“Talle mense is in hegtenis geneem nadat ʼn gebou en die burgemeester se voertuig aan die brand gesteek is,” het Mojapelo gesê. “Betogers het die strate wat na die informele nedersetting lei, en dus ook die mense in die nedersetting, [van die res van die dorp] afgesper. Die polisie moes rubberkoeëls afvuur om die skare uitmekaar te jaag. Dit is nog nie duidelik of enige van die inwoners seergekry het nie.”

Mojapelo het gesê twee polisiebeamptes het wel geringe beserings opgedoen toe hulle met klippe bestook is. “Openbare-orde-polisiebeamptes is met ʼn Njala op die toneel ontplooi om die situasie onder bedwang te bring.”

Hy het gesê aanklagte van brandstigting, kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Hierdie barbaarsheid raak nou afgesaag. Altyd ontevrede oor alles maar dra tot niks in die samelewing by nie. Ai ai

Anti ............ ·

Ons kinders het met speelgoed gespeel waarmee het jou kinders gespeel vuurhoutjies!! Hahaha!!! Maak vuur gebruik alles om jou en as dit klaar is skuif na die volgende bome. Daar word in elk geval nie betaal vir dienste nie nou hoekom kla. Gelukkig is ons gewoond om te betaal daarom brand ons niks want anders betaal ons in elk geval weer vir dit.

Alida ·

Daar was meenigte male vergaderings, optogte deur ons hele gemeenskap die was nou maar net die laaste strooi. Dis wat daar nie vir julle vertel word nie. add asb change for Bela Bela op facebook, daar sal u meet inligtig verkry. Ons pragtige dorpie is deur die stere getrek, water en ligte rekeninge wat verhoog is met n ekstra R500 pm. Die verkeersligte werk al Amper 8 mande nie meer nie. Daar word gedruk om meer the betaal vir swak tot geen dienste. Daar is nie geld om paie reg te maak nie, maar daars geld vir n nuwe lukse motor vir die burgermeester…. Dis nie net die mense wat in die township protester nie, dis die Helle Bela Bela. Ken eers die volle waarheid voor jy begin klippe gooi oor wat reg en verkeeed is.

De Villiers ·

Die Afrika-manier om jou ontevredenheid te wys. Barbaars. En dan wil die regering almal as gelyk bestempel en dat ons hande moet vat en die land bou. Nee wat, daar is groot verskille tussen die Westerse- en Afrika benadering oor belangrike kwessies soos hierdie. Ek is nie bereid om ons as gesin se standaarde so te verlaag nie.

Elize ·

Het die mense nie n meer beskaafde manier van onderhandel as brand nie.hoekom moet hulle alles brand wat hulle oe sien. Nee dis so so barbaars.

Kas ·

En dis waarom Afrika en sy mense nooit sal regkom nie, hulle bly hierdie fout maak, oor en oor en oor en oor. Kort geheu.

cor ·

Hierdie is niks nuuts nie die regering van die dag het die voorbeeld gestel toe hulle die aparheidsregering probeer omverwerp het, deur middel van maksimum wanorde en brandstigting. Nou hoe sal die huidige generasie nou weet en verstaan daar is ander maniere om probleme en swak dienslewering op te los, dit word dan daagliks vir hulle vertel hoe die vorige generasie gemaak het om hulle sin te kry. So dra die gevolge van swak voorbeeld stel.

Johann ·

Ja as jy nie daarvoor betaal nie en alles verniet kry en wil kry, doen mens so. Jy breek en brand af. Iemand anders sal of het mos betaal daarvoor.

Hendrik ·

Weet nie waarom dit onder die nuus geplaas word nie. Dis nou ons nasionale sport.

Penellope Jones ·

Liewe genugtig.
Hulle wil alles he, maar wil vir niks betaal nie en as dit nie onmiddellik gedoen word soos en wanneer hulle dit beveel nie, dat word vuurhoutjies uitgepluk!
Hoe bou mens ‘n land en ‘n toekoms met sulke denkwyses??

Varkie ·

Burgermeester se kar het gebrand sooo beteken die een gaan net weer n nuwe een moet aankoop met staatsfondse… slim plan haha

Chaos ·

Die groot probleem is dat daar n druk groep is wat hier genoem word wat die gemeenskap aan hits.
En dit alles slegs vir een persoon se mags stryd!!

Ai my ou Warmbad… is nou letterlik n WARM BAD!!

Pik ·

Alida dit gaan oral so maar die verskil is hoe mens dit benader hier in ons plek maak ons alles reg sonder om te vra vir hulp . Saterdae is sy paadjie sny dag en almal spring in en werk die gate in die pad maak ons self reg alhoewel hulle se dis onwettig doen ons dit nee kyk om alles verder op te neuk help niks benader dit anders en julle kan n verskil maak

tamboti ·

Onnosele optrede of nie, die wortel van die probleem is dat ons almal gemelk word vir amptenare se persoonlike rykdom en geen diens nie!
VERSTAAN JULLE NIE WAT ALIDA SKRYF NIE?
Natuurlik kan ons self ‘n paar gate toegooi en hier en daar gras sny of skoonmaak, maar wat kan ons doen as die Muni nie Eskom betaal nie, water en rioolwerke in stand hou en rekeninge korrek en op datum hou nie? Die amptenare luister nie, hul werk nie maar hul lag vir ons in hul vet handjies dat hul vet rolle so skud in hul blink 4×4’:
Nee wat “join die crowd” en brand alles uit en stop om te betaal.
Die “crowd” sal nooit demokrasie verstaan nie en hul leiers en amptenare ry die golf – nee tsunamie, van die land se laaste lewensbloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.