Foto’s: Cyril in Parys om Bokke te bemoedig

Pres. Cyril Ramaphosa kom by die Charles de Gaulle-lughawe in Parys aan voor die Springbokwedstryd vanaand. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het kort gelede in Parys, Frankryk, aangekom waar hy vanaand die Springbokke sal aanmoedig in die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat op die Stade de France beslis word.

Die Bokke sê hul rugbyvyande, die All Blacks, om 21:00 (Suid-Afrikaanse tyd) die stryd aan.

Die president sal voor die wedstryd die Bok-span persoonlik “sterkte toewens en tot ʼn oorwinning aanmoedig”, lui ʼn verklaring van die presidensie.

“Die Springbokke het alle Suid-Afrikaners en die wêreld geïnspireer met hul veggees oor die duur van die toernooi. Dit het die grense van rugby oorgesteek,” sê die presidensie.

Suid-Afrika se kaptein, Siya Kolisi, hou die Webb Ellis-beker saam met die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, in 2019 omhoog. (Foto: Christophe Ena/AP)

Sou die Suid-Afrikaners vanaand die knoop deurhak, sal dit die tweede keer wees dat Ramaphosa saam met ʼn Springbokspan die Webb Ellis-trofee omhoog hou.

Ramaphosa sal voor afskoptyd ook amptelik met die Franse president, Emmanuel Macron, vir bilaterale gesprekke vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Goed om te sien daar is darem nog een boeing van die weermag wat lugvaardig is.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.