Foto’s: Chaos toe vlugtelinge VN-kantore bestorm

Chaos het by die VN se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKV) uitgebreek (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Die polisie is Donderdagoggend ontbied toe chaos uitgebreek het nadat ʼn groep van 300 vlugtelinge   die gebou van die VN se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKV) in Pretoria bestorm het. Die vlugtelinge kamp al vir langer as ʼn maand by dié kantoor in Brooklyn en het probeer om op die VN se kantoorterrein te kom deur oor die hekke en mure te spring.

Dit volg ná ʼn hofbevel Woensdag dat die vlugtelinge die area binne drie dae moet verlaat. Indien hulle nie aan die bevel gehoor sou gee nie, kan die vlugtelinge in hegtenis geneem word.

Volgens Adrian Roos, ʼn DA-parlementslid vir binnelandse sake, het die huiseienaarsvereniging van Waterkloof hulle verlede week tot die Noord-Gautengse hooggeregshof gewend om die vlugtelinge van die kampterrein te verwyder.

Thinus Henning, ʼn inwoner van Brooklyn, vertel daar was kennisgewings op lamppale en heinings gesit om die vlugtelinge te verwittig van die hof se besluit. Regeringsamptenare het ook Donderdag met ʼn luidspreker die vlugtelinge aangespreek en gevra om die gebied te verlaat.

Die vlugtelinge kamp al vir langer as ʼn maand by die VN-kantoor in Brooklyn (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Die vlugtelinge kan binne 24 uur kennis gee of hulle appèl teen die hofbevel wil aanteken.

Regter Natwarlal Ranchod het Woensdag die stadsraad van Tshwane, die departement van binnelandse sake en die polisie beveel om met die vlugtelinge in gesprek te tree om vas te stel of hulle wel wettiglik in die land is.

Soos vroeër berig was inwoners bekommerd oor die gesondheidsgevare wat dié vlugtelingskamp vir hulle kan inhou, omdat vlugtelinge nie toegang tot badkamergeriewe het nie. Inwoners het ook hul misnoeë uitgespreek oor die geraas in die omgewing, die stank en rommel op die sypaadjies.

Volgens Henning het misdaad beduidend toegeneem sedertdien die vlugtelinge langs die VN se kantore kamp opgeslaan het. “Baie inwoners is ook te bang om hul huise saans te verlaat,” sê hy.

Volgens brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, is die situasie tans kalm en onder beheer. Die vlugtelinge is steeds op die VN se terrein terwyl die polisie die situasie monitor. Die polisie het die paaie rondom die VN se kantore in Brooklyn afgesper.

Vlugtelinge kamp al langer as ʼn maand buite die VN se kantore in Pretoria en Kaapstad. Dié mense wil hê die VN moet hulle hervestig, omdat hulle onveilig voel in Suid-Afrika weens toenemende xenofobiese aanvalle teen hulle. Die meeste van dié groep buitelandse burgers is asielsoekers wat nie daarin kon slaag om vlugtelingstatus te verkry nie weens die land se mislukte asielbestuurstelsel.

Volgens ʼn verklaring deur die VN se kantore is alle personeel vanoggend uit hul gebou verwyder.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJC ·

Hoe kan jy op enigiets aanspraak maak as jy die omgewing rondom jou so besmet met allerlei gemors.

De Villiers ·

Hierdie aksie deur die vlugtelinge weerspreek mos heeltemal die ANC en EFF se uitlatings dat al die swartes in Afrika ‘brothers’ is wat vir mekaar omgee en verdraagsaamheid teenoor mekaar toon. Hulle het juis hierdie uitlatings gemaak tydens die publieke deelname regoor die land laas jaar oor grondonteiening sonder vergoeding. Dit geld ook vir die geweld die afgelope tyd teenoor die buitelandse trokdrywers asook ander gevalle van xenofobiese geweld. Nou hoe nou, ANC en EFF? Dit sal interessant wees wat julle antwoord hierop sal wees.

Karlahari ·

In Namibie 1989 was die VN ook te bang om uit te kom om te sien wat werklik aangaan.
Totdat Margaret Thatcher opgedaag het….

SeMaarNet ·

Doen ek dit in enige ander land waar ek onwettig is, is daar groot moeilikheid… so hoekom word dit hier toegelaat?

Jan van Houwelingen ·

Nie net in Suid-Afrika nie, ook Parijs, Brussel en nog vele steden meer in Europa kampen met dit probleem van grote groepen “vluchtelingen” met als gevolg criminaliteit, onhygiënische toestanden en burgers die er terecht angst voor hebben.
Ook hier krijgen ze het niet voor elkaar om deze mensen uit te zetten. Ze hebben geen recht op uitkering of werk. Ook gezondheidszorg geen recht op hoewel ze geholpen worden in levensbedreigende situaties. Eigenlijk wereldwijd speelt dit probleem, mensen trekken zich niks van grenzen aan en trekken naar de landen waarvan ze denken dat ze daar beter af zijn.
Wel begrijpelijk maar onbeperkte toegang leidt tot chaos en is niet te dragen voor een land.
En leef mee en bid voor jullie vanuit Alblasserdam in Nederland

Gert van Wierdapark ·

Hoekom het die SAP nie gebeurlikheids- planne in plek gehad nie. Die “vlugtelinge” het dood-luiters oor die VN gebou se heinings geklouter! Seker maar weer net die situasie ge-moni-tor!!!

Jakes ·

Vlugtelinge met eise? En nie terug land herkoms, land van keuse? Mag probleem wees, want SAL vliegtuie ook staking?

Theo ·

Ek kan nie sien hoekom moet die VN hulle help nie.Toe hulle hierna toe gekom het het niemand hulle gehelp nie.Hulle het op eie koste hierjeen gekom so gaan op eie koste weer terug na jou land.

jan ·

Dons it kan net n goeie ding wees ,hulle moet teruggestuur word na hulle land van afkoms,ons moet veg om te oorleef in ons land,hoekom kan hulle nie ook nie he,hulle maak net vir ons nog swaarder om te oorleef,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.