[Foto’s] Coligny-betogings: ‘Ek moes magteloos staan en toekyk’

Foto: Cobus van Tonder.

Betogers het Dinsdag chaos gesaai in Coligny, Noordwes, deur vragmotors en huise aan die brand te steek en winkels te plunder.

Cobus van Tonder, bestuurder van TCC Bande en Vervoer, het aan Maroela Media gesê hulle het massiewe skade gely.

“Ek was gisteroggend by die werk en het hulle toe gehoor aankom, ek het alles gesluit en huis toe gegaan,” het van Tonder gesê. “Die man van die onderneming oorkant die pad het my gebel en gesê hulle is besig om alles af te brand. Ek het soontoe gery en magteloos by die palissades gestaan en kyk hoe brand hulle my vragmotors af.”

Van Tonder het gesê die erf waarop die besigheid geleë is, is 2,8 ha groot. “Daar was ganse en van my kinders se skapies ook daar. Hulle het die diere gejaag, oor hul skouers gegooi en hulle uit die voete gemaak daarmee,” het Van Tonder verduidelik.

Drie van sy vragmotors is aan die brand gesteek. “Een smeul steeds. Dié wat hulle nie afgebrand het nie, het hulle by die windskerms en kantvensters uitgegooi. Hulle het my laaigraaf se vensters ook uitgegooi.”

Van Tonder sal Woensdagoggend met sy versekeringsmaatskappy begin gesels oor wat alles gesteel of vernietig is. “Sover weet ek van al die skootrekenaars, gelukkig het ek my persoonlike een by my gehad.”

Van Tonder het via ander bronne verneem dat die betogers hom teiken omdat hy glo die grond ‘gesteel en onwettig bekom’ het. “Ek het hierdie grond in 2002 op ʼn veiling gekoop,” het Van Tonder gesê.

Volgens hom kan hy die betogers aan die ander kant van die spoorlyn hoor skree. “Hier klap ʼn skoot, daar skree ʼn kleintjie.” Hy het gesê die dorp het Woensdag vroegoggend rustig gelyk.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê een trekker, drie vragmotors en drie huise in die dorp is Dinsdag afgebrand. “Geen beserings is aangemeld nie. Dit lyk asof daar niemand in die huise was toe dit aan die brand gesteek is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Malie du Toit ·

EN om iemand anders se eiendom af te brand wat HARD VERDIEND is, gaan nou vir hulle PRESIES gee wat hulle nodig het. Ek het seker te min grysstof om hul denke te verstaan . . .

Isbel ·

Hoekom as hulle altyd ongelukkig is oor iets, moet hulle loop en plunder.
Mene werk so hard om te kry wat hulle het. Dan kom die klomp soos ñ verwoestende tornado en breek, steel en brand als af.
Sulke onnodige skade vir onskuldige mense.

Nou moet ñ mens trots wees om te sê jy is ñ Suidafrikaner. Ons kinders en land se toekoms is in sulke verwoestende hande en geaardheid.

Dit is meer as hartseer.

fransie ·

Mnr van Tonder, ek is verskriklik jammer oor jou verlies. Baie sterkte vir jou en jou mense.

Chris Ws ·

En die verdomde SAP “monitor” mos als.Dis al te lekker om ge-uniform te staan en kyk hoe mense se eiendom eenvoudig vernietig word sonder om dit te PROBEER keer.Dis ‘n skande!My vraag is as blankes begin om swartes se eiendom te vernietig wat gaan die SAP dan doen?

cor ·

Wat het die beskadiging van privaat eiendom met dienslewering te doen, Die opstokers sal definetief nie vir die wat nou hulle werke gaan verloor van werk en n inkomste voorsien nie, nog n verdere las op die staat en nog n plattelandse dorp wat gaan dood bloei. Dit skeel blykbaar die regering van die dag min .

Janet ·

Nou wonder mens wat gaan omtrent hierdie man se skade gedoen word en wie gaan vir hierdie gelag betaal. Seker maar weer die arme belasting betaler. Want die skuldige word mos met respek behandel en die onskuldige word aangekla. Patetiese land

Manie ·

Ek kan nie verstaan het julle mense in Coligny nie vuurwapens om julle self en eiendom te beskerm.

Ekke ·

Welkom in Afrika! Dis soos dit daarbo begin het en dis soos dit in Kaapstad gaan eindig! Wat van ons? Sal maar staan en toekyk! Wat kan ons doen,

Anoniem ·

Gaan kyk na Prof Phillipe Rushton se video by: amren.com iq video en alles is glas helder.

Fred ·

Blykbaar moet mens SASRIA dekking hê op jou polis, ander betaal versekerings maatskappye nie protes optrede skade

Lynette ·

Ek bly lees waar lesers vra of die mense nie wapens het om hulself en hul eiendom te beskerm nie maar jy mag slegs jou vuurwapen gebruik as jou of iemand anders se lewe in gevaar is. Jy MAG nie skiet om eiendom te beskerm nie. Ek dink dis hoekom polisie slegs skiet as betogers hulle begin teiken en nie om jou eiendom te beskerm nie.

Erick ·

Ja maar as jy op jou eiendom is en daar word petrol bomme na jou gegooi of ‘n persoon /persone na jou aangestap/hardloop kom met messe of kieries is jou lewe in gevaar en jy mag en moet jouself dan beskerm.

w ·

Die selle govt wie nou hande gevou toekyk het h ul mense geleer om te brand as jy ni jou sin kan kry ni. Gelukkig het ek ni gestem vi di nuwe SA ni

d ·

So het hul als vernietig dat hul vandag nie eers vir hulself kon krag koop nie. Nou gaan hulle honger lei ook want die verskaffers van elke dag se brood en melk se deure is nou toe. Geen werk ook meer nie want van die besighede sal nooit weer hul deur oopmaak nie.

Ann Esterhuizen ·

Die geweld neem toe. Hulle brand, steel en roof! Die eskalasie hou nie daar op nie! Die een man het gesê dat hy goed met die mense klaar gekom het! Ongelukkig tel dit nie! Mense gaan dit nog uitvind! Hulle is te kortsigtig om die groter prentjie te sien. Brand die winkels af en daar is geen kos te koop nie! So gemaak en so gelaat staan!

Kobus ·

Mense moenie die optrede met logika probeer verstaan nie. Gaan lees oor hulle kultuur en vlak van IK dan sal die allies sin maak. Die gedrag gaan jy nie verander oor ‘n miljoen jaar nie. Hierdie optrede gaan binnekort na ander klein dorpies toe oorspoel en raai wie dryf dit.

Ann Esterhuizen ·

Stem saam! Dis die begin van anargie. Moord is volgende!

Dirk ·

Coligny se radikale ekonomiese transformasie,nou het almal niks oor nie,geen winkel,kafee of bottels stoor meer oop nie.

Leo ·

Ai Cobus, my hart gaan uit na julle met die onnodige verlies. Kon nie glo toe ek Des se kommentaar op Facebook gisteraand lees nie. Dis so onnodig en maak mens woedend!

popeye ·

Ek kan julle nou sê dat die korttermyn versekeraars anders gaan dink oor hulle risiko in hierdie land. Nie met hersiening nie, soos in nou!!!. SASRIA sal so rukkie vat om by te kom.

Leo-mari ·

Die snaakste van alles is dat hulle die gemors self gaan skoon maak as die stof gaan le! Hulle skiet hulle self in die voet. Oor n week wil hulle werk he of die een se kind moet na n dr toe gaan …maar gelukkig het hulle alles af gebrand.hospitale dr se spreekkamers ens.maak my woedend!!!!! Hoeveel van die winkel eienaars gaan nie eerder op n ander plek hul besigheid weer op bou nie? Coligny is maar n klein dorpie.uuuuurrrrrgggjjh maak my kwaad

Christo Louw ·

Sal maar nie kommentaar lewer nie want Marula plaas dit nie. Sal wonder wees as mense hierdie kan lees.

Jan maak n Plan ·

Nou kom die vrag by my onwillekeurig op. Wat sou die hof se as die man nou n geweer uitgehaal het en die klipgooiers geskiet het om sy eiendom te beskerm. Ek bedoel ‘n mens behou seker die reg om jou eie goed te beveilig. Die man was mos nie verantwoordelik vir die oproer nie.

Frans ·

Dit is nie so eenvoudig om wapen op te neem nie. My broer het bure te hulp gesnel wat aangeval word deur 3 aanvallers. Hy het eers n waarskuwingskoot geskiet en moes toe een wond.

Lang storie kort. R30 000 verder aan regskostes en steeds sonder sy vuurwapèn is die saak laat vaar. Pasop om net te dink jy neem wapen op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.