[Foto’s] Chaos, plundertog by UK

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Chaos het Dinsdagaand by die Universiteit van Kaapstad (UK) uitgebreek toe betogende studente op ʼn gewelddadige plundertog gegaan en polisiebeamptes skokgranate afgevuur het.

Geweld het glo uitgebreek nadat die betogende studente geweier het om aan die universiteitsbestuur se eise te voldoen. Studente verbonde aan die Rhodes Must Fall-beweging (RMF) het vroeër vandeesweek ʼn plakkershut in Residence-weg opgerig. Die plakkershut was glo simbolies van die instelling se beweerde diskriminasie teen swart studente wat nie blyplek kan kry nie.

Die universiteit se bestuur het die RMF tot 17:00 Dinsdag tyd gegee om die plakkershut te verwyder. Hulle het egter nie hieraan gehoor gegee nie en die polisie en ʼn private veiligheidsmaatskappy is omstreeks 20:30 na die kampus ontbied om die plakkershut te verwyder. Chaos het uitgebreek toe studente en polisiebeamptes slaags geraak het. Minstens twee studente is in hegtenis geneem en beserings is aangemeld.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Volgens die universiteit het die betogende studente vroeg Dinsdagaand skilderye en ander kunswerke uit die Smuts, Fuller en Jameson-koshuise verwyder aan die brand gesteek. Die studente het ook asblikke, ʼn bakkie en bus van die Jammie-pendeldiens aan die brand gesteek. Nog ʼn bus is met klippe bestook, terwyl verskeie brande ook regoor die kampus gestig is.

Dr. Max Price, visekanselier van die UK, het gesê die betogers het dit duidelik gemaak hul doel is om met die polisie en private veiligheidspersoneel slaags te raak en die universiteit tot stilstand te bring. “Ons is vasbeslote om nie toe te laat dat ʼn klein groepe gewelddadige betogers 27 000 studente en 4 500 personeellede verhoed om hul reg om te studeer en te werk uit te oefen nie.”

Volgens Price is die universiteit in die proses om ʼn interdik teen die betogers te kry. “Kriminele aanklagte sal teen die betrokke partye aanhangig gemaak word. Ons het met stappe begin om agt studente te skors. Dit is uiters betreurenswaardig dat ʼn beweging, wat met die belofte begin het om te veg vir kwessies van maatskaplike geregtigheid, versleg het tot ʼn groep wat krimineel optree en slegs een agenda het, naamlik om die universiteit tot stilstand te bring.”

Price het gesê die betogende studente se optrede is onaanvaarbaar en kan nie geduld word nie. Hy het gesê die universiteit se bedrywighede sal vandag [Woensdag] voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Paperdoll ·

Ek staan beskaamd voor die wereld om myself ‘n Suid Afrikaner te noem te midde van wat hier aangaan. Dis barbaars om die minste te se.

Dee ·

Jy mag skaam wees daarvoor maar ek is trots om ‘n Suid Afrikaner genoem te word want ek is ‘n blanke Suid Afrikaner en ons het nie deel aan die vandalistiese afbreek van die land nie. Om skaam te wees laat ek oor aan die blanke lede en kiesers van die DA omdat hulle deel is van die verwoesting van wat so onlangs soos twee dekades gelede nog die toonaangewende land in Afrika was.

Vic ·

Ag, maar om die toonaangewende land in Afrika te wees vat ook nou maar nie veel nie, Dee.

Maar Max Price en sy trawante het maar gesoek hiervoor – toe die groepie verlede jaar chaos veroorsaak het, is hulle toegelaat om dit te doen en Maxxie het toegegee aan al hulle eise.

Henry ·

Ek is ‘n Afrikaner wat in ‘n Afrikastaat woon.
Afrikaners is deel van hoogstens 5 miljoen blankes (hoofsaaklik van Wes Europese herkoms).
Afgesien van die feit dat ons dieselfde staat bewoon, deel ons nie dieselfde norme asook ‘n hele boel standaarde wat te veel is om hier te beskryf.
Wat die ander inwoners (ongeveer 50 miljoen) van hierdie droewe land aanvang, vertel alles oor hulself en is van geen belang of betrekking op my, my os, of my esel wat in my poorte vertoef nie.
Kry vi’ d’julle!!!

J van Rensburg ·

We raised sheep while hoping the wolves will play nicely

Riaan ·

Ek glo nie net agt persone is vir al die chaos verantwoordelik nie. Daar moet baie meer wees. Verwyder almal van Kampus af dat dinge na normaal kan terugkeer. Moenie ingee vir hulle “demands” nie. Dis al wat hulle ken:”Demand, demand, demand”!

Mariaan ·

Verkeerd julle dis apartheid apartheid dis al Wat hulle ken.ag sorry man hulle het n nuwe woord leer ken .demand dis darem al 2 woorde en dis al Wat n vasity en die anc hulle in 20 jaar kon leer.

Mariaan ·

Nie eers ongeleterdes doen so veel skade as die supposedly geleer design op vasity nie.dan wil die anc vir ons wys maak dat die juig die toekoms is.ek dink nie so nie.

Berhalet Beukes ·

ARRESTEER EN VERVOLG HULLE! So eenvoudig soos dit!

Will i am ·

Nou moet hul eers geld by betogers kry om skade reg te maak. Dit is mos maklik om net te brand en te breuk. Alles sal mos net gegee word. Wil hê het nou te erg geword. Werk vir iets. Alles is nie verniet

Realis ·

Hulle wil nie net die universiteit tot stilstand dwing nie maar ook Suid Afrika

Ansie ·

Wat verstaan ons nie mense het amper verniet matriek gekry wil nou grade verniet kry waar trek die jaar en hoeveel klasse kon al gedoen gewees het! In ons land wil hulle alles verniet he of daar word geplunder en gedemand want almal is tog so bang!

André ·

Ansie hulle sê nie vernier dat geskiedenis homself herhaal nie. Dit wat wat nou gebeur het in die jare 70’s en 80’s ook gebeur. On het dit net “onluste” genoem, en dit het in die sogenaamde “townships” gebeur. Dit het net verskuif nou na die voormalige beskawing. Inteendeel, die regering van die dag is BAIE meer “pers” as destyds.

Johann Marx ·

Welkom in Afrika!! G’n wonder die helfte van die parlement, en elke staatsinstelling se CEO het gelieg oor hulle “kwalifikasies” nie. Sou jy op so kampus wou studier?? hahahaha…

Theo ·

Ek wou vir n oomblik die opmerking maak van “dis nou ons sogenaamde toekomstige leiers wat so optree” toe onthou ek die voorbeelde van nr 1 en die rooi beret sirkus.

Jan maak n Plan ·

Nee Oom Kallie – Die land is al lankal besig om die universiteite se pad te loop. Die land het net baie meer om afgebreek te word.

John ·

Elke keer as mense wie se party in die beheer van die land staan nie hul sin kry nie, vat hulle wat hulle wil, breek af, steek alles aan die brand en hop op en af dat die stof so staan. Dit is duidelik dat selfs die mense wat die meeste vir hulle gedoen het in die apartheidsjare, soos die UK, nie gespaar bly nie. Die land gaan binnekort soos Zimbabwe ea noord van ons lyk. Ons ekonomie, as mens die woord nog durf gebruik, gaan ‘n hond-eet-hond situasie word, met plakkerskampe van die Limpopo tot by Tafelberg. Geboortebeperking was nog altyd ‘n vloekwoord onder die swartes as sou die apartheidsregering daarmee hulle wou uitwis. Nou is dit weer apartheid se skuld dat die baie mense nie werk het nie en nie meer skole en universiteite gebou het, wat hulle kan beset nie. As jy die gans wat goue eiers le, dood maak, moet jy self die eiers le. Enige student wat skilderye van mure pluk en beelde beskadig om te bewys dat hulle gratis studie aan ‘n inrigting verdien en die bestuur van so ‘n inrigting val daarvoor, teer hulle die pad na die afgrond.

Trolle ·

Volgende lees ons dat Max Price n rassis is en onmiddelik sy pos moet verlaat?

neelsie ·

Hierdie is maar net n rookskerm .
Die ‘mense’ sal met niks tevrede wees nie.
Dis maar net n verlenging van Malema se mentaliteit.
Hy wil die land in vlamme sien opgaan om sy doel te bereik.

Spioen ·

Dr Max Price se seun was ‘n voorloper van die feesmustfall protes! Hy was gearesteer ook, en sy pa het gedink hy was ‘n held. Kry vir hulle!!!!

Spioen ·

Dr Max Price se seun Ilan Price was die voorbok gewees van die feesmustfall protes. Hy was gearesteer ook en sy pa het gese hy was ‘n held!!! Waar is sy grootmond seun nou om die res van die gemors te stop?

Lynette ·

Raak ontslae van elke persoon wat deelgeneem het. Elke aksie het n gevolg en dis tyd dat die klein monstertjies daardie les leer. Hulle verdien nie n universiteitsopleiding nie. Hulle hoort in die tronk.

hans ·

Die vernietiging van die kunsskatte ens is n groot geskiedkundige asook geldelike verlies vir land en universiteit. Lang tronkstraf en nie skorsing is die oplossing plus siviele eise vir skade aangerig.

Patricia ·

Ag nee man dis n pot snert brand maar als af. Niks is verniet nie wie gaan nou moet betaal vir die skade. Die tax betallers sluit die UK want hulle wil nie leer nie net verwoes. Laat hulle by hulle huise gaan kamstig leer. Dan kyk ons nou of hulle dit ook so gaan verwoes. Die wat dit afbrand moet betaal. Skors hulle vir goed van enige Universieteite. Moet alles afgebrandword om n punt te bewys. Daar is beter maniere om te praat. Dit is wragtig barbaars en n groter gemors.

Meraai ·

Ja nee wat! Hulle het net weereens bewys hulle is by die verkeerde “kampus”. Kriminele moet by die “staatskampus” ingeskryf word. Korrektiewe dienste kan hulle die “opvoeding” gee wat hulle kort!
Dit is verblydend om te sien dat dr. Max Price, uiteindelik besluit het om stappe te neem. Daar is immers studente wat BAIE GRAAG wil studeer en wie se ouers bloedgeld betaal om dit te kan doen.

chanel ·

het julle mooi na die fotos gekyk? Daar is wit studente ook in hul midde……. Wat se dit vir ons?

ig ·

Chanel,daar is wit gesigte in die ANC, EFF ,DA .SAKP ens,Go Figure ala Steve

phillip ·

Is hulle almal Studente? of is dit buitestaanders wat aangery word om moeilikheid te maak?

André ·

Heelwaarskynlik aangery Phillip. Hulle is seker ‘n brood en T-hemp belowe.

GES ·

Wat jy saai sal jy maai …… Hierdie vuurtjie het ‘n groot vuur geword en gaan nie geblus word nie voordat alles vernietig is. ‘n Vis word vrot van sy kop af en nie anders om nie. So, in kort maak skoon van bo af en dinge sal reg kom. Dr Price jou voorbeeld was “priceless”, jy kan maar ook gaan.

HEVW ·

Alle kommentare dui eintlik net op een aspek en dit is die gebrek aan gesag en disipline. As gevolg van politieke aspirasies word dit onmoontlik gemaak. Die Deense Weenkoor kan gerus hiervan kennis neem. Liberalisme ken net een doelpunt en dit is Vryheid in absolute sin. Daar is geen perke aan hierdie strewe nie. Hul haat die begrip gesag en disipline. Dit wat hier aan universiteite plaasvind, is die uiteindelike vrug van hierdie bose ideologie.

Chanel ·

Jy is reg IG. Dis net vir my hartseer om dit te sien, en ek wou seker maak ek sien reg,.

tamboti ·

Die staat (Zuma) het gekies om nie hierdie onlusmakers en (nie-)vreedsame betogers, onmiddelik en ferm vas te vat en hulle optrede afkeur en ook die oortreders behoorlik te straf nie. Dit gebeur oral in ons land en die staat gebruik dit om hulle eie politiek te bevorder.
Wat hulle nie besef nie is dat dit hulle (die ANC regering en enige opvolgende swart regering) ondergang bewerkstellig. Die populasie oefen rewolusie en sodra dit uitbreek sal dit nie weer stop nie, die enigste uitweg daarop sal (soos in ander Afrika en kommunistiese lande) ‘n staatgreep en militere bewind wees.
Daar sal nie weer orde en studie by enige van ons Universiteite wees nie, al word almal Engels en ten volle gratis.
Volgende jaar gaan alle Afrikaanse skole geteiken en ook oorgeneem word, “Mark my words”
Die “Struggle” is aan, en duur voort tot einde van dae.

Emile ·

Dis mos Mathew Smorenburg se Open Stellenbosch-maats se genote wat hier brandsteek?

US moet maar die skilderye wegsteek vir na-apers.

david ras ·

Mens kan iemand wat so skade aanrig dwing om die skade te vergoed. Jy kan elkeen van hulle 20 jaar tronk toe stuur
Maar hoe vervang mens sulke skilderye ? Geen tronkstraf sal ooit kan vergoed darvoor nie.
Dis net hier waar die veelgeroemde Regstaat platval

Ons regstelsel se doel is om te rehabiliteer, meer as om ander te waarsku teen sulke optrede.
As hierdie boewe nou klaar gerehabilteer is, gaan die skilderye vervang wees ?

Wat SA nodig het as straf vir sulke misdade is iets soos die Amerikaners se”chain gang” straf–
Oranje oorpak en ketting en ysterbal aan die voet, aan die skoffel en skoonmaak langs ons paaie vir net ‘n bord kos vanaad–as jy hard genoeg gewerk het.

Emile ·

Die Open Stellenbosch bewging is sterk geallieer met RMF en sal hierdie terreurdade probeer nadoen. Universiteit Stellenbosch moet dus maar hul skilderye wegsteek.

Ronnie ·

Ek wil my verstout om te dink dat hierdie soort gedrag maar aanvaar moet word. Totdat alles afgebreek is. Persoonlik is ek moeg en siek en sat vir sulke optrede. Steek aan die brand, breek af, verf graffiti tot jy nie meer kan nie. Dan is alles presies waar hierdie groep anargiste dit van die begin as wou he.

Kaspaas ·

UK het dit op hulle self gebring GEEN Simpatie. Die feit is die studente sal altyd iets soek om te protesteer. Sekere bou nou Struggle credentials op vir n loopbaan in politiek. As hulle gatis kan studeer dan gaan dit gratis verblyf wees, dan gaan dit laer punte wees om te slaag en en en…. hulle gaan die gedrag ook na hulle werk plekke bring om te kry wat hulle wil he. Hoop die land kan die monster beheer wat tans gebore word.

Topster ·

Hulle wil nie studeer nie maar hulle sal graad kry of hulle plunder en verwoes weer en dan sal hulle in top posisies ingesit word ander sal hulle plunder en afbrand en so sal hulle aan neuk tot daar niks oor is nie.Integrieteit word nie op kampus geleer nie jy het dit of jy het dit nie en verseker het n paar studente dit nie

Adel ·

Ek is verseker daarvan dat daardie groep toelating gekry het op grond van polotieke rede. Hulle het heel waarskynlik nie die verstandelike vermoë om te slaag nie en probeer op die barbaarse wyse om aandag daarvan af te trek. Permanente skorsing is van pas en laat hulle boet vir skade, al manier waarop hulle sal leer dat alles nie verniet is soos wat die regende party altyd belowe nie.

rissiepit ·

Nou brand hul kunswerke en dan boeke…en die Nazi-regering in Duitsland, het wat gedoen met boeke wat deur Jode geskryf was? Presies dieselfde! Net een verskil – hulle het die kunswerke behou, want hulle was duidelik nie dom nie. Kunswerke kan mens nie weer reproduseer nie. As dit een keer weg is, is dit veraltyd weg.

daid ras ·

Bly om te sien dat jy ook die ooreenkoms met die Nazis raak sien. Ek waarsku al jare dat die wittes in die land in dieselfde posisie verkeer as die Jode destyds In Nazi Duitsland.
Vergelyk maar al die regstellende wetgewing met Hitler se 1935 Nuremberg deklarsie

Maar ai, daardie skiderye……….dis om van te huil.
Wat is moontlik volgende ? Hulle beweer ons begraafplase is die bereplek vir wit monumente !

Karma ·

Vervolg die skuldiges krimineel en siviel. Kriminele klagtes van betreding, inbraak, diefstal, skadeberokkening, poging tot moord of aanranding met die doel om ernstig te beseer. Siviele klagtes vir skadevergoeding a.g.v. inbraak, diefstal, beskadiging van eiendom. Daar is vir seker CCTV en/of selfoon video’s waar gekyk kan word wie het deelgeneem aan watter onwettige aktiwiteit. Skors ieder en elk wat aan die geweld deelgeneem het PERMANENT uit die Universiteit.

Ek wed julle dat 99% van hierdie ‘studente’ hoort eerstens nie op universiteit nie: òf hul studieskuld is uitstaande óf hulle is van ander Afrika-lande afkomstig, selfs dalk onwettige immigrante of sg. “asielsoekers”.

Hulle wys in elk geval ‘n 30% slaagsyfer mentaliteit met dié barbaarse en gewelddadige optrede. Ek ys as ek moet dink daaraan dat iemand hulle eendag in diens moet neem – die oomblik wat die werkgewer iets doen wat hul nie aanstaan nie, gaan hulle so geweldadig reageer?

TTh ·

Tipies, na 400 jaar nog net dieselfde, brand, steel, roof, verwoes, verkrag, vermoor – beskawing en christelikke waardes geld nie vir afrika nie. Universiteite moet weer teruggaan na die beginsel om voornemende studente te keur op grond van akademiese prestasie vir toelating en NIE gebasseer op verdomde velkleur of een of ander vertraagde verskoning uit afrika NIE!

Pieter Pieterse ·

Jammer, geen simpatie met UCT nie. #RhodesMustFall is met open arms ontvang, en indien die geleerdes van UCT nie kon voorsien dat deur net in te gee aan “demands” n president skep nie, dan het ek my bedenkinge oor die instelling se “intelligensie” en bestuur vaardighede. Jammer US doen die soortgelyke met #OpenStellenbosch, wil maar nie leer nie, ne.
Word wakker, die skrif is aan die muur!

Andre van den Berg ·

Dit wat tans in my land gebeur, is die beste bewys dat my jarelange stryd vir apartheid geregverdig is!

Penellope Jones ·

Hoeveel skokke nog?
Hoeveel skade nog?
Hoeveel verwoesde geboue, voertuie nog?
Hoeveel nog ontnugterde studente wat asseblief net graag wil studeer?
HoeVEEL nog???

Michael ·

Ek sien op die foto’s net swart studente wat duidelik nie wil studeer nie ,die groep wat bakhande wil staan en alles op apartheid wil blameer soos die Bybel sê wat jy saai sal jy maai

alletta Strydom ·

mense wat so optree het nie verstand om te leer nie. leer is maar n rookskerm. Ikeys en Wits is mos al jare der jare teen vorige regering ook. nou maai hul wat hul gesaai het.
shame die arme bloedjies moet alles vernietig en verwoes….. dis hul mentaliteit…..
God moet ons beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.