[Foto’s] Chaos op Pta-paaie oor vragmotorstaking

Die vragmotors naby Lynnwood-weg op die N1-noord. Foto: Twitter

Die vragmotors naby Lynnwood-weg op die N1-noord. Foto: Twitter

Talle hoofroetes na en van Pretoria word deur vragmotorbestuurders geblokkeer.

Daar is stilstaande of stadig bewegende vragmotors op die N1-noord by die Garsfontein-afrit, op die R21-noord naby die Nellmapius-afrit, op die N14-noord by die Jeanlaan-afrit en op die N4-noord naby die Solomon Mahlangu-afrit.

Volgens berigte hou die vragmotorstaking verband met steenkoolaflewering vir Eskom. Die bewerings kon egter nie bevestig word nie. Die vragmotorbestuurders beweeg glo na die Uniegebou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

JZ was in pta ·

My bewering is eerder dat dit tedoene het met zumpi wat gister in pta was en dat hulle die DA munisipqliteit sleg probeer laat lyk.

DNA ·

JA en so word die ekonomie verder tot a halt geroep, gevolg deur grond besetting ens.
2017 gaan maar sukkel sukkel

gerbrandt ·

Maroela, waar is die arikel van Anneline Kriel? Ek kon sweer ek het gister iets oor haar gesien en dit het net verdwyn of het my oe met my parte gespeel?

Varkie ·

Daar n rede hoekom ek al 5:30 by my huis uit suiker werk toe.. en eers 18:00 kan terug ry

Marietjie ·

Teen daai sou jy al gestaan het as jy noord gery het. Ek het die mense agter daai klomp jammer gekry. Baie het al buite hul karre gestaan. Gelukkig het ek suid gery

Spoed ·

En daar is ‘n minimum spoed op snelweë. Gee elkeen ‘n SPOEDkaartjie!!

Oupa ·

Die verkeerspolisie skitter in hul afwesigheid: is hulle deel daarvan, slaap hulle nog, of sit hulle elders agter hulle spoed-kameras? Lekker proeflopie vir toekomstige anargie!

Theresa ·

Amen. Maar maak dit dubbel die bedrag, omdat hul die rede is dat baie mense laat kom vir werk en selfs ongemak moet verduur a g v uittrapsessies al is dit nie hul skuld dat hul laat is nie.
Ry ook bitter vroeg weg en later weer huistoe – eintlik nonsense om dit so te moet doen, net omdat daar belhamels en wanbestuur is in ons sonnige land.

tom ·

Ek dink ons boere moet dit ook doen en sommer al die hoof roetes in die hele land toe maak dat die anc en eff besef hulle krap aan n verset wat baie slegte gevolge vir die land inhou

Sophia ·

Volpak met trekkers ja stadig met duisende John Deere en Fergusons…wat kry jy nog? Ry daai paaie toe met majienerie van n boere.

Karma ·

@tom – dit is ‘n BRILJANTE idee! As die steenkool-vragvervoer industrie dit aan gebruikers van nasionale paaie kan doen, dan kan die blankes – nee, trouens, almal wat wil standpunt inneem teenoor wit rassemoord – dit ook doen! Ja vir trekkers wat teen ‘n SLAKKEPAS in elke stad, dorp en gehuggie verkeer belemmer. Met baniere wat uitskreeu: STOP BLANKE VOLKSMOORDE!!! #FarmInvasionsMustFall en #StopKillingTheBoers! Komaan, Afriforum, Solidariteit en die VF+ – waar is julle?

Realisties ·

Mense… Moet asb nie die protes aksie vandag direk met ras assosieer nie. Meer as 80% van daardie trokke kos ‘n miljoen of meer, en behoort aan iemand… en ek bedoel NIE die drywer nie. Die eienaars van die trokke gaan ook miljoene verloor deur Eskom se besluit en ek is seker daardie trokke se eienaars het TOESTEMMING gegee dat die trokke daar mag wees vandag. Dit is dus nie “alweer” swart Suid Afrika wat dit of dat aanvang nie, maar ALMAL wat geld gaan verloor. Wees realisties.

Theresa ·

Al het almal toestemming om op te trek om ‘n standpunt te bewys en om vir die regte rede ‘n saamtrek te hou, is dit nie nodig vir die bestuurders van die vragmotors om die bane vol te ry en ander mense te benadeel nie. Sulke gedrag sal altyd gekritiseer word (met reg).
Ry dan in een ry waarheen daar gery moet word en gun ander ook die gebruik van die pad.

Gerald ·

Stem absoluut saam met jou,dit is nie die drywer se voertuig nie die eienaar het hom toestemming gegee om met die trok te gaan deel neem

Jane ·

ESKOM betaal al van lankal af nie sy ‘afleweraars’ en diensverskaffers nie. Van die besighede (van persone wat bekend is aan ons) het al toegemaak oor die jare agv wanbetaling van hulle kant af. Ek ondersteun absoluut die vragmotorbestuurders en vragmotorbesighede, want dit lyk asof die fout by ESKOM lê. Hulle werknemers (veral bestuur) kry enorme salarisse en bonusse, maar hulle weier om diensverskaffers hulle deel te betaal. Step it up!

lynni ·

Party foto’s lyk soos Kaap elke dag lyk. Minus paar vragmotors.

Hannetjie ·

HAAL ALLE TROKKE VAN SNELWEG TUSSEN 7H00 EN 9H00 AF. ..en natuurlik in middag vanaf 16H00 tot 18H00

Suzette ·

Dit is maklik om te sê haal die trokke van snelwee af, maar het jy al ooit gedink dat baie van die aflewerings- en konstruksievoertuie op aandrang van die kliënt daardie juis daardie tye móét ry? (Daardie aflewerings van verbruikersgoedere of boumateriale is dus eintlik vir jóú as klant). Hulle betaal baie duur lisensiegelde en het ook die reg om die pad te gebruik. As hulle net op die pad kan wees as niemand anders dit gebruik nie gaan hulle nie hulle werk kan doen nie. Hoekom moet hulle in die nag en oor middagete en na 18:00 werk as die paaie vir almal gebou is?

tom ·

Realisties onthou ons is nie die persone wat die ras kaart gooi dis jy al wat ons se daar is ook baie baie vragmotor eienaars wat hulle besighede verloor het as gevolg van die regering se swart ekonomiese reg stelling so daai trok eienaars wat nou strike vind uit hoekom hulle strike wand daar is ook groot kurupsie hulle kry nie kontrakte

PJ ·

Onthou guptas het ok trokke wat steenkool ry wil brood altwee kante gebotter hè kernkrag steenkool myne uraan myne

Zumie ·

Hoeveel werkgewers gaan hulle werknemers dissiplineer vir deelname hieraan?

Bollie ·

My eggenoot het vanoggend 5 uur Johannesburg toe gery vir privaatbesigheid. Waarom moet hy gestraf word vir Escom se nalatigheid?

DD ·

Gee die duiwel wat hom toekom. Hierdie groep protesteer ten minste vreedsaam. Hulle intimideer niemand en niks word verwoes nie. Ek is langs hulle verby vanoggend en dit was rustig. Ek werk in Pretoria middestad en sien gereeld hoe hierdie optogte kan verander in chaos. Respek vir hierdie trokbestuurders.

MANIE ·

Ek hou van die manier van protes. Ongelukkig luister die regering nie na mense wat protes aan teken deur in mooi rye te loop soos laerskool kinders of ons nou daarvan hou of nie. Die regering verstaan nie die taal van om n tafel gaan sit en onderhandel.Ek kry die indruk afrikaners probeer altyd oordentlik wees by protes optrede. My waarneming is dat die regering baie bly is oor die manier van protes want tenminste hoef hulle nie aandag aan die mense se probleme te gee

Magda ·

Soos baie ander het ek in die middle van die chaos beland oppad werk toe. Wat ek nie verstaan nie, is dat daar GEEN SAPD of METRO inisig was nie. Die manne blok net doodeenvoudig met n taxi of bakkie die pad en sodra jy nie ry soos hulle jou wil dwing nie ,raak hulle aggressief. Dit is n onwettige staling-hoe werk dit?

Chris ·

Een ding moet ek ons medeburgers toegeë, wanneer hulle oor iets vies is maak hulle groot ontwrigting. Ons wittes is te slap om iets daadwerkilks soos dit te doen. Ook nie vreemd nie is dat die ontwrigting in plekke gedoen word wat die meeste impak op die algemene publiek en ekonomie het. Ek het raad met die huidige bestel, maar dit sal beslis nie geplaas word nie. Ons moet maar gedienstig en gedweë ons wang draai en om die braaivleisvure na ‘n paar B’s en C’s ons daaroor op ruk. Ons wittes/blankes is nog nie in die hoek gedruk nie.

Eliska ·

Hoekom moet ons gewone burgers gestraf word vir iets wat niks met ons te doen het nie? Ek was een van die ongelukkiges om in hierdie gemors te sit vanoggend.

Santie ·

Ai ai en never a dull moment in this country. Cry my beloved country…. en dit gaan aan en aan…..

Piet ·

Daar is die Guptas seker bang die steenkoolmyne wat hulle gesteel het bring nie meer geld in nie… Nou laat hulle die mense maar staak.

Sue ·

Hoekom kan motors nie die pad blokeer vir vragmotors om te verhoed dat hulle die paaie geduurende spitsverkeer nie gebruik nie…ook die vragmotors wat al drie lane va n die snelweg te gebruik om mekaar teen dieselfde spoed verby gaan nie?

Pieter ·

Daar was vooraf goedkeuring gekry vir die spoed beperkte protes konvooi van 200 swaar vragmotors op die snelweg en stedelike paaie om en in Pta naas die Unie gebou waar die Protes Skrif oorhandig sou word. Vele vragmotors het soms te stadig gery en moes stadig verby gesteek word, binne die spoedperk, wat tot 3 bane vol stadig verbygaande vragmotors in bedlag geneem het, Daar is vroegoggend reds op 702 ingebel om in te lig dat daar waarskynlik normale verkeers onwrigying sal wees agv. die groot vragmotors protes bekendmakings veldtog. Verkeers overhede kon niks doen nie want dit was vooraf goedgekeur. Vir vele Eienaars, Bestuurders en bystands werkers is dit neusie verby, want Eskom benodig 3 Miljoen Ton, oftewel sowat 100,000 trokvragte minder gekarweide steenkool die jaar, Vrye mark vraag en aanbod waarby afleweraars moet aanpas of uitval. 200 Trokke x 500 vragte elk per jaar = 100,000 vragte x 30 Ton elk = 3 Miljoen Ton minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.