Foto’s: Daar is nog werk om te doen, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Rhamaphosa aan die woord. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

“Vandag kan die kinders van ons land, swart en wit, dieselfde skole bywoon en aan dieselfde universiteite en kolleges studeer. Toe demokrasie gekom het, het ons nie in die afgrond van wraak en vergelding afgestort nie.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag tydens die nasionale Vryheidsdagviering by die Miki Yili-stadion in Makhanda, voorheen bekend as Grahamstad, in die Oos-Kaap gesê.

“Op hierdie Vryheidsdag het ons baie om te vier. Die belangrikste is die bevordering van ons nasie in ʼn verenigde, nierassige, nieseksistiese en demokratiese Suid-Afrika.”

Die president glo wel dat Suid-Afrika ondanks die vordering oor die afgelope 25 jaar sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994 steeds gekonfronteer word deur pogings om die eenheid van die land te ondermyn. Dít word gedoen deur rassisme, aanvalle op buitelanders en die openlike vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag, het Ramaphosa gesê.

“Uit respek vir ons Grondwet en ter verdediging van ons vryheid verwerp ons rassisme. Ons verwerp aanvalle op diegene wat in ons land toevlug kom soek het en ons verwerp geweld. Die opofferings van ons voorouers was te groot en die prys wat hulle moes betaal te hoog,” het Ramaphosa tydens die viering gesê.

Die president het in sy toespraak erken dat Suid-Afrika baie bereik het oor die afgelope 25 jaar, maar Suid-Afrikaners tog gemaan dat die land nog baie het om te bereik.

“Ons is nog steeds ʼn baie ongelyke land. Daar is groot skeidings tussen onderskeidelik ryk en arm, stedelik en landelik, mans en vroue, diegene met werk en dié daarsonder, asook diegene wat die land besit en diegene wat daarvan weerhou word,” het hy gesê.

Pres. Cyril Rhamaphosa aan die woord. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Openbare indiensnemingsprogramme het ʼn basiese inkomste- en werkservaring en opleidingsgeleenthede vir baie werkloses verskaf. Oor die afgelope 25 jaar het die ekonomie in grootte verdubbel en die aantal mense in diens het met agt miljoen toegeneem, het Ramaphosa gesê.

“En tog, ondanks hierdie merkwaardige prestasies, leef te veel van ons mense nog steeds in armoede, te veel is werkloos of haweloos, te veel gaan sonder voorsiening in basiese behoeftes.

“Soos ons 25 jaar van demokrasie vier, moet ons al ons aandag fokus om te verseker dat alle Suid-Afrikaners ook die ekonomiese en maatskaplike voordele van vryheid kan beleef. Ons kan nie ʼn volk van vrye mense wees as so baie van ons nog in nood leef nie – as so baie leef sonder genoeg kos, behoorlike skuiling, gesondheidsorg van gehalte of ʼn manier om ʼn inkomste te verdien. Ons kan nie ʼn volk van vrye mense wees as geld wat vir armes bedoel is, vermors, verlore of gesteel word nie,” het Ramaphosa gesê.

“En daarom betree ons die volgende 25 jaar van vryheid met ʼn hernieude vasberadenheid om alle Suid-Afrikaners die belofte van die demokratiese deurbraak van 1994 te laat beleef.”

Suid-Afrikaners sal oor sowat tien dae weereens in toue staan om op 8 Mei hulle stem te plaas tydens die 2019- nasionale verkiesing.

“Ons elkeen het ʼn rol om Suid-Afrika beter te maak – as beter broers, susters, mans, vroue, kinders, klasmaats, medewerkers, bure en as burgers. Op hierdie Vryheidsdag moet ons dus besluit om saam te werk om dié uitdagings aan te pak,” het die president gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Andreas ·

Ek haal hom aan: “Toe demokrasie gekom het, het ons nie in die afgrond van wraak en vergelding afgestort nie.”

Skuus? SEB en ander wetgewing, grondonteiening? Vra hierdie padda wat in stadig kokende water sit en tik.

Andreas ·

Wat my van hierdie man ontstel, ook die voor hom, ontsettend, daar is géén, maar géén passie in sy toesprake nie, op TV, ook nie daar in die parlement nie, géén drif, hy neem niemand met hom saam nie. Soos mens in Engels sou sê, hy is te ‘mellow’.

Hannetjie ·

Daar kon reeds baie meer gedoen gewees vir die landsburgers wat nie basiese dienste soos beter behuising,water,riolering en elektrisiteit steeds nie het nie.Die rede is wel so bekend…ipv die regering toegesien het dat die verkose amptenare hul werk wel kon doen…was meerderheid besig om hulself te verryk.Kry al die geld terug wat jare en jare onregmatig “verdien’ is…en spring aan die werk.

Dries du Toit ·

@Andreas. Hy is nou net oneerlik. Hy is mellow want hy hou hom nou polities korrek. Hy hom hom in. Hy was die een wat ons met paddas in stadig kokende water vergelyk het Hy was die een wat gesing het kill the boer, kill the farmer, Hy is die leunaar wat aan die buitewereld verkondig het daar bestaan nie si iets soos plaasmoorde nie. Hy is oneerlik en baie gevaarliker as Malema. Malema is eerlik en se reguit hy kan ons nie verdra nie. Ramaphosa sal ons stadig kook totdat ons nie meer bestaan nie

Andreas ·

Dries, ek kan niks meer byvoeg nie, buiten soos die storietjie van die brulpadda familietjie wat ek effe ondertoe vertel het.

Andreas ·

Dries, Op Vlerke vir jou. (dis nou as jy my kripties volg)

vincent ·

THANK GOD I’M NOT PART OF THE NEW SOUTH AFRICA ANYMORE! A government that have achieved ZERO in 25 years and is hopelessly incompetent to lead its nation. I hope Cyril donate some of his millions to the poor and lead by his actions. Typical politician…”all talk and no action”

JA ·

Ek sal my vlag waai waar ek wil. Dit het niks met enigiemand anders te doen nie.

Willehond ·

Moet nooit iemand wat onder daardie vlag gedien het onderskat nie!! Dis my vlag en ek sal hom waai wanneer dit my pas! En basta!

Andreas ·

Die aantal mense in diens, sê hy, het die afgelope 25 jaar met 8 miljoen toegeneem en die ekonomie het verdubbel, maar nog steeds verkwalik hulle apartheid en die vorige bedeling vir die erge werkloosheid, nog steeds straf hulle die wit mense met SEB, eintlik die jeug, want die grootmense sit by die huis.

Andreas ·

En as ek reg het, het die wit mense se getalle in die land afgeneem en DIT is nie agv emigrasie nie.

ManieM ·

President, wat van so n klein skenking van 1miljard Rand van jou baie wat jy het vir die minder bevoorregdes, jy sal dit nie eers mis nie? Dis mos geskenk aan jou ook!

marco polo ·

In 25 jaar van vryheid het ‘our people’ niks gedoen vir hulself nie en gewag dat die regering vir hulle alles doen. Hoe dan nou? Hulle is mos vry.

Johan ·

Meneer die President – gelykheid? Ek sien orals mense met super luukse voertuie soos Ferraris , Bugattis , Porches ens. Buitelanders trou met vrouens wat konneksies in die regering het en kry klomp groot projekte van die departement van openbare werke? Mense bly in super luukse huise wat met geld gekoop is die afgelope 25 jaar? Dieselfde kaders kry al die nuwe groot projekte? Hoe werk dit?

Mieliestronk ·

Ek wil baie graag weet wat het ‘n vlag te doen met mense wat in armoede leef. Ek dink die President moet bedank en terug gaan na die boeke, skooltoe. En as hy terug kom die land wys dat ‘n vlag armoede veroorsaak. Los die vlag en erken soos manne dit is ons swak regering wat nie armoede kan hok slaan nie. Dat mens voor duisende mense en vir hulle lieg oor armoede.

Wielspore ·

Tot op datum het die ANC niks gedoen om versoening te bewerkstellig, al wat gebeur het is dat die beheer van staatsgeld oorgeneem is deur korrupte beamptes en vir eie gewin. Geen nuwe skole is gebou vir die demografie van SA, al wat gebeur het is dat die staat bestaande goeie skole dwing om eie beleid toe te pas.
Die ANC het gewys dat hulle nie die land opbou tot die trots van Afrika.

Andreas ·

Eendag, lank, lank gelede, was daar ‘n brulpadda, ‘n mamma padda en ‘n paddavissie, hulle het in die vlei wat langs die president van Suid-Afrika se huis verby loop gewoon, sorgloos, nie ‘n bekommernis in die wêreld nie. Pappa padda het meeste van die tyd met gekruisde agterbene op sy rug in die son lê en bak, nou en dan in die dammetjie geduik om kossies te soek. Toe op ‘n dag ontaard sy luilekker lewe in ‘n nagmerrie.

Die eienaar van dui huis waarlangs die vlei geleë is, kom hou met sy luukse sportnutsvoertuig in die oprit stil en haal ‘n kollosale almenium pot uit die luikrug …….

Andreas ·

En die paddavissie speel niksvermoedend met sy grafie en emmertjie ‘n entjie van sy pa af in die sand.

Riaan ·

En wat van die boere wat so vermoor word is dit gelyke reg of nie wane word da aan iets gedoen

Jack Sadie ·

Ek stem vir die VF+, maar sal die president ondersteun in alle goeie dinge wat hy gaan doen……

Dries du Toit ·

Wat se goeie dinge het hulle gedoen. Hulle regeer 25 jaar al en al waaroor hulle praat is die besittings van die ou klein klein minderheid blankes. Gee ons 5 jaar en ons sal ons eie rykdom genereer sonder om enigiets van hulle te vereis behalwe ons eie grondgebied

humor ·

“Daar is nog baie om te doen” Stem saam , maar nie soos hy dit beplan nie.

Andreas ·

Per ‘n berig vanmiddag op Netwerk24: Verloofde in koma, stiefpa sterf ná aanval by gholfklub ’n Man van Welkom, Louis Coetzee (61), is Vrydagaand doodgeskiet terwyl hy, sy stiefdogter en dié se verloofde die Unicorn-gholfklub se deure gesluit het.

Dus stem ek Cyril, daars nog werk om te doen.

John ·

Aanvalle op buitelanders word veroordeel… net as hulle nie wit mense is nie. Geen woord word gerep oor aanvalle op plase nie… Hierdie show was suiwer vir die buitelandse pers en beleggers om te glo dat alles wat in die 25 jaar verkeerd geloop het eintlik nie die ANC se skuld was nie maar ongelykhede van die verlede wat die ANC kortwiek. Die NP was vir 48 jaar aan bewind. As mens kyk na al die infrastruktuur ens wat tot stand gebring is… hoeveel skole, fabrieke, besighede, myne, huise, woonstelle, universiteite, werksgeleenthede ens ens vergeleke met die ANC s’n, sal hulle in die volgende 25 jaar lewe moet kry veral in die lig van (ten spyte van Eskom) ‘n beraaamde 50% bevolkingsgroei. Gelukkig vir Cyril sal hy nie die toespraak op die heugelike Vryheidsdag 2045 hoef te lewer nie.

humor ·

Die man kom met voornems wat wyd vertolk kan word. Dit is egter duidelik dat die skroef al stywer vas gedraai gaan word en dat daar wienig, baie weinig voordeel vir die minderheidsgroepe sal wees. Baie suptiel stel hy dit dat die belange van hierdie minderheisgroepe in die weg van vordering staan soos o.a. hul besit, grondbesit en self onverstaanbaar die waai van die ou SAvlag. M.A.W. die onwilligheid van Afrikaner witman om toe te gee en saam te werk.

Gert van Wierdapark ·

CR en sy a en see Boer al vir 25 jaar agteruit! BEE is/was een van die vele Mis-Oeste. Staats-Kaping, Korrupsie,
Kader-ontplooiing, (SAL, Eskom, Trans-net, Denel ens ens.), Regste(l)lense aksie en tender-kaping is verdere voor-beeld!!

Andreas ·

Ek het ‘n idee Cyril is nie ‘n goeie luisteraar nie, ek dink Trevour Manual was ook nie, hulle is te afsydig en kyk doer in die lug op, of sommer na niemand in spesifiek nie.

Judge Dredd ·

O, van wie word die land weerhou?
Sover ek weet kan enige iemand ‘n stukkie land besit as hy bereid is om daarvoor te betaal.

Daar is wel stappe van regering om die hoeveelheid grond te beperk en moontlik ook buitelandse mense te beperk oor grond.

So wie weerhou wie ?

Boesman ·

Comrade Ace het in sy toespraak in Parys, Vrystaat, gesê die staat spioeneer op hom en Duarte. Die interne ANC politiek raak spannend en Ramaphosa gaan baie vinnig vervang word deur elemente binne die ANC. Dit kan SA verder in chaos dompel.

Andreas ·

Graag wil ek by julle lesers weet, wat maak mens as iemand ‘n hart van klip en yster het, iemand wat eintlik alleen ondergronds moet werk, want daardie persoon het geen insig om ‘n individu te hanteer nie, is net op eie belang aangewese, EN om dit wat die ander persoon te bied het met hande aan te gryp en dan die rug te draai, dit nou na daardie persoon se inset verslint is?

Andreas ·

Uit vanoggend se Rapport:

“Mabuza: ANC kan sterf
Steun vir die ANC het skerp gedaal aan die vooraand van die land se mees mededingende verkiesing sedert 1994 en oor die hele land word voorberei op ’n nuwe politieke landskap waarin die mag geleidelik uit die ANC se hande glip.”

In ‘n ander berig word gesê dat die ANC besig is om heelwat steun in die stede te verloor, dalk onder andere is dit die rede waarom Cyril geen steen onaangeroer laat in sy uitsprake en beloftes, hier ‘n week of so voor stemdag nie. Ek glo hulle raak paniekerig.

Anoniem ·

Nick, wat stel jy voor moet ons doen???

Verder, Cyril se toespraak was maar net meer van dieselfde, dit was nou nie juis iets nuuts of selfs eers motiverend nie.

Boerin ·

Ek’t n stukkie van sy toespraak op RSG se Naweekatueel geluister. Daarin het hy sy voorouers en die SANGOMA bedank wat aan sy voorouers die oorwinning gegee het oor oor die Engelse kolonialiste in een of ander veldslag daar naby!!!

Word wakker mense, dis lig teen duisternis en geestelike oorlogvoering!!

JG ·

Die land brand…en Cyril is bekommerd oor die waai van n vlag ? Iets is drasties fout met sy denke…

Jerry ·

ANC beleid is wraaksugtig en op vergelding geskoei teenoor die voorheen bevoordeeldes onder apartheid, wie deur die beleid doelbewus uitgesluit word by verdere deelname aan die ekonomie. ANC staatskaping het SA se belastingbetalers gevat tot op die rand van die afgrond van wraak en vergelding en nog is dit einde niet. Soos CR se, daar is nog werk om te doen. Watse werk? Werk om die skade van staatskaping te herstel met nog meer geld van die belastingbetaler as wat die ANC staatskaping kon opslurp, want staatskaping het ANC revolusionere strukture uitgebrei met kaderontplooiing in duisende botallige poste in die staatdiens, SOE’s, munisipaliteite ens wie salaristrekkers is en waarvoor belastingbetalers nou die gelag moet betaal! Die verryking van ANC revolusionere strukture ten koste van belastingbetalers kos belastingbetalers dus nou dubbeld soveel as wat staatskaping gekos het en as dit nie erger is as staatskaping se wraaksug en vergelding nie, dan is n appel, eintlik n peer meneer die ANC president! Die ANC het dus wraak geneem met staatskaping met CR as adjunk ANC president deur die voorheen benadeelde ANC elite en revolusionere strukture te verryk en voorheen bevoordeeldes te verarm. Nou, met CR as ANC president verdubbel die wraak van verryking en verarming! Die ANC het uit wraak en vergelding die rand laat val ten koste van belastingbetalers en die ANC tel die rand op, dubbeld soveel en ook ten koste van belastingbetalers! Die ANC skep doelbewus die uitdagings waarvoor hardwerkende Suid Afrikaners onophoudelik, vir die gelag betaal!

Andreas ·

Daar is nog 10 dae oor om reg te stem. Kom Afrikaners, laat van julle hoor. Stem reg(s).

HPV ·

Mnr Ramaphosa, watter demokrasie, watter grondwet, waar was hierdie demokrasie en grondwet vir 400000 mense wat die afgelope 25 jaar vermoor is? Mnr Ramaphosa ek glo jy weet wie die land tydens die 25 jaar regeer het, ek glo ook die aanhitsers en opswepers tot volksmoord is bekend aan jou, waarom stop jy hulle nie? Nee jy doen niks want dit pas die anc wat self in die verband skuldig is.

Tertius ·

Dieselfde skole en universiteite maar almeer net in engels.Dit is blatante wraak.
Die RSA het algemene stemreg maar is nie n demokrasie nie. Daar is geen openbare
verantwoorheid nie vandaar die baie betogings en geweld. Dit is nie die President en die
parlement wat regeer nie maar die ANC se Sekretaris-generaal en die NEC.
Die ekon. het in randwaarde verdubel maar nie in grootte nie.Dit het in reele terme
gekrimp indien in $ waardes of volume bereken.Die styging is nie eens voldoende om die
bevolkingsaanwas ,inflasie en daling in randwaarde te dek nie
As die ANC rassisme verwerp waarom al die wetgewing met n rasse bevoordeling ?

Knight ·

Suid-Afrika is by geen mate enigsins naby ‘n demokrasie nie en rasisme is lankal nie net ‘n verdedigings meganisme vir ANC nie, maar in werklikheid ‘n diep snydende uiters dodelike wapen van enorme verwoesting waaroor die sluier van hul verwronge idee van demokrasie getrek word. Alles mense kom vroeer of tog later tot ‘n halt. Ek is geen doem profeet nie, maar wel ‘n realis. Ons Het reeds die afgrond oorgesteek, vraag is net wanneer gaan ONS mense dit erken en verder wat gaan ons doen om self behoud? Getalle is nie ‘n probleem nie, maar slegs net dit, GETALLE. Wat wel van kardinale belang is is DISSIPLIENE, ge rigtheid en die werklike besef en inpak van die woorde “Eendracht Maakt Magt”, ‘n volk se ontwaking. Soos die Japanese bevelvoerder van ouds na gelukwensing na sy offensief op Pearl Harbour….”Ek vrees ons het net daarin geslaag om die reus te ontwaak” Weeteens, getalle is van minder belang, vrees eerder ‘n gedissiplineerde en doelgerigte teensyander.

Fanie ·

En wat van blankes wat uit hulle poste geskop word om plek te maak vir sy mense let wel sy mense want blankes val mos nie daarby nie die blankes is maar net goed genoeg vir hulle belasting geld

Asjas ·

En wanneer al die blankes in die land nie meer werk het nie, waar gaan die belasting dan vandaan kom??

Andreas ·

Asjas, ek hoor Cyril daai selle laggie as Zuma gee … hehehe ….

Pieter du plessis ·

Ek stem saam,hy diskrimineer teen minderhede oor hulle velkleur vir 25 jaar al hoe lank nog ?

Nagmaalwyn ·

Stem VF+ en laat die Mulders en Groenewalds jou slaanwerk doen. He, he, he……of wat praat ek nou.

Boerboel ·

Stem stem met jou as die skoen jou pas.
Ongelukkig is daar baie wit werkgewers wat hulle eie mense boelie maar te bang is om dit met engige ander kleur te doen. Hulle sal mense dryg “Jy word gefire op die spot as iets verkeerd loop”
My oorlede Oupa se waar woorde was lojaliteit sal jy kry net tussen n’ Hond en sy baas. Daai hond wag vir jou. Sal jou beskerm en ook sy lewe vir jou gee. Maar die werkgewer as dinge sleg raak dan moet jy maar gaan. Dan is daar NIE meer lojaliteit nie. Ek voel niks vir witmense wat ander boelie so dat hulle bo Kan uitkom of hull persoonlikke doelwitte te bereik. Mense onskulldig agter hulle rug beswadder.

Andreas ·

Die woorde van die lied Mellow Yellow, deur Donovan, kom by my op.

Andreas ·

Per die Citizen vanoggend:
“Former public protector Thuli Madonsela wrote an opinion piece for City Press for Freedom Day weekend strongly suggesting that the poor in South Africa may be coming to realise that, 25 years into democracy, the continued pervasiveness of poverty may have more to do with the failures of the democratic state than the legacy challenges caused by colonialism and apartheid.”

Andreas ·

DIT is nou ironies, nie ‘n piep van die haan af nie. Ek sou nou nogal Helen Zille se twiet in reaksie hierop wou sien, EN VERAL die ANC, Zulius en die BLF.

Het ALMAL dit dan gemis??

Of word daar net nie op reageer nie omdat ‘n swart mens dit ge-uiter het?

Andreas ·

En natuurlik waar is Maimane se reaksie? Wat ook baie interessant is, geen koerant hang dit aan die grootklok nie.

Andreas ·

Dit sal nogal interessant wees om te sien of daar enige party is, selfs die VF Plus wat op hierdie berig in die week gaan reageer.

Carel Breytenbach ·

Meneer die President, u staan dan self amper bo-aan die lys van die land se rykstes van die rykes, maar self doen u niks vir die armstes van die armes nie. As die ANC regering niks in 25 jaar kon regkry behalwe om die blankes te verjaag buiteland toe, gaan die probleme ook vorentoe nie verdwyn nie.

Felix ·

Per Die Citizen vandag:

“In a long interview given to Afrikaans weekly Rapport published on Sunday, former president Thabo Mbeki made it clear that he doesn’t buy the idea that white people in South Africa should be thought of as “land thieves”.

He said the ANC had been “rushed” in deciding to change the constitution on the matter of land expropriation when it voted on the matter at Nasrec in December 2017. He said it was clear to him that the ANC still had no clear plan for the economy or how to deal with the so-called land question.”

Jeremia ·

Die groot probleem is wat verstaan word as “FREE” en demokrasie ter sprake is.
Buitendien is dit maklik om te teoretiseer, maar die praktyk lyk maar baie donker – óók hier aan die suidpunt van Afrika.

jan ·

Mense,mense wie was Juma se regter hand met al die gestelery om doe land en sy mens dood te maak,hoekom is hy een van die Rykste mense van SA.Nou skielik wil hy op tree teen koripsie ba???? hy is bang hy verloor sy goeie inkomste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.