[Foto’s] Chaos op N1 ná skietvoorval

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

Verkeer op die N1-noord en -suid word erg ontwrig ná ʼn skietvoorval tussen die Rivonia-afrit en die Buccleuch-wisselaar.

Volgens Emer-G-Med het polisiebeamptes ʼn motor agternagesit na ʼn huisroof in Roodekrans. Die verdagtes het glo op die polisie losgebrand en die beamptes het teruggevuur.

Twee verdagtes is gewond. Volgens Emer-G-Med is een verdagte in die bors geskiet en was hy in ʼn kritieke toestand terwyl die ander verdagte slegs geringe beserings opgedoen het.

Dit is in dié stadium nie duidelik hoeveel verdagtes daar was nie.

Verkeer op die N1-noord word intussen erg ontwrig aangesien talle bane gesluit is weens die misdaadtoneel. Verkeer op die N1-suid word ook ontwrig weens nuuskierige motoriste.

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos Meyer ·

Alle politieke partye sal eers krimitaliteit moet oorwin, voordat die land vorentoe sal beweeg.

Wat-ek-lees ·

“skietvoorval tussen die Rivonia-afrit en die Buccleuch-wisselaar”. So die twee het op mekaar geskiet? Dis nou wat ek (wil) lees . . .
Mens wonder net waarheen gaan al daardie koeëls wat nie die voertuie tref? Werklik ‘n leeuwêreld waarin ons leef. Hulle is ook seker opgeneem in die beste hospitaal sonder om ‘n mediese kaart te hoef wys.

Andre ·

Hulle kry onmiddelik profesionele mediese behandeling , van die beste ! Maar wee jou as jy n sieklike ou mens is of nie n mediesefonds kan bekostig nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.