[Foto’s] Dapper hond baklei verbete teen inbrekers

Foto: Facebook.

Lara, ʼn sewejarige pit bull-teef van Pretoria, het Donderdagmiddag vir lewe en dood geveg teen inbrekers wat haar met messe en skroewedraaiers aangeval het.

Jean du Venhage, Lara se eienaar, het aan Maroela Media vertel Lara is slegs vyf dae voor dié aanval gif ingegee by sy huis in Booysens. “Ons dink dit was dieselfde aanvallers wat al die hindernisse uit die pad wou kry om by die huis in te breek. Hulle het die huis dopgehou. Normaalweg is heelwat bure so teen 12:00 se kant tuis, maar dié keer was daar nie een nie,” het Du Venhage gesê.

Du Venhage het gesê hy vermoed die boosdoeners het gedink Lara is dood toe hulle die erf binnegekom het.

Du Venhage se vrou en sewejarige dogtertjie het die middag op Lara afgekom waar sy lam van skok in ʼn plas bloed buite die huis gelê het. Hulle het hom onmiddellik gebel en hy het hom huis toe gehaas. By sy aankoms het hy sy vrou en dogter langs die bebloede Lara aangetref.

“Sy het in haar hok gelê en slaap en op [die inbrekers] afgestorm toe hulle by die voordeur kom. Sy wou ons huis en haar yorkie-maatjie, Lilly, beskerm. Ek dink sy het een van die mans aan sy arm beetgekry en hy het haar herhaaldelik met sy ander hand met ʼn mes gesteek,” het Du Venhage vertel.

Volgens hom het Lara talle skroewedraaier- en meswonde aan haar gesig, bors en voorpote opgedoen.

“Die swelling begin nou al sak, dit gaan beter met haar. Ek maak al haar kos sag omdat dit vir haar nog ʼn bietjie moeilik is om te eet. Een van haar slagtande is ook weg, ek vermoed dis in die aanvaller se arm.”

Du Venhage vertel die aanvallers het bo-oor ʼn “sesvoetmuur met omtrent twee voet lemmetjiesdraad bo-op” gevlug. Daar kan ook bloed aan die muur gesien word.

ʼn Saak van poging tot huisroof en dieremishandeling is by die polisie aanhanging gemaak. Volgens Du Venage het die forensiese span eers Vrydagoggend ná ʼn reënbui by hul huis opgedaag.

Du Venhage sê hy hoop dié storie laat mense ʼn bietjie anders dink oor pit bulls.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Helene ·

Vergewe my maar ek het ‘n haat in my vir die gemors wat geen respek het vir mens- en dierelewe nie. Wanneer gaan almal wat vrede in die land wil hê, begin saamstaan en sê “Genoeg is genoeg”. !!!

Cherokee ·

Genoeg is nou genoeg van die genoeg is genoeg storie. Hou tog op daarmee en begin dink hoe sinnelose ding dit is om te sê.

Marie Pretorius ·

Bid dat hierdie dapper dier vinnig sal herstel….. kyk met jul hele lewe na haar!

koos ·

Awesome hond !!!!!!!! Word gou gesond. Genoeg is genoeg maar ek vrees dis te laat – die misdaadgolf het reeds te veel momentum.

Mads ·

Jy is ‘n dapper meisiekind en ek hoop jy word gou gesond!!!!

Izolde ·

Bederf haar stukkend. Sy verdien dit deur en deur. Hoop die gemors wat sy gebyt het kry so erge infeksie dat hy sy arm of hand verloor dat hy nooit weer so iets boos kan doen nie ………..

Teresa ·

Mooi so Lara, jy het ‘n goeie job gedoen. Ek glo jou huismense gaan jou met ‘n stewige steak beloon. Hoop jy is sommer gou gesond.

Aitsa! ·

Ek sal my Pittie vir NIKS in die wêreld verruil nie :-)
Goeie werk Lara!
xxx

Pers Heks ·

Ag moeder die arma Lara ek hoop jy word gou gesond en jy …. ja jy wat wou inbreek …. ek hoop jou arm of wat ookal gebyt is, vrot af!!!

jean ·

Ounooi se dapper hondtie!…..mag jy nog ‘n lang lewe hê en die wat jou so verniel het, se lewe met ‘n koël tussen die oë sterf!

MM ·

So jammer oor jou diere vriend – Hoop sy gaan 100% herstel – en ja van die Polisie wat kan ons se – dis die diens wat ons deesdae kry – dan vra hulle dat SA op hulle moet vertrou – GRAP van die jaar 2017.

jean ·

(Ek herhaal Maroela media ) :… Ounooi se dapper hondtie…mag jy ‘n lang lewe hê en die wat jou so verniel het sterf met ‘n koël tussen die oë….

snoepie ·

Ek stem Jean.
Hulle moet oppas. Wat hul saai SAL hulle maai.
Ek HAAT mense wat diere seer maak!!

Andrea ·

Lieflike, liefdevolle, dapper dier! Hoop sy was by ‘n veearts vir antibiotika an pynmedisyne?

So bly julle het so ‘n wonderlike waghond.

Hades ·

Dankie Vader dat Lara oorleef het. Ek hoop hy hou Sy wakende hand oor die gesin. Daar is ‘n specials plekke in hel vir hierdie skelms. Ek is stadig maar seker gesig om oortuig te wees om geen SA nuus te lees nie. Voel jammer vir mense wat nie die land kan verlaat nie.

esta venter ·

Lara jy is fantasties, mag jy vereer word vir wat jy gedoen het. Ons hondekinders verdien by liefde en krediet

N mens se beste vriend ·

Hoop as daai hond gesond is kry hy n stuk steak

marous ·

Hoop jy kry ‘n groot biltong ruiker …elke week ounooi!

kat ·

Wees trots op julle Lara en behandel haar soos ‘n prinses!! Ek weet julle sal!

Nerina Wilmans ·

Ag jou dierbaarste boewertjies, hoop al jou einas word gou gesond. Dis nou wat ek loyaliteit noem. Een groot steak medalje vir jou

saartjie ·

was die hond na n veearts toe geneem? as dit nie gedoen is nie? kan n veearts nie gratis na die hond kyk nie. hy het sy mense beskerm. so mense kom ons help die hond om goeie diens te kry by n veearts wat bereid is om hom te help. dankie mense dat ons kan staat maak op ons mede leesers van maroela.

M ·

Saartjie ek is seker sy was by n veearts die dat sy steke in haar poot het en as sy nie was nie dink ek het sy reeds dood gebloei.

Veearts ·

Saartjie, haar eienaar werk by die veearts so Ek glo sy het die regte hulp gekry

HENNA ·

Ou mooie dapper Lara – mag jy gou weer gesond en STERK wees

Tanya Kruger ·

So bly dat haar oë geen skade opgedoen het nie. Word gou gesond Lara. :)

Rina Pretorius ·

SO JAMMER WOEF MOET IN SOVEEL PYN VERKEER, EK HOOP SY WORD VINNIG GESOND. SY IS ‘N WOEF WAT HAAR NIE LAAT ONDERKRY HET NIE, EK DINK PITBOELS IS UITSTEKENDE TAWWE WOEWE, EK SAL BESLIS VIR MY SO WOEF AANSKAF. STERKTE LARA, JY VERDIEN MEER AS NET ‘N MILDALJE. HOOP JY WORD OORLAAI MET ALLES WAT JY WIL HE. PRAGTIGE WOEFIE

Theresa B ·

Jy is ‘n ster ounooi se hone. Hoop jy word lekker bederf en kry ekstra liefde. Jy moet gou gesond word. Ek stem saam met jou Helene.

rafel ·

Arme brawe hond. So bly sy leef. Hoop di aanvaller raak baie siek van sy wonde.

Genieve ·

Ag moeder kan jy glo wat mense aan n dier doen..so bly hy is ok en het geveg vir sy lewe,wat n dapper hond.

Christa Dekker ·

Pitbulle is die beste honde ooit!!! Dankie dat julle so mooi na Lara kyk, sy is goud werk.

Ronel ·

Ek stem saam jou Christa. Pitties is wonderlike honde.
Ek hoop die helsems wat gebyt is kry baie swaar.

Marinda ·

Dogs, a man’s best friend, they will protect you with their lives. I pray for a speedy recovery for your Lara.

sanet ·

Soooo bly Lara is ok!!! gee haar asb n grooot steak sodra sy kan eet – Lara bo!!

Marietjie ·

Wat ‘n dapper kind. Hoop daar word 7ster behandeling vir haar gegee, en natuurlik sommer TONNE LIEFDE

Pittie Liefhebber ·

My hart breuk in stukkies om haar so te sien (Die bliks#ms), ons het self ‘n Pittie wat net liefde in sy hart het vir ons, Mag Lara baie vining herstel. Dankie vir jou deel in berig, dat jy hoop mense dink nou bietjie anders oor Pit Bulls. Ek hoop ten harte ook so – Mag die anti-pit mense nou hulle woorde bietjie omruil. . Well Done Lara!!!!!!

foxi ·

Ek sal sommer vir Lara n goue halsband gee en n dik soen op daardie snoet gee. Word gou gesond onse honne.?????

Annatjie Kruger ·

Die arme Lara. Ek is bly dit gaan beter met haar. En ek op sy is sommer gou weer op die been.

Bianca ·

Ek moet sê ek het ook pitbulls en hulle sal ons beskerm en selfs tot die dood baklei. Dit breek my hart om haar so te sien. Sterkte daar. Hoop die skelm se arm vrot af.

christa ·

Mooi so Lara, mooi so. Volgende keer spring jy vir die keel.

Tania ·

Lara liefie, ma se braaf hond, hoop jy word vinnig beter. Dankie aan haar goeie eienaars vir die liefde en omgee. Pitbull honde is fantasties, kry vir haar ‘n maatjie.

Soekie ·

Ai ma se blom….jy is pragtig en ‘n heldin!!!! Jou mense moet jou sommer baie bederf en mooi na jou kyk tot jy heeltemal gesond is. Jy is enig in jou soort!!! Een van die dae is al daai ou lelike merke weg, en dan kan jy en jou maatjie weer lekker speel.

Jo ·

Lara, hoop jy word gou gesond, jy is n blessing en pragtig. Elke merk wys hoe dapper jy is, jy is ons Hero!!!!!!!!!! Hoop daai “goed” wat dit aan Lara gedoen het het al die pyn wat ondraagbaar is.

Sterkte aan die family

Anton ·

…gee haar n steak…nie n dubbel bells nie…want ek hoop sy het hom aan sy dubbelbells beet gehad…

Erick ·

Ek haat hierdie mense. Ek is reg vir veg. Al wat ek soek is ‘n leier om vooruit te stap.

Louise ·

Dapper Lara word gou gesond ek dink aan jou Hoop jy het genoeg skade aangerig sodat hy meer pyn as jy het

Uvonka ·

Ag nee hoekom het sy nie vir die keel gegaan nie? Pragtige hond al het ek ‘n doodse vrees vir Pitties. Ek hoop sy herstel sommer vining, sy is baie braaf!

Elanie ·

Ek hoop die gesin kon die veerarts bekostig. Dalk moet Maroela vir ons uitvind. Sal graag ietsie wil bydra as dit nodig is. Daar is niks so wonderlik soos ‘n hond nie. Lara jy is my heldin.

bad brad ·

Ek sal like om die aanvallers te sien , iets se vir my hulle het nie lig van die storie afgekom nie , ek is bang vir min dinge , maar n pitbull is definitief op die lys

Madelane ·

Lara jy is n baie dapper hond om jou huis en sy mense en jou maaitjie lily so te beskerm hoop jou baas gee jou n goue medalje vir dapperheid want jy verdien dit deur en deur en al die eer kom ons hemelse vader toe dat hy jou so beskerm het teen die boosheid lara want as hy nie het nie wat sou van jou huismense geword het

Madelane ·

Lara hoop jou baas gee jou n goeie medalje vir dapperheid want jy verdien dit deur en deur dat jy jou huismense en jou maaitjie lily so beskerm het en al die eer kom ons hemelse vader toe dat hy jou lara deur die boosheid beskerm het want wat gebeur het as jou gesin by die huis was

Elize C ·

Fantastiese nuus! Give that man (dog) a Bell’s! Ek weet nie hoe oud sy is nie, maar julle gaan net baie mooi met haar moet werk in die toekoms en in gedagte hou dat sy bitterlik seer gekry het, en dat dit te verstane is dat sy nou senuweeagtig gaan wees teenoor enige vreemdelinge. Julle gaan baie mooi moet dophou dat sy nie uit woede en oor-beskermings-drang baie vinniger en sonder waarskuwing gaan aanval, in situasies waar sy andersins dalk nooit vantevore sou nie. Hou haar maar baie mooi dop as julle gaste ontvang, en maan kinders om nie skielike hand-bewegings naby haar te maak nie, honde sien dit soms as ‘n moontlike aanval, en veral kinders is al so aangeval/gebyt terwyl hulle eintlik net gespeel het, maar die hond die handswaai-bewegings verkeerdelik geintreperteer het as ‘n dreigende gevaar. En dis ongelukkig die enigste manier wat ‘n hond homself (en sy mense) kan verdedig, en dit is om te BYT! ‘n Hond kan nie iemand wat hom irriteer net wegstamp soos ‘n mens nie. Ek wens ek kon haar ‘n druk gee terwyl ek askies vra vir my spesie se blatantheid en gevolglike wreedheid. Sy’s pragtig, pas haar mooi op.

Lenette ·

Dit is nogal so, ons pitbull reun was ook so aangeval hele kop bo oopgekap en helfte van oor afgekap. Hy was die eerste 2 weke daarna baie kwaai veral as vreemdelinge verby heining loop (gekleurdes en nie gekleurdes). En nou nog as jy met hark of iets naby hom werk dan kan jy sien hy raak versigtig, dan praat ek net mooi saggies met hom en ontspan hy. Ons ander teef wou nie uit hok kom so verskrik was sy. Beskermde wild breek net af, verbrand, verwoes, moor en steel, hulle het maar net geen ander doel op aarde, nog niks positiefs na die tafel gebrinbg!!!

Katy ·

Ek dink dit het tyd geword dat honde geleer word om te byt waar dit saak maak sodat hulle nooit weer mense en diere sal wil aan vat nie. Dankie jou dapper 4 poot kind, hoop jy kry ekstra steak en sous.

ouma Rosie ·

Vas byt ouma se honne, ek bid vir n spoedige herstel vir jou en wees gerus my gebede word altyd beantwoord. Kom kuier asb vir my as julle kaap toe kom.

Natasja Henrico ·

Ek wens so mense kan die stigma rondom pitties laat gaan. Hulle is awesome honde!! Hoeveel keer meer moet hulle hulself bewys?? Hoop Lara herstel volkome, my hart is seer vir die pyn wat sy deurgaan. Al is ek nie jou mamma nie, is ek trots op jou!!! Ek is wel ook n trotse pittie mamma!!!

Leahim ·

Haar eienaars kan baie trots wees op haar en ek hoop die volgende keer sal die uitvaagsels nie die erf kan verlaat nie.

Tracey ·

Ek bid vir Lara, sy was baie dapper om soveel te moes deurstaan. My een hondjie is ‘n pitbull kruising en sal my met sy lewe beskerm. Sterkte, liefde vir Lara en ‘n stywe drukkie

Jaco Weber ·

Wonderlik, en nie ongewoon vir Pit Bulls nie. Ek het nie self een nie maar wel vriende wag het. Dis prima hondevleis, hulle is gladnie wreedaardig nie en is trouens besonder goeie gesinshonde. As hulle met liefde behandel word is hulle baie sosiaal en sal, soos hierdie een, hulle huismense en dié se eiendom tot die dood toe beskerm.

Simmi ·

So tragies jammer vir ou woef wat baie pyn het . Hoop die gemors wat jou eina gemaak het kry dit 10 keer erger terug . Sterkte woef hoop jy word gou gesond .!
Waar in booysens is dit !weet iemand ?

Simmi ·

So tragies jammer vir ou woef wat baie pyn het . Hoop die gemors wat jou eina gemaak het kry dit 10 keer erger terug . Sterkte woef hoop jy word gou gesond .!
Waar in booysens is dit !weet iemand ?so pragtige woef

Ann Esterhuizen ·

Eerstens dapper meisie! Bid dat jy gou gesond sal word lojale hondekind! Jy is goud werd vir jou menseouers! Nou weet jy hoe en waar om te byt ! Ek dink jou mense moet nog ‘n pitbul maatjie vir jou kry sodat julle die gemors gesamentlik kan aanvat! Menseouers dit sal goed wees as julle haar in die huis sal laat slaap, want die peste gaan haar weer probeer vergiftig.

Emmie ·

Kry vir jul nog ‘n pitbul teef. Lara sal haar mooi leer en twee is beter as een. Die aanvaller sal vrek aan sy wonde. Die drs en hospitale behoort verplig te word om hondebyt aan SAPS te rapporteer. Die skurke sal dan aangekeer woord. Wou Lara mos uit die weg ruim. Karma! Mooi so Woefels. Jy behoort voor jou mense se bed te slaap. Mens moenie dat iemand anders vir jou honde kos gee. Hul moet geleer word om niks van iemand anders te eet of optel kos. Sterkte aan jul almal. Lara behoort medalje te kry!

Sunet Snyman ·

Knapgedaan asn die heldin en ook haar mens ouers wat haar reg grootgemaak het. Daar is so stigma aan pittbuls…. maar dis die eienaars wat die skuld moet kry as hul nie reg opgelei en hanteer word nie dat die ras so skrikaanjaend by meeste mense is… hul is wel as hul veg vir hul familie soos in die geval. Hoop sy word gou gesond. Xxxx

Cindy ·

Ek dink Lara verdien n lekker T/been steak as sy beter voel.

Aai ek kry haar so jammer. Hoop sy voel sommer gou gou Beter.

SlowJoe ·

Elke huisouding moet Antropine hê. As hond gif ingekry het spuit n baie klein dosis. Kontak Kruvet in Pretoria hulle het. Hoop Lara is gou weer reg, give that dog a Bells.

honourable member ·

Wat n brawe dier. Hoop sy word gou gesond en ek hoop nie sy beleef weer so iets nie. Gee vir haar baie liefde en n lekker groot been sy het julle lewe gered.

fred ·

Lara, ons maak jou president van SA. Breins, gevoel en haat diewe. Mooi so, ek is gebreek om jou so te sien. Wens ek kon jou n drukkie gee. Hierdie geval moet by alle hospitale en dokters aangemeld word sodat hy sommer daar vas getrek kan word – dan neem hom terug na Lara toe, sy sal hom uit sorteer hierdie keer. Voorspoed en gou gesond word.

Verstom ·

Lara jou ysterhond. Jy verdien die grootste sappigste stuk steak wat denkbaar moontlik is. Baie TLC van die eienaars en jy is weer spoedig perdfris. Jy moet sommer nog ‘n maat by kry.

Marelise ·

Sy is ‘n held. Bly sy is ok en hoop sy word gou beter. Ek het nog altyd gesê pitbulls is nie die probleem nie. Dis hoe mense hulle hanteer en leer. Bederf haar tot in haar kleinste toontjie. X

Willie ·

Hoe kan ek die eienaars kontak, ek sal graag wil help met wond behandeling

Pop ·

Vat haar asb net veearts toe. Ek is seker hy sal daai dapper meisie verniet behandel. Sy kan van ronde gate in haar lyfie baie ernstig siek word en sterf. Moet inspuitings teen infeksies kry. My honde slaap almal binne. En ek sal vir my honde kinders met my lewe beskerm net soos hulle vir my. Hier is 4 bull terriers hier binne. So skelms moet maar kom. Beste is hulle blaf nie, hulle val net aan.

Anneké Barendse ·

Hoop Lara word gou gesond. Sy is ‘n ster.
Nota aan die inbrekers: Laat dit vir julle ‘n les wees.

MARYKE ·

Baie mooi ,ek hoop jul treat haar ongelooflik baie.
Mag jy vinnig gesond word jou pRAGtige hond.

Nou wat nou ·

Nou waaaar is daardie klomp mense wat die Pitbulls so sleg se?? Veral die Frikkie wat gese het ons moet al die pitbull breeds vat en China toe pos om op geeet te word deur die Chinese? Kom… ek sien nou nie een van die Pitbull haters nie??

yolandi ·

Ek dink nie ek is meer bang vir n pitbull nie maar eerder respek gekry, Lara is voorwaar n pragtige dier en haar eienaars het haar beslis reg groot gemaak, sy het baklei vir haar geliefdes. Spoedige herstel meisiekind

Blondie ·

Ons pit (Tequila) lyk identies soos Lara. Ek wil my nie eens voorstel as ek by die huis kom en my liefling in so ‘n toestand vind nie. Ekt skoon ‘n knop in my keel. Ek was ook een van die mense wat niks wou weet van ‘n Pitbulls nie. Tot die jonge dame ons huis oor geneem het en ons harte gesteel het. Sterkte Lara. Ons is trots op jou.

Hanlie ·

Ek is skoon bedroef oor die woef wat so seergekry het. Pas haar mooi op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.