Foto’s: Demi-Leigh is tuis

demi leigh 2

Demi-Leigh Nel-Peters. (Foto: Twitter/Mej. SA)

Suid-Afrika se jongste uitvoerproduk, Demi-Leigh Nel-Peters, het Woensdag op OR Tambo Internasionale Lughawe geland.

Dit is die eerste keer dat sy tuis is nadat sy in November verlede jaar as Mej. Heelal in Las Vegas, VSA, gekroon is.

Nel-Peters het die skare aanhangers wat haar op die lughawe ingewag het, uitbundig gegroet in ʼn bloedrooi eenstuk.

“Dankie aan almal wat uitgekom het om Demi-Leigh in egte Suid-Afrikaanse gees te verwelkom,” het Mej. Suid-Afrika se amptelike Facebook-blad laat hoor. “Ons is oorstelp van vreugde dat Demi-Leigh by die huis is!”

Nel-Peters het na afloop van die verwelkoming by die lughawe na die Maslow-hotel in Sandton, Johannesburg, vertrek waar die media die geleentheid sal kry om met haar te gesels.

Volgens Mej. SA se amptelike Twitter-blad, sal Nel-Peters Woensdag om 16:00 ʼn draai by die Cell C-instapsentrum van die Waterfall-kampus in Sandton maak. Die publiek word aangemoedig om Nel-Peters te ontmoet en foto’s saam met haar te neem.

Die Mej. SA-organisasie het vroeër aan Maroela Media gesê Nel-Peters sal ʼn druk skedule volg tydens haar week lange besoek aan Suid-Afrika.

Nel-Peters beplan om in Soweto en Kaapstad selfverdigingsessies aan te bied as deel van haar Unbreakable-veldtog. Sy het dié veldtog van stapel gestuur nadat sy verlede jaar in ʼn gewapende kaping betrokke was.

Besoeke aan Robbeneiland, haar tuisdorp, Sedgefield, asook Sun City, is in Nel-Peters se dagboek aangeteken.

Nel-Peters vertrek na afloop van die toer in Suid-Afrika weer terug na New York in die VSA, waar sy sedert haar kroning woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

sonja coetzee ·

SY’S DAREM MAAR SO PRAGTIG N NATUURLIKE SKOONHEID NET SOOS ROLENE STRAUSS!!!

zoom zoom ·

Dit is nou regtig BORING nuus. Sekerlik is daar baie ander mense wat ook terug is in SA maar geen haan het oor hulle gekraai nie.

Mags ·

Baie welkom tuis Demi-Leigh. So trots op jou. Jy is werklik beeldskoon binne en buite. Geniet jou tyd hier in SA.

Marie v wyk ·

Weet julle DAT die mej sa en al die snert abs niks beteken vir niemand nie ons sit met sulke Groot problems soos skole eskom werkloosheid korupsie die stakings by myne hospitals wat uit mekaar val skole wat AF gebrand word dorpe wat aan die brand gesteek word al die Boers wat dood gemaak word en ons later nie gaan kos he nie en ground onteiening so laat ons ons bepaal by wat belongrik is asb

Mags ·

Sy is tans die enigste Suid-Afrikaner wat met gesag kan praat oor die groot impak wat hierdie platform vir haar bied.

Patrys ·

Ek dink sy is pragtig. En dis wonderlik om bietjie positiewe goed op die nuus te lees!

SA ·

Julle almal wat sulke slegte kommentaar lewer, julle is net jaloers en suur mense. Moet nie julle worries en gemors hier plaas oor al julle negatiewe gevoelens nie.

Uvonka ·

Marie ek is geneig om saam met jou te stem. Die artikel oor haar vat amper die hele voorblad van die Beeld op terwyl plaasaanvalle op bladsy 6 verskyn. Sy woon nie eers meer in SA nie.

Wonder maar net ·

Dis baie goeie nuus die. Brokkie goeie nuus vir almal.
Hoekom so suur wees en negatiewe denke hier te skryf??
Almal is net gewoond aan slegte goed wat gebeur dat ons nie meer die goeie wil raak sien nie. Baie baie sad…
Dus vir die wat net sleg wil praat begin bietjie positief dink, beteken nie die dinge wat gese is deur MArie moet ongesiens gaan nie, maar n mens het ook positiewe goed nodig vir mens self, anders raak jy net depro ens. Nie alles gaan oor negatiewe slegte goed in mens se lewe nie. Hoekom net daarop fokus?
Net soos jy werk het, is dit Demi-leigh se loopbaan. Gun haar dit….

belmarie ·

n Bietjie goeie nuus…en so mooi meisie.Ons kan doen daarmee.

Linda ·

Almal kla altyd ons sien net slegte nuus, nou is daar goeie (pragtige!) nuus dan kla party nog. Ek hoop MM volg haar die hele week en wys elke dag hope kiekies. Ten minste kom sy SA toe en lyk bly om ons te sien, nie soos Charlize Theron wat in die geheim kom en met ‘n keps en donkerbril rondloop sodat sy nie herken word nie. Viva Demi!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.