Foto’s: Derduisende stroom na It’s Time

Groot skares mense was reeds van vroegoggend teenwoordig by die Rhino Park-vliegveld, oos van Pretoria, vir die It’s Time 2018-gebedsbyeenkoms (27 Oktober 2018). Foto: Tania Heyns

Nog voor dit behoorlik lig was, het mense Saterdagoggend stadig maar seker by die Rhino Park-vliegveld, oos van Pretoria, begin instroom. Honderde mense het ook reeds sedert gister op die terrein gekampeer in afwagting op vandag se saamtrek.

Almal is hier vir een rede: om vir Suid-Afrika se toekoms te bid.

Angus Buchan se It’s Time-byeenkoms word vanjaar vir die tweede keer gehou, dié keer in Gauteng. Die eerste It’s Time-byeenkoms is verlede jaar op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein gehou en organiseerders meen meer as ʼn miljoen mense het daardie dag onder die Vrystaatse son saamgebid.

Vanjaar word ʼn baie groter opkoms egter verwag – volgens organiseerders is hulle gereed vir vyf miljoen mense om vandag by Rhino Park saam te kom.

Mense kom in vrolike luim aan by die Rhino Park-vliegveld, oos van Pretoria, vir die It’s Time 2018-gebedsbyeenkoms (27 Oktober 2018). Foto: Tania Heyns

Voorbereidings op dié terrein het weke terug al begin nadat een persoon 1 000 l brandstof geskenk het vir die toerusting wat gebruik word vir die voorbereiding. Daar is ʼn gebied van 2 000 ha bekom vir die geleentheid, betonpype is gelê sodat voertuie maklik toegang kan hê na en van die parkeerterreine wat altesaam so groot soos 2 800 rugbyvelde is.

Hoewel die amptelike verrigtinge eers om 12:00 begin, is mense reeds van vroeg af voor die reuseverhoog waar hulle deelneem aan die lofprysing en aanbidding. Die gevoel van afwagting is byna tasbaar. Mense lag, gesels, bid, sing en deel onderlangs peuselhappies, koeldrank en water aan mekaar uit. Oral is kampstoele, sambrele en koelbokse te sien.

Ondanks die warm temperatuur wat vandag die kwik na verwagting tot minstens 32 °C gaan laat styg, is deelnemers gereed om in oorgawe vir Suid-Afrika te bid. Verskeie buitelanders is ook teenwoordig, onder meer van Namibië, Botswana en Portugal. Volgens organiseerders sal verskeie toonaangewende politici ook vandag die geleentheid bywoon, insluitend pres. Cyril Ramaphosa.

Volgens die president se kantoor wil hy met sy teenwoordig sy toewyding aan die bevordering van vrede in die land wys.

Groot skares mense was reeds van vroegoggend teenwoordig by die Rhino Park-vliegveld, oos van Pretoria, vir die It’s Time 2018-gebedsbyeenkoms (27 Oktober 2018). Foto: Tania Heyns

Reuseluidsprekers staan oor die terrein versprei, massiewe skerms is opgerig en mediese personeel staan plek-plek gereed vir noodgevalle. Daar is ook ʼn duidelike polisieteenwoordigheid met beamptes wat oor die hele terrein ontplooi is.

Die verrigtinge sal nié regstreeks gestroom word nie, aangesien Buchan die nasie nooi om persoonlik die geleentheid by te woon en saam te bid. “God het ons saamgeroep soos Israel wat saamgekom het om by die tempel te bid,” het Buchan voorheen aan Maroela Media gesê. Hy glo daar gebeur iets wonderliks as mense saamkom om oor ʼn spesifieke saak te bid.

Hy sê ook vandag is een van die laaste geleenthede waar Suid-Afrikaners saam as ʼn nasie kan kom bid vir die land voor die verkiesing. “Ons moet bid vir vrede, stabiliteit en die toekoms. Ons moet bid vir die regte leiers en vra dat God beheer oor hierdie land neem.”

Hou Maroela Media dop vir meer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Erick ·

“Insluitend Cyril Ramaphosa ” daar val alles plat. Ek het nie woorde nie.

Netso ·

Ek dink dit kan net ñ goeie ding wees! Ek bid dat hy die ware Suid Afrika sal sien wat hy dien! Dit is ñ baie goeie nuus! AMEN!

Anne ·

Hoop hy los die grond kwessie vir ‘n ander geleentheid , dit is mos al waaroor hy kan praat.

Johan ·

Hulle moet net sy sakke deurvoel om te kyk of hy nie van die grond ook saamvat huis toe nie

Marius ·

cyril ramaphosa se bywoning is vals. Hy het immers op wereld verhoë verkondig dat daar geen moorde op boere en plase plaasvind nie.

Daleen ·

Dit is wat ons land so brood nodig het. Sou graag daar wou wees. Die Here gaan amazing werke vandag doen. Aan almal wat die byeenkoms bywoon mag die Here se genade oor jou spoel.

Wouter ·

Was ook op pad soontoe maar toe ek hoor ramaphosa gaan daar wees, toe kanselleer ek. Sal my gebed sonder die persoon doen.

Corné ·

En wanneer jy in die Hemel kom en hy is ook daar ? Nee regtig, gaan op jou kniee, bid en soek die aangesig van die Here.

CFS ·

Erick,as jy dink een man se teenwoordigheid gaan nou verhinder dat die Here nie daar is nie moet jy jou gedagtes en uitsprake vir jouself hou.

Wurmpie ·

As Cyril daar is wys dit my ons land is op die regte pad. Om as gelowegis saam die pad te stap

Amanda ·

Daar waar twee of meer in My Naam vergader sê die Here, sal groot wonderwerke gebeur. Irrelevant van wie daar is die kleur van wie daar is of die politieke afiliasie van wie daar is, die goedheid en liefde van God SAL die sondigheid en afvalligheid oorwin en verandering in die harte van almal bring. Dit glo ek met my hele hart. ♡

Sarah ·

Mens weet nooit…die Here kan Ramaphosa se hart so aanraak..dat die Here hom kan gebruik om hierdie land heeltemal om te keer en van hierdie land ‘n beter plek te maak….vir almal.

Stem ·

Sarah, ek stem saam met jou.
Ek was eers negatief toe ek hoor hy gaan ook daar wees, maar toe besef ek dalk is dit reeds nodig dat hy ook daar moet wees.
Mag die Heilige Gees sy hart aanraak op n manier wat hy nooit verwaf het nie !! Amen

Blaarman ·

Nee dankie! Ek het nie tyd vir die aartappel-kultus se shenanigans nie.

Max ·

Dankie Blaarman. Ek hoop Ramapadda woon ook Sondae sy kerk diens by.

GES ·

Politici kan gerus die byeenkoms bywoon soos gewone mense MAAR hulle het niks, absoluut niks daar te sê nie. Hulle kom om te bid of hulle bly ver weg.

Gert ·

Ek bid dat Yeshua tog vandag ons volk se harte vernuwe en ons land genees. Mag God die byeenkoms seen

Anesca ·

God is groot , dit is wonderlik om te sien hoe baie mense se harte op die regte plek is, Vandag gaan n groot sukses wees, saam bid ons almal vir ons land. God seen AMEN.
Amazing! woorde is te min, om te beskryf hoe wonderlik dit is,
Dankie Ons Hemelse Vader.

Buks Barnard ·

As julle president waarmee julle so dweep sy toewyding aan die bevordering van vrede wil bewys, sal hy eerder ophou om die volksmoord te ondersteun deur dit te ontken.

Sheryah ·

Die enigste rede hoekom Cyril daar gaan wees is omdat Mmusi Miamane se teenwoordigheid by die Bloemfontein se It’s Time soveel goeie publisiteit gekry het. Mmusi is ‘n kind van God, so dis hoekom hy dit bygewoon het. Cyril se motiewe is ek seker is slegs polities gemotiveerd. Maar wie ookal die byeenkoms bywoon, mag die Here almal se harte aanraak om hierdie land te draai na vrede en geregtigheid.

Anoniem ·

Ek wens mense wil oom Angus ophou kritiseer. As almal van ons maar net so n verhouding met die Here gehad het soos oom Angus dan was ons beter mense in n beter land. My gebed is dat mense sal ophou verskonings soek en ophou om die kinders van God aan te val en te kritiseer en dat ons almal myself ingesluit eerder by die voete van Jesus sal gaan sit en berou toon en smeek om vergifnis vir ons verkeerde dade en handelinge. Ek kan ongelukkig nie daar wees nie maar as iemand my kommentaar lees bid asb vir my ook. Dankie en mooi en Geseende dag.

Japie en Bettie Möller ·

Met ons oë gevestig op JESUS, glo en vertrou ons dat daar vandag groot wonderwerke in ons mooi land gaan plaasvind. GEBED VERANDER SAKE!!!

Nou ja Toe. ·

Enigste wat sake doen is daai twee Skotse tartan-smouse.

Lynette Schultz ·

It’s time, yes, it’s (the) time of false prophets.

Ben ·

Lynette – n False profeet is iemand wat Jesus nie erken nie. Ek sien fotos van vlae met woorde “Jesus” daarop in hierdie berig. Dus….

BenaYaHU ·

@Lynette Schultz
Inderdaad, maar vir die wat nie wil (of dalk selfs kan?) sien, is daardie woorde soos water van die eend se rug!
Mag ons bid dat die Vader hierdie massas tot verhaal ruk en Sy ware NAAM/Karakter aan hul openbaar..
Maar soos jy tereg seker al ervaar het, daar is bitter min wat die beterwetige houding, byna aggressie, en ontkenning kan openbaar soos ‘n “ware christen” (miskien slegs Islamitiese fundamentalisme.)
Shalom!

Annie ·

Lynette, ek vermoed jy het n klok hoor lui maar weet nie waar hang die “bell” nie.

Staak saam ·

Ek wens ons kon hierdie getalle by bloedrivier gekry het, die Bybel se, as jy nie jou gelofte betaal nie dan word dit jou sonde.

Betaal eers die gelofte dan gaan bid julle vir vrede.
Ek is 16 Des by bloedrivier, wie nog?

Pieter ·

Jy is reg. Nie Angus se valshede nie, maar die nakoming van ons geloftes (Van Riebeeckgelofte, Paardekraalgelofte en Bloedrivier) moet nagekom word.

ferdi ·

Lynette jy weet niks van fals profete ni hou jou opini vir jouself

Nita ·

Julle almal skree altyd dat iemand iets moet doen, maar noudat iemand iets doen verguis julle hom. Wat moet anders gedoen word? Sou julle liewers sien dat ons die strate invaar en roof en brand en moor??

Gerhard ·

Om iets te doen en te bid dat dit vanself gebeur is twee verskillende goed.

Leon Gansbaai ·

Hoeveel byeenkomste moet Bull Buchan nog doen voor die geheimsinnige en afwesige Jesus iets doen? It’s time for what? Asseblief! Niks gaan regkom of gebeur nie!

Ben ·

Die bybel se dat “die tong lewe en dood spreek” (Spreuke).
Jy is reg Leon, Niks in jou lewe gaan regkom of gebuer nie as jy aanhoudend niks goeds oor jouself spreek nie. Spreek lewe dit is wat Anchus en Salomo van die Bybel ons probeer leer.

Tiekie ·

My gebed is dat elk been met sulke negatiewe gesindheid deur GOD aangeraak so worden julle geestelike OE & ore sal open. Amen

LouE ·

MAROELA: Baie dankie vir die berig. Jammer vir die slegte kommentare. Ek kry die ouens wat spot jammer, hulle sal die prys moet betaal!

Helena. ·

Daar is een man wat nie skaam is vir dit waarin hy glo nie..al my respek aan Angus Buchan..die land se mense wat so vol kritiek is kan sy voorbeeld volg. Doen so voort Angus, die swartgalliges het jou gebede net so nodig soos die land.

LouE ·

Ons weet dat die negatiewe onchristelike mense by VERRE in die minderheid is, maar hulle het vlytige vingers met die sleutelbord en hulle tonge is skerp. Oor wat hulle motivering is en wat in hulle koppe aangaan wonder ek nog.

Natan ·

Die meeste mense is verlei deur die groot hoer van die wêreld waarvan Openbaring praat: GELD. In die naam van geld word alles verkrag wat reg en rein is. Verder is daar ook veel afgodery (sport, simbole, kultuurbakens, geld, voorvaders, ens.). Daarby word die Tien Gebooie maklik gebreek sonder berou. Daarby moet die Gelofte betaal word, ‘n Gelofte kan nie verbreek word nie, dit is soos ‘n verbond. Wanneer hierdie items in plek is, bid dan opreg tot ons Verlosser. Kruisig (verontmoedig) eers jouself. Ek is nie by hierdie show nie.

Terloops ·

Ferdi, dit is nie te sê Lynette is verkeerd en jy reg of jy verkeerd en sy reg nie, die Woord sê wel vir ons dat daar valse profete gaan wees – daar was dwarsdeur die geskiedenis valse profete. Die onus lê op elke een van ons om self die Woord te gaan bestudeer om sodoende ‘n ingeligte besluit te neem. Die Woord is ook verdraai deur die jare (oorvetalings en nuwe weergawes) dat mens reg by die begin sal moet begin – dit gaan egter toewyding en tyd vat aangesien ons nie bekend is met Hebreeus nie en dan die ou storie – ons het nie tyd nie. As ons nie die Woord bestudeer en die kennis het nie kan ons niemand reg help nie.

Isaiah 42:8
“I am Yahowah. That is My Name. My honor and respectability I surrender to no other, nor My worthiness to carved images.”

Yes, I know that your Bible probably doesn’t read that way. Your Bible probably says, “I am the LORD: that is my name …” Well, those who translated the Bible either made a common mistake or they deliberately chose to deceive their readers.
Bron: http://blessyahowah.com

Sias ·

Hoekom val ons mekaar aan. Sal Jesus nie vandag versoening kan bring nie. Spreek lewe oor jou volk en sy leiers en God doen die onmoontlike. Kom wees gereed en bid saam. Dis God se tyd om herlewing in Sy volk te bring. Groot gaan jou teleurstelling wees as die President die hemel haal en jy bly agter omdat jy nie in God se genade geglo het nie. Bid vir herlewing en vir bekering onder alle volke, nasies en tale.

Rosie ·

Ja ek dink dis erg hierdie kritiek en negatiwiteit van so baie mense in ons land. Ons moet liewer onsself ondersoek en versigtig wees wat ons spreek. Here kyk na opregte harte en nederigheid en intussen hap en kap ons mense na mekaar. Dan kom vrae, waarom is daar nie vrede nie en waarom so deurmekaar en sleg in SA. Nee, tyd vir selfondersoeke en waaragtig na God te draai. Ons moet dankbaar wees vir die bietjie genade tyd wat God nog gee.

Dieter Bruijns ·

Ek lees hierdie eposse en van die eposse ontstel my. Mense hou op om gesalfdes van God aan te val en lelike dinge oor hulle uit te spreek. Kom liewer bymekaar en bid en bekeer julle, want die Woord se “As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” 2Kor 7:14. Nie een van die mense betrokke by It’s Time maak hulle sakke vol nie, nee, hulle het uit dit wat hulle het gegee om ons land te red. Mag die Here God Almagtig julle vergewe en mag Die Heilige Gees julle harte oorneem en julle tot inkeer bring.

Linda ·

Hoekom is julle so hard op julself ? se die Here, so krities ? so kwaai ? so verbitterd ? Soms lyk dit of julle, julself doelbewus wil straf, of probeer betaal vir al jou swakhede. Al probleem is, jy probeer betaal vir iets wat Ek klaar vir jou betaal het op die Kruis !!! Jy sal nooit kan betaal vir jou eie sondes nie !! Net Ek, kan daarvoor betaal, se Jesus. En, Ek jou Hemelse Vader het alreeds ten volle daarvoor betaal ! AANVAAR NET MY GESKENK EN WEES LIEF VIR JULSELF EN JUL MEDEMENS, en Ek sal jou Seên !!!!! Liefde, Groete, Jesus

lewies ·

Ons moet net een ding onthou. God het nie ‘n plan B soos mense nie. Sy plan A sal uitgevoer word wat ons ook al doen en se.

Werner ·

Bybel se dat as n profeet iets se en dit kom nie uit nie is hy nie van My nie se God nog niks wat Angus profeteer het nog gebeur nie

Kobus ·

Dankie tog dat Jesus Christus vir ons die Heilige Gees gestuur het om dié wat in Hom glo en hul medemens respekteer, gered kan word! Amen!

Pieter h ·

Wys net weer hoe verdeeld ons is.
Ek doen nie mee aan die dag nie maar Angus vra nie geld nie so is nie n “show” nie. Onthou net Vader laat hom nie in n blik druk deur mense en getalle nie. Gaan lees sy woord liefs baie versigtig en kom in Sy wilsplan in.

Brendon ·

Die kaapse damme was dan nooit eers vol na Angus se laaste toerkies nie. Waarom dink mense nogsteeds hy het enigsins n impak op realiteit?

Pieter ·

Mense, maak julle oë oop om hierdie kultus-beweging raak te sien.

Leon Gansbaai ·

Wat het met die Boerenasie tydens die Vryheidsoorlog gebeur? Het hul god hul gehelp? Lyk my regtig nie so nie. Dit ten spyte van die feit dat hulle kronies gebid het. Die Christelike godsdiens (en meeste ander formele godsdiens) is eenvoudig manipulasie op massiewe skaal om die massas te beheer. En Buchan lag vir die gekke. Dink tog logies vir ‘n slag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.