Die Buccleuch-wisselaar in Midrand, Johannesburg, is Vrydagmiddag in alle rigtings vir verkeer gesluit nadat ’n gastenkwa tydens ’n botsing omgeslaan het.
Die gastenkwa en twee motors was in ’n botsing op die N1-noord by die wisselaar betrokke waarna die tenkwa omgeslaan het.
Verskeie bane is hierna aan albei kante van die N1 gesluit voor die wisselaar gesluit is en daar begin is om verkeer by ander af- en opritte te herlei.
Verkeer word onder meer by Rivonia-weg, Allandale-weg, Marlboro-rylaan en Woodmead herlei. Dit het tot hewige verkeersopeenhopings op snelweë in die omgewing van die wisselaar en by die onderskeie op- en afritte gelei.
Na wat verneem word, is die vragmotorbestuurder in die botsing beseer en na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
- Talle bane aan albei kante van die N1 is aanvanklik gesluit. (Foto: @itrafficgp /Twitter)
- Die Buccleuch-wisselaar is later in alle rigtings vir verkeer gesluit. (Foto: @itrafficgp /Twitter)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
So bly ek nie daar anders was ek nou nog verdwaal
wat van die insittendes in die motors, het hulle nie ook seer gekry nie
‘n Snelweg het slegs twee Bane (bv. een Ooswaarts, en die ander dan Weswaarts).
Elke baan kan dan uit onderskeie Lane bestaan.
(Kry bietjie die verkeersingenieurs-terme korrek, asb.)
Wie was verantwoordlik gewees vir die ongeluk, die tenkwa het op sy sy gelê teenaan die middelman sowel as die twee voertuie, op pad Pretoria toe het ek daar verby gery toe die verkeersafdeling nog daar besig was.
Die Buccleuch-wisselaar bestaan uit talle snelweë wat vanaf die N1 vurk, met ander woorde “bane” was gesluit. Google die wisselaar.