[Foto’s] Chaos, sterftes weens Durban-storm

durban-vloede1ʼn Erge storm Vrydagaand in Durban, KwaZulu-Natal, het tot die dood van minstens vyf mense gelei en groot skade aangerig.

Die storm het met ʼn stortvloed reën, hael en sterk wind gepaardgegaan. Bome is ontwortel en mure het ineengestort. Maroela Media het vroeër berig ʼn man is dood nadat ʼn muur by ’n huis op hom ineengestort het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê twee mense is deur weerlig doodgeslaan in Verulam terwyl nog twee mense in Mayville deur die weerlig gedood is. Volgens McKenzie is minstens 13 mense beseer weens mure wat ineengestort het, dakke wat afgewaai het of bome wat ontwortel is.

Inwoners regoor Durban het Saterdagoggend takke wat op heinings, dakke en in opritte geval het, verwyder. Talle paaie was met rommel bestrooi weens die storm.

Inkopiegangers by Durban se bekende Pavilion-winkelsentrum moes deur water loop om by hul gunstelingwinkels uit te kom aangesien die sentrum van Donderdagaand af onder water is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leeukuil ·

Hulle het hom gesluit, maar die reënwater kon nie die ” Closed” bordjie lees nie. Seker Afrikaase teen gewees.

Elwena Theron ·

Dis so jammer dat daar soveel skade en selfs lewensverlies moet wees!

Jef ·

Dit is verskriklik, heel veel sterkte aan die nabestaande.
Natuur kan wreed wees.

Penellope Jones ·

Die kragtige natuur waaraan ons as mense niks aan kan doen nie.
Jammer om van die sterftes te hoor en ook die wat beseer is en enige skade gely het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.