Foto’s: Chaos op snelweg ná 7 trokke, 5 motors bots

Die ongelukstoneel. Foto's: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto’s: Netcare 911

Die N3-snelweg tussen Villiers en Warden in die Vrystaat is Woensdagmiddag ure lank gesluit ná ‘n kettingbotsing tussen sewe vragmotors en vyf voertuie.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk ongeveer 10 km voor die Wilge-tolhek in ʼn suidelike rigting plaasgevind.

“Sigbaarheid was baie swak weens rook van ʼn veldbrand in die omgewing,” het Steinmann gesê. Ses swaarvoertuie en drie motors het ná die botsing aan die brand geslaan.

Altesaam 20 mense is in die botsing beseer. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die hoofweg, in albei rigtings, moes vir etlike ure vir verkeer gesluit word om die toneel op te ruim.n3 warden wilge ongeluk netcare 911 2

Die polisie ondersoek die ongeluk.

n3 warden wilge ongeluk netcare 911 3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Saamprater ·

nr1,”Shoe!, daars rook oor die pad”.nr2,” Ja ek sien, kom ons versnel dat ons gou daardeur kan kom”. nr1″ Ek dink jy moet stadig ry sodat jy eers kan sien of dit veilig is”. nr2′ My taxi bestuurslisensie lesse het gese ek moet versnel as ek so iets teekom”. nr1,” Weet die eienaar van die trok dat jy eers ‘n taxibestuurder was?” nr2, ” Nee, nooit, haai wat staan hier voo…..

Lawrance ·

Villiers en Warden in KZN????????? Regtig Phillip Bruwer en redaksie. Sê my ook waar julle die nuwe landkaart gekoop het.

Griet ·

Ja-nee ek wonder ook wanneer het daai provinsiale grense so woes geskuif??
Nee man, Maroela, maak seker van julle feite voor julle berigte plaas ! !

henk ·

iemand behoort transnet oor te koop en te privatiseer en hierdie trokke van ons paaie af te kry!

"Huh!" ·

Haai Lawrence en Griet. Hoekom so wild sarkasties? Maak julle nooit foute nie?

2Roedolf1 ·

Dis net jammer die drywer kommentaar kom van mense wat nog nooit agter die stuur van n swaervoertuig was nie .Proebeer 56 ton stop al ry jy 40 km per uur dis glad nie maklik nie ,en transnet is reeds geprivatiseer 1997 dis was eers spoorwee onder die ou regering en staats eiendom gewees

Paul ·

Transnet is nie geprivatiseer nie. Dit word steeds deur die Suid-Afrikaanse staat besit. Die struktuur van die maatskappy is wel in 1990 ingrypend verander vanaf iets wat amper ‘n “staatsdepartement” was in regsterme tot ‘n openbare maatskappy (steeds in staatsbesit).

HEVW ·

Ai, ai, dis hoekom ek liewer stilbly. So verberg ek maar my onkunde. Ag elke outjie maak n foutjie. Moet nie te hart wees met teregwysing nie.

HEVW ·

Ai, ai, Dit is hoekom ek maar liewer stil bly. So verberg ek my onkunde. Elke outjie maak n foutjie. Moet ons nie maar liewer praat van n bestuurder – kommentaar, en nie van n drywer nie. Ek reken as daar n span donkies was wat gedryf was, sou daar nie n ongeluk gewees het nie. Laat ons liewer sag wees met mekaar.

Andries ·

Daar is nou meer vragmotors op ons paaie as motors. Dit gaan baie goed met die ekonomie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.