[Foto’s] Chaos in Pretoria se strate

Die amptelike Tshwane-metropolisiemotor wat omgerol is (Foto aan Maroela Media verskaf)

Die amptelike Tshwane-metropolisiemotor wat omgerol is (Foto aan Maroela Media verskaf)

Drie metropolisiebeamptes van Pretoria moes Maandagmiddag vir hul lewe vlug nadat ʼn groep ontstoke ANC-lede hul amptelike voertuig aangeval het.

“Hulle was besig met roetinepatrollie, onbewus dat hulle in die rigting van die betogers ry,” het Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, aan African News Agency gesê. “Hulle is met klippe bestook. Al drie is beseer. Hulle kon van die betogers weghardloop en het hulp ontbied. Die betogers het gevlug.”

Die betogers het die amptelike motor op die besige kruising van Francis Baard (Schoemanstraat) en Beckettstraat in Arcadia omgerol.

Die gewelddadige betogings het Sondag in Pretoria begin ná die ANC aangekondig het dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat vir dié stad sal wees.

Volgens omstanders het die betogers ook ʼn motoris, wat foto’s van die onluste wou neem, se selfoon gegryp en dit vernietig.

Mahamba kon nie bevestig aan watter politieke party die betogers behoort nie. “Ons wil nie bevestig dis die ANC of enige ander party nie. Ons sê dit het gebeur en ons stel ondersoek in. Ons sal die oortreders vind.”

Paul Mashatile, voorsitter van die ANC in Gauteng, het Maandag sy takke in Pretoria versoek om Didiza te ondersteun tydens die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Hy het gesê Kgosientso Ramokgopa, die huidige burgemeester, sal sy dienstermyn voltooi. “Hy is ook die streeksvoorsitter in Tshwane. Hy sal saam met comrade Didiza werk,” het Mashatile gesê.

Die ANC in Pretoria is glo verdeeld tussen Ramokgopa en sy adjunk streeksvoorsitter, Mapiti Matsena. Matsena was glo bo-aan die lys as burgemeesterskandidaat.

Ramokgopa is in 2011 deur die provinsiale uitvoerende komitee as burgemeester aangewys om by sy tannie, Gwen Ramokgopa, oor te neem. Sy is in daardie stadium as die adjunkminister van gesondheid aangestel.

Maroela Media verneem die geweld het intussen ook na Soshanguve, Mamelodi en Atteridgeville uitgebrei waar brande in die straat gestig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Martin ·

Ons land sal nooit weer die selfde wees nie en nooit weer reg kom nie want daai betogers kom niks oor van die skade wat hule aan rug nie.

Cherokee ·

Daai kar was op sy rug. Dit is die skade wat hulle aanrig.

Sybrand ·

23 Putco busse is ook al uitgebrand. Een persoon is geskiet.

Schalk ·

Vir al wat ek om gee, kan hulle al wat n Putco en Red Star bus aan die brand steek.

JaNee ·

Glo nie eens hul weet waarom hul so moet optree nie. Ons land in chaos elke dag en dis te verstane met geen voorbeeld van ‘n leier.

Kaspaas ·

Op sy kop…

Ek dink hierdie gaan een van die geweldadigste verkiesings ooit wees. As dit nou al so gaan dink hoe gaan dit wees as die ANC sekere metros en munisipaliteite gaan verloor

Dirk Kroonstad ·

Soos altyd deur eeue herhaal geskiedenis met altyd dieselfde gevolge. Dus is die einde van die ANC in huidige vorm in sig.

Sybrand ·

Net 2 busse is toe uitgebrand. Dis ANC lede wat sê Tshwane behoort aan die Pedis en Ndebeles, en Didiza is ‘n Xhosa.

Dalk goeie rede ·

Dit is dalk n Baie goeie ding in hierdie geval dat hulle betoog want Zuma druk sy mense in en die plaaslikes aanvaar dit nie. Die probleem is net dat hulle busse beskadig wat nie die kernoorsaak aanspreek nie. Hulle moet voor die ANC kantore en Zuma homself so betoog.

Cherokee ·

Die ANC het jàrre gelede gesê hulle gaan die land onbeheerbaar maak.
Hulle het woord gehou. En nou ly hulle self daaronder.

Alfonso ·

Ek verbeel my ek het iewers gehoor hulle noem dit “demokrasie”

GES ·

Die brose cANCer alliansie is besig om uit mekaar te val. Die etniese verskilletjies is skynbaar te groot om te oorbrug. Velkleur speel nie eens ‘n rol nie en kyk net wat gaan aan. Die bloedbad (emmer bloed wat omval) wat siener v Rensburg gesien het is nader as wat verwag word. Hierdie gaan ‘n toets vir ons geloof wees soos nog nooit.

Rissiepit ·

GES, Siener v Rensburg het nie dalk die grootste volksveraaier wat al hierdie onheil oor sy eie volk en taal gebring het as ‘n bleek siel met die voorletters F.W. en kamerade Roelf & Pik gevisioeiniseer nie???

Derick Coetzee ·

Tell the people the best way of objecting to the ANC’s ” own internal democracy” is to vote for any other party in tge elections. This is the only and safest manner.

snoefie ·

hulle is almal te bang vir Zuma. ek sien ons gaan ook met die volgende verkiesingn eerste in SA he. ou zuma virn derde termein as president.

Grap ·

Let the fun and games begin…..slim gaan sy baas hier vang net soos in Potchefstroom

Beulah ·

Hierdie is die werk van die EFF onder skuilnaam v d ANC. Geen demokrasie met geweld nie. Mag God SA help dis wat ek bid.

Sê maar net ·

Beulah,
DIT IS DIE ANC.
Niemand anders nie. Die ANC rakkers is vinnig om hulle self te verontskuldig, maar ek belowe jou dit niemand anders as die ANC self nie. Onthou, hulle het dit in die verlede gedoen, so hoekom nie weer nie.
Die EFF is net Zuma en die ANC se projekkie om hulself te beskerm indien die ANC die of enige ander verkiesing ooit verloor. Google koalisie, en sommer staatsgreep ook.

Anton Coetzee ·

Politicians must fall. Dink die wereld sal ‘n baie beter plek wees sonder hul!!!!

Elizabeth ·

‘Politicians and diapers must be changed often, and for the same reason’ – Mark Twain
Hoog tyd!

Theuns ·

Hier is ‘n hele paar kommentators wat sien wat ek sien. Dit is definitief die ANC se Zuma faksie wat die brande stig, op mense skiet, eindom beskadig en mense aanrand. Het julle al daaraan gedink dat die “onluste” georkestreer word deur Zuma self? Onthou hy wil die volgende doen!
Eerstens wil hy die verkiesings stop onder die dekmantel van die land is nie stabiel genoeg vir verkiesings nie. Hy wil aanhou regeer al is dit as ‘n Diktatorskap . Onthou hy wil nie tronk toe gaan nie en hy wil sy vliegtuig he. Ek twyfel of daar weer verkiesings sal wees? Ek sien hom nou hoe lekker giggel hy in sy kantoor in die Unie Gebou!

Theresa B ·

Ek stem Martin. Die polisie is ook nie opgewasse teen hierdie onopgevoede onbeheersde wesens nie. Want hulle weet ook dat hulle niks sal oorkom nie. Hulle kan doen wat hulle wil.

Willie ·

En die wereld sien Wat aangaan. Wie wil in SO land iets Kom doen. BAIE DANKIE ANC ???

humor ·

Verseker is rommelstatus n onafwendbare werklikheid!!!!!!!!!

Zettie ·

Kom ons brand sommer nou alles af en dan begin ons weer voor met ons belastinggeld.

Pierre ·

Dit is interessant dat die Politici van hierdie land skitter in hulle afwesigheid. Teen die tyd sou daar verwag kon word dat die agbare President, sy Minister van Veiligheid en Sekuriteit, sy Adjunk en ander belangrike rolspelers hierdie saak al sou probeer ontlont het. Die krisis is dat hierdie betogende massa besig is om ‘n land en sy ekonomie lam te le. Mense wat afhanklik is van ‘n hoofroete na sy werk moet noodgedwonge omdraai omdat paaie afgesper word en jy nie jou lewe kan waag om daar te ry nie. Hierdie is die begin van groter chaos, as dit nou so gaan wat gebeur op 3 Augustus.

Penellope Jones ·

Mens kry al die idee dat dit chaos nou ‘n gewoonte geword het, ‘n heerlike tydverdryf.
Geen verantwoordelikheid is mos nodig om iets aan die brand te steek of wat ookal nie.
Doen net wat die brein voorstel!

Maria van Dieweeck ·

Kan ons nie n biddag reel, landswyd, vir vrede en teen korrupsie? Ps 109:6~16 n gebed vir Zuma

Cobus ·

Se net waar en ons is daar. Politisie kan nie meer ons land red nie. Net God kan.

Chris ·

Waarom wil jul bid vir Zuma? Hy is vervangbaar , Bid eerder vir ons volk om terug te keer na God sodat ons weer soos ouds kan staat maak op volksgenote. Dan sal ons dalk n verskil kan maak en Suid Afrika weer n God vresende land word. Tans staar ons, ons blind aan die oppervlakkige gebeure in ons land terwyl “hul” besig is om Volk se kultuur en geskiedenis uit te roei soos onkruid. As daar ooit n tyd was vir die afrikaner volk om sy God aan te roep is dit nou, Want ek is bevrees op n latere stadium mag ons dit berou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.