Foto’s: Cope-leier eet sy hoed!

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @mbanjwax, Twitter

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @mbanjwax, Twitter

Nog foto’s volg onderaan die berig. Mosiuoa “Terror” Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), moes Vrydag sy woord gestand doen en sy “hoed opeet” toe voorlopige uitslae bewys het dat sy party minder stemme as in 2009 verwerf het.

Lekota het vroeër tydens sy verkiesingsveldtog in ʼn onderhoud aan verslaggewers gesê hy sal sy “hoed opeet” as Cope nie beter vaar as in 2009 nie.

Hy is Vrydag grappenderwys ʼn EFF-baret en ʼn grys hoed met tamatiesous en mosterdsous aangebied. Hy het die EFF-baret van die hand gewys en aan die grys hoed gekou, onder ʼn groot gelag van verslaggewers en partybeamptes.

Ongeveer 120 060 stemme is net ná 13:00 vir die party getel. Cope het in 2009 meer as 1 miljoen stemme gewerf.

Lekota sê die party sal sy verkiesingsveldtog en die stand van die party ondersoek. -SAPA

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @getrudem, Twitter

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @getrudem, Twitter

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @sanelezondii, Twitter

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @sanelezondii, Twitter

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @mbanjwax, Twitter

Terror Lekota eet sy hoed Foto: @mbanjwax, Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.